PDA

View Full Version : Lagwekkend



marline
Jan 11th 2009, 06:20 PM
Hi, ek moet hierdie srorie met julle deel!!!
Ek kannie ophou lag nie. My Bure speel toe mos hulle weird music kliphard hier op die heilige Sondag, en dit hou net aan en aan. My seun se musiek sentrum in sy motor kos meer as die kar self, en ek sit toe DE LA Rey se cd op en draai dit op 50 decibells oop. Dit was nie 10 minute nie, toe is die lot doodstil. Wat die snaakste is, dat my ander bure nie hulle neuse by hul huise uitgesteek het nie. Man, dit was skreeu snaaks!!!!1:rofl::rofl::rofl:

Gene
Jan 15th 2009, 01:49 PM
Hi, ek moet hierdie srorie met julle deel!!!
Ek kannie ophou lag nie. My Bure speel toe mos hulle weird music kliphard hier op die heilige Sondag, en dit hou net aan en aan. My seun se musiek sentrum in sy motor kos meer as die kar self, en ek sit toe DE LA Rey se cd op en draai dit op 50 decibells oop. Dit was nie 10 minute nie, toe is die lot doodstil. Wat die snaakste is, dat my ander bure nie hulle neuse by hul huise uitgesteek het nie. Man, dit was skreeu snaaks!!!!1:rofl::rofl::rofl:

Ja dis die vinnigste wat hulle die boodskap kry. Ek het so aantal jare gelede gehoor van iemand wat las gehad het van sy bure wat gereeld partytjies gehou het tot in die vroee oggendure, en hy nagte aaneen wakker gehou was as gevolg daarvan. Praat het nie gehelp nie.

Toe gaan leen hy 'n paar GROOOOOT luidsprekers en 'n meneer van 'n klankstelsel. Die luidsprekers plaas hy toe teen die heining, ongeveer drie tree van sy bure se slaapkamer. En wanneer hulle slaap, dan draai hy die musiek oop.....! Nodeloos om te se, na 'n paar sulke sessies het die bure om verskoning kom vra, en hy het nooit weer na 12 in die aand probleme gehad nie.

marline
Jan 15th 2009, 04:39 PM
QUOTE=Gene;1945216]Ja Toe gaan leen hy 'n paar GROOOOOT luidsprekers en 'n meneer van 'n klankstelsel. Die luidsprekers plaas hy toe teen die heining, ongeveer drie tree van sy bure se slaapkamer. En wanneer hulle slaap, dan draai hy die musiek oop.....! Nodeloos om te se, na 'n paar sulke sessies het die bure om verskoning kom vra, en hy het nooit weer na 12 in die aand probleme gehad nie.[/QUOTE]
:bounce::bounce::spin::spin::bounce::bounce: sulke mense kan gewoonlik nie hulle eie medisyne vat nie. My vriendin speel swaar klassieke musiek vir haar bure sodra hulle te wild raak!!!!!:rofl::rofl:

mari
Jan 16th 2009, 10:22 AM
Is dit nou 'n ander interpretasie van " die ander wang draai " - straf jouself verder met nog harder musiek ????....:rofl: ..

of is dit 'n "oor vir 'n oor " :bounce::lol:

m

marline
Jan 16th 2009, 01:26 PM
Nee wat Mari, hierdie harde musiek @ harde musiek hou gewoonlik nie lank aan nie, dan kry hulle die boodskap. Mooi praat help nie altyd nie, dan moet mens maar daadwerklik optree. :rofl: Veral as dit darem nou heeldag tot laatnag aangaan sien!!!

Ta-An
Jan 16th 2009, 03:12 PM
My lawaaerige bure het ook al geleer om die musiek sagter te draai.... ek het eenvoudig die polisie gebel en hulle aangegee vir rusverstoring.... 2uur in die oggend is nie meer party tyd nie ,,,, mense nogals van die musiek maak my siek fabriek :D

manieverster
Jan 16th 2009, 06:46 PM
Laat my dink aan die ou wat ook so gesukkel het met sy bure. Mooi gepraat maar dit help niks. Een nag besluit hy om wraak te neem. 10 uur die aand bel hy en vra: "Kan ek met Jannie praat asseblief?" "Nee hier is nie so 'n persoon nie." Twaalfuur bel met die selfde storie en verder die nag elke uur. Die buurman het moedeloos geword maar die oproepe stop nie. Ses uur die oggend lui sy foon weer. "Hallo." se hy baie moedeloos. "Hallo, dis Jannie hier. Is daar enige boodskappe vir my!":rofl:

protea
Jan 17th 2009, 02:44 PM
Ek het hierdie week die snaaksste storie gehoor van n stoere skaapboer wat sy vrou wou bederf en het haar toe vir haar verjaardag na n kabaretvertoning toe geneem. Dis nou glad nie sy 'scene' nie, maar nietemin koop hy die kaartjies en so beland hulle in die voorste ry.
Tussen elke sangitem het n kabaretdanseres n paar passies gemaak met so n vreemde skop-skop en dan n hop voordat sy weer begin skop. So met die 5e skop leun hy oor na sy vrou toe en fluister in haar oor: Aarde Vrou, as my skape so begin skop, WEET ek verseker hulle het neuswurm!:rofl:

Is sulke snaakse situasies ook vir julle so snaaks dat jy later wil huil van die lag?

marline
Jan 18th 2009, 06:43 PM
en die buurman wie se honde heelnag deur geblaf het, einde ten raad bel hy hom mddel van die nag en se "woef woef " :rofl::rofl: einde van blaf!!!!

Ta-An
Jan 18th 2009, 08:45 PM
...en met die fancy telefone vandag weet hulle presies wie bel, want jou nommer wys mos.... :lol: