PDA

View Full Version : Iets wat ek nog nooit gedoen het nie!



Lanie
Jan 15th 2009, 03:20 PM
Ek het vandag pannekoek gebak! :pp :pp :pp

Het nie soos my ouma of my ma of my tannie s'n gelyk nie maar my man en kinders sÍ dit was lekker.... :pp (Ek kies maar om hulle te glo!)

marline
Jan 15th 2009, 04:55 PM
Pannekoek vir pannekoek weer! Ek kan nie onthou wanneer ek laas gebak het nie. Kinders al lankal uit die huis uit, ek het nog nooit daaraan gedink om net vir my en manlief alleen te bak nie. Jy gee my mos nou 'n idee om hom te bederf!!!

Lanie
Jan 15th 2009, 05:15 PM
Great stuff! Onthou om vir hom te sÍ vir wie hy moet dankie sÍ! ;)

marline
Jan 15th 2009, 05:42 PM
Het jy al probeer om pannekoek te "flip"? Ek het dit probeer toe die kinders nog klein was, maar elke keer was dit 'n gemors op die vloer. Ek gebruik maar liewer die eierspaan!!

Lanie
Jan 15th 2009, 06:01 PM
Ja nee, ek dink nie dis iets wat jy probeer as jy die eerste keer pannekoek bak nie....

Ek wonder nou.. behalwe vir kaneelsuiker, wat eet julle nog op pannekoek?

Ta-An
Jan 15th 2009, 06:09 PM
Pannekoek met 'n geurige maalvleis mengsel
Pannekoek met geroomde spinasie
Pannekoek en roomys met heuning :) of sjokolade stroop
Pannekoek met tert-appel en rosyne , met 'n brandewyn sous (soos vir souskluitjies)

marline
Jan 15th 2009, 06:13 PM
Pannekoek met 'n tuna en mayonaise vulsel

marline
Jan 16th 2009, 01:03 PM
O Ja, en Pannekoek met Aspersies en Kaas!!!!

Lanie
Jan 16th 2009, 01:09 PM
Mmmmmmmmm... die roomspinasie en aspersies en kaas klink lekker. Ek dink ek het 'n paar blikkies aspersies Írens in my spens...

Watse bestandele kan mens saam met forel meng.... liefie is mos baie lief vir forelhengel..... ek dink nou aan roomkaas en dille.... wat dink julle?

protea
Jan 16th 2009, 06:16 PM
Ousus en ek is op n 2 weke detox dieet en vanaand is aand 7 van die dieet . Ons kon toe enigiets eet voor ons more weer met die 2e week begin en raai wat was ons spyskaart?... Pannekoek met Caramel Treat op gesmeer en vanilla roomys bo-op en dan toegerol. Yummy lekker!;)

Ta-An
Jan 16th 2009, 06:37 PM
Ousus en ek is op n 2 weke detox dieet en vanaand is aand 7 van die dieet . Ons kon toe enigiets eet voor ons more weer met die 2e week begin en raai wat was ons spyskaart?... Pannekoek met Caramel Treat op gesmeer en vanilla roomys bo-op en dan toegerol. Yummy lekker!;) In hierdie lewe, ek sal nie wil gaan slaap nie, net pannekoek en caramel eet tot......... :help:

paidforinfull
Jan 16th 2009, 07:54 PM
Nee neee neeeeee neee sussies, maar dis wreed om my so lus te maak :P!

My man is 'n plaatkoekies man, dus bak ek vandat my dogter uit die huis is glad nie pannekoek nie :cry: (net plaatkoekies).

Lanie
Jan 17th 2009, 04:55 AM
Protea,

Is jy nie lus om 'n detox draad oop te maak en ons te vertel hoe werk julle detox nie?

Ta-An
Jan 17th 2009, 06:25 PM
Nee neee neeeeee neee sussies, maar dis wreed om my so lus te maak :P!

My man is 'n plaatkoekies man, dus bak ek vandat my dogter uit die huis is glad nie pannekoek nie :cry: (net plaatkoekies).Toe my kinders nog op huis was het ons altyd Sondag aande plaatkoekies voor the TV geeet vir aandete ;)
gerasperde kaas, roomkaas, stroop, heuning, appelkoos konfyt, marmite, alles wat jy aan kan dink.... :pp

protea
Jan 17th 2009, 06:59 PM
Protea,

Is jy nie lus om 'n detox draad oop te maak en ons te vertel hoe werk julle detox nie?

Ek maak so met liefde!