PDA

View Full Version : Getuienis: My dankbaarheid.......



Anel Frylinck
Jan 16th 2009, 11:54 AM
Vandag gaan ek bietjie terug in die verlede........
Datum 6 Februarie 2000......
Wat 'n dag om te onthou - alhoewel ek niks kan onthou nie!!!!!
Ek het van my perd afgeval en my kop het 'n klip getref.
Ek het toe twee breinoperasies gehad. Na die eerste operasie kon die neurochirurg my nie onder narkose uithaal nie, aangesien die drukking op my brein te hoog was. Dit beteken dat die brein wil deurdruk na die kleinbrein, wat dan breindood kan veroorsaak. Dus is ek onder narkose (soos 'n koma) gehou. Met die val het my brein na die linkerkant toe gesweepslag, dus was daar swelling aan die linkerkant van my brein ook. Na die 2de operasie het ek eers verbeter. Daarna mag ek vir 2 maande nie bestuur het nie, en moes ook vir 3 maande epileptiese pille drink.

Kyk, 'n brein is 'n ongelooflike orgaan. As 'n brein seer het, dan is dit asof jou brein vir jou liggaam se : "luister ou pel, ek is nou moeg en jy moet dit nou maar ook rustig vat!!!!!" Ek sal daardie doodse moegheid nooit in my lewe vergeet nie. Ek is 'n baie aktiewe mens, en ek weet hoe voel dit as jy moeg gewerk is, en jou liggaam wil net rus. Dit is 'n heel ander moegheid as die brein beseer is.

Die Here was my so genadig, en ek het volkome herstel!!!! Dinge kon so anders gewees het. Verseker het dit 'n impak op my Christelike lewe gehad, sowel as op die van my naaste familie.

Wat dit my ook in die lewe geleer het, is dat as 'n mens terugkyk na swaar tye in jou lewe, dan besef jy eintlik dit was goed so, en dan kyk jy eintlik met dankbaarheid terug, en sien dan God se onverdiende goedheid daarin.

So, vir die van julle wat vandag hartseer, gebroke, ongelukkig, verbitter is, onthou net : Al voel jy so alleen en eensaam, weet net dat Jesus altyd daar by jou is - reg langs jou. Kruis jou arms en sit jou hande op jou skouers, maak toe jou oe en voel Jesus se liefde deur jou spoel. Of strek jou arms bo jou kop uit, kyk op na die hemel en haal diep asem. Sien die grootheid van die hemel, en voel Sy grootheid aan in jou hart.
Ek doen dit altyd as ek vertroostig nodig het, en vir my werk dit!!!

Met positiewe en entoesiastiese vreugdevolle groete,
Anel

Phil Fourie
Jan 16th 2009, 12:15 PM
Hi Anel

Welkom hier by ons op Lighuis, ons is baie bly om jou hier te he en vir jou getuienis wat jy hier met ons gedeel het.

Ek lig jou net in dat ek hierdie draad van jou skuif na die Gebed Getuienis en Bediening forum toe, ons maak alle drade oop binne in die sub-forums wat jy kan sien wat Gesprek oor die eindtye en aktuele sake, Gebed, getuienis en bediening, Vrae en menings oor die Bybel ens. Alle plasings word binne daardie forums gemaak, die plasings hier onderaan op die hoof-forum is slegs aankondigings en sulke tipe goed wat die moderators van die forum maak van tyd tot tyd en is nie vir bespreking of so nie, so daarom skuif ek die draad, wou jou net inlig :)

Groete en baie sterkte
Phil

Anel Frylinck
Jan 16th 2009, 12:22 PM
Baie dankie Phil, ek leer maar nog, hoor!!!!!:blush:

CFJ
Jan 16th 2009, 12:22 PM
Dankie vir jou getuienis Anel. Lyk my ek en Phil het so op dieselfde tyd gereageer op jou plasing. Jy sal vinnig leer hoe werk ons forum en ons probeer deurentyd om plasings te skuif na die regte forums daarvoor en ook om almal op hoogte te hou so vÍr moontlik, wat betref ons reŽls en bloot om alles so vriendelik en ordelik te laat verloop.

Sonia Smit
Jan 16th 2009, 12:49 PM
Hi Anel,

Baie welkom by ons forum! Ek weet sommer jy gaan dit baie geniet!

Wat 'n kragtige getuie! Ek en my man gaan deur so moeilike tyd, en jou getuie het die wÍreld vir my beteken! Ek het sommer begin huil, en dis goed hoor!

Weereens baie dankie!
:hug:

marline
Jan 16th 2009, 12:58 PM
Baie welkom Anel, Dit is 'n pragtige getuie. Prys die Heer vir dit.:pray:

Anel Frylinck
Jan 16th 2009, 01:14 PM
My dierbare Sonia, doen jouself 'n guns, en gaan vanaand na buite as dit donker is, en kyk op na die sterre, en lig jou arms na bo, jou kop na bo gerig. As die sterre so helder skyn, dan bring dit vir my altyd baie vertroosting. Jy kan dit maar elke dag doen. En chat met Jesus - daar is geen Vriend soos Hy nie. Ek ken nie jou swaarkry nie, maar ek weet niemand gaan deur die lewe sonder stampe en stote nie. Ek sal vir jou en jou man bid. Al wat ek wel weet is dat Jesus werklik is, en ek weet ook Sy tydsberekening is altyd perfek.
Moenie moed verloor nie, want dit is waarvan die duiwel hou. Dit is sy manier om ons verhouding met Jesus te wil kelder. Ek weet dit is nie altyd maklik nie, maar hoe jou oe net op Jesus gerig. Elke oomblik van die dag.
Sterkte daar, jong. En dankie dat jy storie met my gedeel het.

Anel Frylinck
Jan 16th 2009, 01:18 PM
Dankie Marline vir terugvoering. Ek is so dankbaar vir die God wat ons dien, want Hy is goed - altyd. Hy is lief vir ons -altyd. En Hy is altyd getrou.
Groete

Sonia Smit
Jan 16th 2009, 01:43 PM
Baie dankie Anel :hug:

Ta-An
Jan 16th 2009, 03:59 PM
:hug:
Die HEre is GROOT!! :pp

Anel Frylinck
Jan 16th 2009, 04:17 PM
:hug:
Die HEre is GROOT!! :pp

O ja, verseker!!!!!! En daar is nog soveel dinge waaroor ek kan getuig..
En dankie vir jou terugvoering, ACCM.
Ek waardeer dit opreg.:hug:

Linda Hartzenberg
Oct 21st 2009, 02:03 PM
Vandag gaan ek bietjie terug in die verlede........
Datum 6 Februarie 2000......
Wat 'n dag om te onthou - alhoewel ek niks kan onthou nie!!!!!
Ek het van my perd afgeval en my kop het 'n klip getref.
Ek het toe twee breinoperasies gehad. Na die eerste operasie kon die neurochirurg my nie onder narkose uithaal nie, aangesien die drukking op my brein te hoog was. Dit beteken dat die brein wil deurdruk na die kleinbrein, wat dan breindood kan veroorsaak. Dus is ek onder narkose (soos 'n koma) gehou. Met die val het my brein na die linkerkant toe gesweepslag, dus was daar swelling aan die linkerkant van my brein ook. Na die 2de operasie het ek eers verbeter. Daarna mag ek vir 2 maande nie bestuur het nie, en moes ook vir 3 maande epileptiese pille drink.

Kyk, 'n brein is 'n ongelooflike orgaan. As 'n brein seer het, dan is dit asof jou brein vir jou liggaam se : "luister ou pel, ek is nou moeg en jy moet dit nou maar ook rustig vat!!!!!" Ek sal daardie doodse moegheid nooit in my lewe vergeet nie. Ek is 'n baie aktiewe mens, en ek weet hoe voel dit as jy moeg gewerk is, en jou liggaam wil net rus. Dit is 'n heel ander moegheid as die brein beseer is.

Die Here was my so genadig, en ek het volkome herstel!!!! Dinge kon so anders gewees het. Verseker het dit 'n impak op my Christelike lewe gehad, sowel as op die van my naaste familie.

Wat dit my ook in die lewe geleer het, is dat as 'n mens terugkyk na swaar tye in jou lewe, dan besef jy eintlik dit was goed so, en dan kyk jy eintlik met dankbaarheid terug, en sien dan God se onverdiende goedheid daarin.

So, vir die van julle wat vandag hartseer, gebroke, ongelukkig, verbitter is, onthou net : Al voel jy so alleen en eensaam, weet net dat Jesus altyd daar by jou is - reg langs jou. Kruis jou arms en sit jou hande op jou skouers, maak toe jou oe en voel Jesus se liefde deur jou spoel. Of strek jou arms bo jou kop uit, kyk op na die hemel en haal diep asem. Sien die grootheid van die hemel, en voel Sy grootheid aan in jou hart.
Ek doen dit altyd as ek vertroostig nodig het, en vir my werk dit!!!

Met positiewe en entoesiastiese vreugdevolle groete,
Anel


Hi Anel,

Ek weet nie of jy vandag nog aan hierdie webtuiste behoort nie maar ek hoop so.

Ek is hartseer en onseker my boetie was die 19de September 2009 in 'n motorongeluk betrokke. Hy is uit die motor uit geslinger hy het net hoofbeserings opgedoen geen ander breuke nie. Gister was dit 'n maand terug wat die ongeluk gebeur het. Hy is nogsteed in ICU. Die dokters het maandag aan my ouers gesÍ dat my boetie baie siek is. Hy het 'n week na die ongeluk 'n long infeksie opgedoen en hul sukkel nou nog om daarvan onslae te raak.

Dit is baie onstellend om hom so te sien. Ons probeer positief bly maar soms kom dit tot 'n punt dat jy as mens net emosioneel moeg raak.

Ek soek eintlik maar net bietjie raad of sekerheid dat alles wel sal regkom met tyd.

Hoop dat jy nog betrokke is by die webtuiste en so bietjie emosionele raad kan gee.

Groete,

Linda :help:

Willem
Oct 21st 2009, 07:02 PM
Hi Linda,

ek kan nie veel se oor breinbeserings nie, maar wat ek wel kan se is dat ek dink ons lighuisers sal vir jou boetie begin voorbidding doen. Ons Vader kan ALLES en al weet ek nie wat die uiteinde sal wees nie, weet ek Hy het jou en jou boetie lief.

So , dis nog iemand wat vir hom bid en vir jou en familie ook, want dit stroop jou van al jou krag.. onthou, dis in ons swakheid wat Sy krag na vore kom !

:hug: Willem

Ta-An
Oct 21st 2009, 07:44 PM
Linda :hug: Welkom hier by ons....
:pray: dat Vader vir julle uitkoms gaan gee :hug:

CFJ
Oct 22nd 2009, 04:26 AM
Baie welkom hier by ons Linda! Ek sal 'n e-pos aan Anel stuur en haar vertel van jou plasing. Wat jy ook kan oorweeg is om Retha McPherson se boek te koop, waar sy vertel van haar seuntjie Aldo, wat ernstige breinbeserings opgedoen het in 'n ongeluk en hoe hierdie kind wonderbaarlik herstel het, jy mag dalk net iets in haar boek vind, wat huidiglik vrylik beskikbaar is by CUM en Gospel Direct.

Wat jy egter in gedagte moet hou, is dat ander se verhale nie noodwendig jou eie verhaal gaan wees nie, maar dit kan dieselfde wees. Die Here loop met elkeen 'n unieke pad en elkeen van ons moet Sy stem hoor om die lesse te leer in wat Hy wil oordra aan mens. Ek hoop werklik jy vind jou antwoord en baie sterkte vir jou en jou boetie! Ek was in 2002 self in 'n baie ernstige kop aan kop botsing en toe ekself in ICU was, het hulle ook gedink ek het breinskade en ek kan vandag getuig dat daar nie 'n teken daarvan is nie, maar ons gesels weer en ek hoop jy kom reg! :pray:

Linda Hartzenberg
Oct 22nd 2009, 07:22 AM
Hi Linda,

ek kan nie veel se oor breinbeserings nie, maar wat ek wel kan se is dat ek dink ons lighuisers sal vir jou boetie begin voorbidding doen. Ons Vader kan ALLES en al weet ek nie wat die uiteinde sal wees nie, weet ek Hy het jou en jou boetie lief.

So , dis nog iemand wat vir hom bid en vir jou en familie ook, want dit stroop jou van al jou krag.. onthou, dis in ons swakheid wat Sy krag na vore kom !

:hug: Willem

Hi Willem,

Baie dankie. Daar was gisteraand darem al 'n verbetering hul het die asemhalingsmasjien afgesit hy haal nou self asem maar kry nog ekstra suurstof vir die swelling op sy brein.

Die dokters vermoed dat hy op die ongeluks-toneel vir 'n tydperk nie genoeg suurstof gekry het nie. Hul praat dat hy "de selebraal" gaan wees van vooraf moet leer loop, praat en alles wat daarmee saam gaan.

Mens dink altyd dit gebeur net met ander mense....dat so iets nie met jou of jou familie kan gebeur nie, maar ek moet sÍ dit het ons as huisgesin weer baie nader aanmekaar gebring en ek dink so 'n gebeurtenis maak jou geloof net sterker.

Lekker dag.

Groete,

Linda

Linda Hartzenberg
Oct 22nd 2009, 07:29 AM
Linda :hug: Welkom hier by ons....
:pray: dat Vader vir julle uitkoms gaan gee :hug:


Ta-An baie dankie. Mens moet net positief bly en aanhou glo dat die Here 'n doel het met dit wat hy op jou pad sit, maar soms is dit moeilik dan het mens ondersteuning nodig van ander gelowiges.

Ek is baie bly ek het hierdie webtuiste ondek, dit is soms moeilik om met mense na aan jou te praat oor dit wat jou pla want hul self gaan ook nou deur 'n moeilike tyd.

Groete,

Linda

Linda Hartzenberg
Oct 22nd 2009, 07:47 AM
Baie welkom hier by ons Linda! Ek sal 'n e-pos aan Anel stuur en haar vertel van jou plasing. Wat jy ook kan oorweeg is om Retha McPherson se boek te koop, waar sy vertel van haar seuntjie Aldo, wat ernstige breinbeserings opgedoen het in 'n ongeluk en hoe hierdie kind wonderbaarlik herstel het, jy mag dalk net iets in haar boek vind, wat huidiglik vrylik beskikbaar is by CUM en Gospel Direct.

Wat jy egter in gedagte moet hou, is dat ander se verhale nie noodwendig jou eie verhaal gaan wees nie, maar dit kan dieselfde wees. Die Here loop met elkeen 'n unieke pad en elkeen van ons moet Sy stem hoor om die lesse te leer in wat Hy wil oordra aan mens. Ek hoop werklik jy vind jou antwoord en baie sterkte vir jou en jou boetie! Ek was in 2002 self in 'n baie ernstige kop aan kop botsing en toe ekself in ICU was, het hulle ook gedink ek het breinskade en ek kan vandag getuig dat daar nie 'n teken daarvan is nie, maar ons gesels weer en ek hoop jy kom reg! :pray:

Hi CFJ,

Baie dankie vir jou boodskap.

Ek sal bietjie gaan kyk of ek die boek kan kry. Elke storie waarvan ons nou al gehoor het waar 'n persoon in 'n ongeluk was met erge beserings en wonderbaarlik herstel het gee mens hoop net om te weet God kyk na sy kinders.

Ek vra soms vir my self bid ek reg. Hoe moet ek bid sodat God my gebede kan verhoor dan besef ek dit maak nie regtig saak hoe jy bid nie God verstaan elke woord.

Baie dankie vir julle ondersteuning.

Groete,

Linda

MercyChild
Oct 22nd 2009, 10:29 AM
Hi Anel, dankie vir jou plasing dit laat mens soms nuwe moed skep....

Linda, welkom by die Forum. Ek plaas jou en jou familie in my gebede. Mag Vader julle in die tyd omvou, vashou en nader trek aan Hom...:hug: