PDA

View Full Version : Veilig terug



MercyChild
Jan 16th 2009, 02:29 PM
Eideindlik terug by die huis. Dankie vir al die gebede en liefde:hug:..........sjoe maar dit is omtrent warm hier! :pp

Lanie
Jan 16th 2009, 02:48 PM
:pp :pp :pp Ek's bly jy's veilig terug by die huis! Hoe gaan dit met jou pa?

marline
Jan 16th 2009, 02:58 PM
Ons dog al jy het die planeet verlaat!!! Welkom terug, en ek bid dat alles goed sal gaan met jou. En jy dog ons kla net oor die hitte nÍ? :eek:

paidforinfull
Jan 16th 2009, 03:36 PM
Haai jy - ek is baie bly jy het veilig by die huis aangekom. Ons chat later weer.

Tatta
:hug:

Pilgrimtozion
Jan 16th 2009, 03:49 PM
Ook ik ben blij dat je veilig thuis gekomen bent. Geniet van de hitte!!

protea
Jan 16th 2009, 06:01 PM
Prys die Here! Sussie-van-annerland is veilig in eie-land! Weggegaan as weggooikind, teruggekom as Koningskind!

MercyChild
Jan 18th 2009, 07:36 PM
:pp :pp :pp Ek's bly jy's veilig terug by die huis! Hoe gaan dit met jou pa?

Bid asb vir my pa.......sy organe is besig om te gaan. Hy is onder morfien behandeling, en is baie deurmekaar...dit breek my hart om hom so te sien, en maak dinge soveel meer gekompliseerd by die huis....

Bid asb dat my pa die geleentheid sal kry om die Here aan te neem. Ek is bereid om te deel, en moet dinge met hom regmaak, maar hy is so deurmekaar, ek bid die Here gee my net die een geleentheid......dis al wat ek vra.:cry::cry:

CFJ
Jan 18th 2009, 08:47 PM
Welkom terug Linda en bly om te sien jy so gou weer hier. Hoop alles loop reg en dat jy gou jou voete sal vind. Ek bid dat die Here jou pa genadig sal wees en dat Hy jou sal gebruik, soos dit Hom behaag en iets sÍ net vir my dat Hy jou reeds gebruik. As jy soveel mense hier kon aanraak, sal jy dit ook vir mense naby aan jou kan doen, die bewyse is daar!

mari
Jan 18th 2009, 09:29 PM
:pray: .........

sterkte en seeninge met die nuwe kinkels in jou pad..... JY IS NIE ALLEEN NIE !


sien jy is online hier. maar nie op Skype nie...... ??

marline
Jan 19th 2009, 04:12 AM
Hi Linda, Ek is jammer om te hoor dit gaan sleg met jou pa. Ek bid dat jy binnekort met hom kan gesels. Hou vas aan Die Here, ook hierdeur sal HY jou dra.

MercyChild
Jan 19th 2009, 03:58 PM
God was goedgunstig vandag. Ek het via my terapeut kans gekry om tyd met my pa te spandeer, buiten besoek tyd. Hy is in 'n staats hospitaal en julle weet hoe gaan dit daar. Ek het hom alles vertel, maar ek is nie seker hy het eens iets gehoor nie, toe ek vir hom se God het biede van ons lief, het hy ja geantwoord............dit was amper genoeg vir my.....

Ek hou nie op met bid nie, ek gaan elke keer as ek daar kan kom met hom oor Jesus praat.... ek gaan nie moedeloos word nie, al maak dit op die oomblik seer..........

Dankie vir julle gebede:hug:

Ta-An
Jan 19th 2009, 08:49 PM
:hug:
Mag jy jou hart uitgepraat kry by hom :pray:

Willem
Jan 19th 2009, 10:31 PM
Dis nou die tyd om in geloof te loop.. my ma het gese dat sy met haar pa gepraat het en alhoewel hy nooit oor die Here gepraat het was dit verskriklike groot troos vir haar toe hy eendag haar hand druk toe sy hom vra of sy vir hom kan bid; hy was toe baie swak , maar sy se ( moet onthou om verlede tyd te gebruik, maar hoekom? ons het 'n vaste hoop en ewige lewe! ) dat sy oortig is dat hy wel gehoor het as sy uit bybel vir hom gelees het en vir hom gebid het.

Onthou die Here kan hom laat hoor wat jy se al se al die dokters dis onmoontlik en ons God is Genadig en IS Liefde.. so praat en getuig en wees lief!

Dink aan jou... en manlief ook:pp ( sien die Here sorg ! )

Groete julle 2

Psalm
Jan 20th 2009, 06:51 PM
Linda,

my gebed vir jou is dat die Heilige Gees jou pa se geestelike oŽ en ore sal open, sodat hy kan sien dat die goeie boom goeie vrugte dra, en hy daarvan kan eet, en dat die Heilige Gees deur jou sal werk, en dit op jou hart sal lÍ - die regte woord op die regte tyd - sodat kan bevestig word in jou pa se hart, dit wat die Heilige Gees met hom spreek.
Dat jy sal plant - nie deur oorredende woorde nie, maar deur die betoning van gees en krag - en iemand anders sal natmaak, en dat die Heilige Gees sal laat groei.

Bid/praat met Vader hieroor, vertrou op Hom en doen soos die Heilige Gees jou lei in jou hart.

'n Skriffie:

1 Kor 2:1-5
En toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julle die getuienis van God kom verkondig met voortreflikheid van woorde of van wysheid nie, want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde. Ek was ook by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing; en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.