PDA

View Full Version : Ek het dors!



Ta-An
Jan 17th 2009, 04:46 PM
Johannes 19:28 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=43&CHAP=19&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=28) Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was--sodat die Skrif vervul sou word--het Jesus gesÍ: Ek het dors! 29 En daar het 'n kan vol asyn gestaan; en hulle het 'n spons met asyn gevul en op 'n hisopstingel gesit en aan sy mond gebring.
30 En toe Jesus die asyn geneem het, sÍ Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.

Jesus sÍ: Johannes 7:37 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=43&CHAP=7&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=37) En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesÍ: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!

Openb 21:6 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=66&CHAP=21&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=6) En Hy het vir my gesÍ: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Omťga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.

Openb 22:17 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=66&CHAP=22&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=17) En die Gees en die bruid sÍ: Kom! En laat hom wat hoor, sÍ: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.

Johannes 4:10 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=43&CHAP=4&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=10) Jesus antwoord en sÍ vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sÍ: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.

Johannes 4:11 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=43&CHAP=4&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=11) Die vrou sÍ vir Hom: Here, U het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water?12 U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee?

13 Jesus antwoord en sÍ vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;

14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.

15 Die vrou sÍ vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.

Die verse wat hierbo geplaas is, .... sÍ so duidelik dat Jesus aan ons Lewende Water sal gee, as ons dors daarna... want Hy is die Lewende Water..... en dan kom Hy aan die kruis en sÍ: Ek is dors.... :hmm:

Dit was op die stadium net voordat Hy Sy Gees gegee... Hoekom was Hy dors??

Ek dink nou sommer aan Lasarus... Lukas 16:24 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=42&CHAP=16&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=24) En hy roep en sÍ: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.

Daar is duidelik geen water in die hel nie....... en wanneer Jesus gereed maak om soontoe te gaan,,,, weet Hy.... en Hy is dors.... na Lewende Water...

Psalms 42:2 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=19&CHAP=42&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=2) Soos 'n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God! :pray: :pray: :pray: :pray: :pray: :pray: :pray:

Of soos die Griekwa Psalm sÍ: Sooos bokkekies na water soek, soek , soek ek na die Here wat hulle sÍ G_D!!!

ultimate Seeker
Jan 21st 2009, 06:21 AM
ACCM,

Baie dankie vir hierdie plasing!!!! :hug:

Ek het tot 'n onstellende besef gekom dat ek nie meer op die plek is waar ek eens was nie :cry:

Ek het is nie wie ek graag wil wees nie en ek bereik nie wat ek graag wil bereik nie, en die ergste is dat ek weet dat ek die Vader so telleurstel en ek my in skaamte laat neersak. Ek weet so goed dat daar geen verskoning is om nie die Here te dien en Sy pad te volg nie !!!

Tog is die besef van nog 'n dag / more/ later die verskoning wat tog gebruik word????

Ek het dors!!!!!!!!!

Na die saligheid , vrede, geluk en meestal die eenheid om met die Vader verbind te wees op 'n vlak wat ek nie kan beskryf nie?? (maar is dit moontlik)??

Om 'n begeerte te he wat amper nie eens logies klink nie te he???