PDA

View Full Version : Bespreking Wat is jou naam?



marline
Jan 18th 2009, 06:52 PM
Ek weet werklik nie waar om hierdie draad te plaas nie, dus speel ek dit maar veilig voor ek weer oor die vingers getik word.
Ons susters begin met 'n studie onder Ian Nell, een van die eerste vrae wat hy vra is "wat is jou naam" Mens se naam het blykbaar 'n sekere betekenis wat daaraan gekoppel word. Hoe vind mens dit uit, en hoe vors jy dit na? Ek glo nie enig iets wat mense aan my opdis nie, daarom die vraag. Het my naam 'n invloed op my lewe?

Son of the South
Jan 18th 2009, 07:13 PM
As jy Bybelname het, dan is dit natuurlik baie maklik om na te vors. Ek het lank terug 'n goeie skakel gehad met 'n alfabetiese lys van die betekenisse van Bybelname, maar my hond het dit geet (ok, ek lieg nou blatant, eintlik kan ek net nie onthou nie :blush:). Ek het sommer gou ge-googeleer en op hierdie skakel (http://www.behindthename.com/nmc/bibl.php)afgekom wat seker net so goed is. (Die betekenisse word in Engels aangegee - verskoon maar die Brits.)

As mens die betekenisse van die mense se name in die Bybel ken en dit inlees in die konteks in, dan is dit nogal baie insiggewend en verreikend. Jy sal gou agterkom dat die betekenisse van name nogal vir God 'n groot rol speel in die Bybel. Ek glo mens se eie naam kan sekerlik ook in God se o belangrik wees. :hmm:

PS :idea: Die eerste een wat my kan s (PM my asseblief) wat my eerste naam is, wen 'n prys! (CFJ, jy maggie kroek nie, n!)

protea
Jan 19th 2009, 07:18 AM
Gerhardus , Lodewikus, Jakobus, ......?:hmm:

marline
Jan 19th 2009, 03:45 PM
:rofl::rofl::rofl::rofl:

Ta-An
Jan 19th 2009, 09:07 PM
Al gehoor van : Jou naam loop jou vooruit... in dieselfde sin.... you live up to your name, jammer , ek weet nie hoe om dit in Afr. te se nie..

Hier is 'n paar ou threads in Brits ;) oor die betekenis van name
http://bibleforums.org/showthread.php?t=53416&highlight=meaning

http://bibleforums.org/showthread.php?t=7578&highlight=meaning

http://bibleforums.org/showthread.php?t=18327&highlight=meaning

Enjoy!!

Willem
Jan 19th 2009, 10:55 PM
Weet nie soveel van betekenis nie, maar wel dat die Here my gehelp het deur naam vir my meisiekind te gee wat haar 2de naam is.... dit is en sal altyd spesiaal wees vir my ; maar as ek na betekenisse van name kyk en jou naam beteken so of so, dan begin ek benoud raak dat ons begin speel met die mag wat in 'n woord of naam opgevang le ; en daar is net een naam bo alle name wat saak maak.

Hoekom so versigtig en miskien oor krities? Ek het D&D gespeel en name en betekenisse ens is baie groot in meeste fantasie en role-playing en sword en sorcery tipe goete... vertrou my hierop en het omtrent alles gelees en ek kan lees ( so 6 uur per boek ) voor ek grtoud was en voor ek gered was was ek 'n nerd en sci-fi en fantasy was my passie ; kan nou nog quote uit pratchett se boeke :o:rofl: so .... dit gee my net nie vrede in my hart nie....

Lanie
Jan 20th 2009, 04:46 AM
In sekere kerke is daar 'n leer dat die naam wat jy jou kind gee geweldig belangrik is want elke keer wat jou kind op sy/haar naam genoem word "spreek jy die betekenis van die naam oor hom uit". :o Nog een van die baie goeters wat ek ook geglo het agv mense (wat ook sekere maar goed bedoel het) wat goed in my kop geprop het. Dit gaan maar saam met die hele "moenie spreek wat jy nie wil h moet gebeur nie, en woorde dra krag-idee. Ek besef net weer hoe geweldig belangrik dit is dat jong christene by die regte leesstof (net Bybel?), kerk en ander gelowiges uitkom want as mens jonk in die geloof is, wil jy alles weet en kennis en alles rondom christenskap opslurp en dan is mens seker maar meer oop vir dit wat misleidend is ook.

Phil Fourie
Jan 20th 2009, 06:19 AM
Lanie

Skies dit is van die draad af, ek wou jou reps gee, maar ek moet eers weer bietjie vir ander mense reps gee, so dan se ek dit sommer maar hier op die draad, verskoon maar.

Ek wil net se dat jou geestelike groei vandat jy hier by ons aangekom het is vir my wonderlike, 'n wonderlike voorbeeld vir ander. Skies, maar ek wou dit maar net se.

CONTINUE ;)

Sonia Smit
Jan 29th 2009, 11:45 AM
Al gehoor van : Jou naam loop jou vooruit... in dieselfde sin.... you live up to your name, jammer , ek weet nie hoe om dit in Afr. te se nie..

Hier is 'n paar ou threads in Brits ;) oor die betekenis van name
http://bibleforums.org/showthread.php?t=53416&highlight=meaning

http://bibleforums.org/showthread.php?t=7578&highlight=meaning

http://bibleforums.org/showthread.php?t=18327&highlight=meaning

Enjoy!!


Hi julle,
A, ek het probeer om by die skakels in te gaan maar dit laat my nie toe nie. Is dit iewers waar ek nie mag wees nie?

Ek het een jaar by 'n vriendin 'n Bybel vir my verjaardag gekry, en sy het voor in my name (soos in my id boek), gevat en die betekenisse daarvan vir my gegee saam teksverse (beloftes). Dit is vir my nogal spesiaal want sy het dit vir my gegee net nadat ek tot bekering gekom het.

Ek het ook geglo 'n mens se naam moet van so aard wees dat jy nie goed oor iemand se lewe uitspreek nie, maar ek het later tot die besef gekom dat God ons name ken nog voor ons dit gekry het, en dat elkeen van ons se name baie spesiaal vir Hom is want dis in sy Hand gegrafeer!

Ta-An
Jan 29th 2009, 01:23 PM
Hi julle,
A, ek het probeer om by die skakels in te gaan maar dit laat my nie toe nie. Is dit iewers waar ek nie mag wees nie?

Nee.... dit is 'n ou draad, en iemand het besluit om dit te 'archive' :rolleyes:
Probeer hierdie :)

http://www.behindthename.com/nmc/bibl.php

http://www.parenthood.com/parent_cfmfiles/babynames.cfm

http://www.zelo.com/firstnames/index.asp

http://www.behindthename.com/

http://www.vangelis.com.au/names.asp

http://www.homepagers.com/names/

http://www.ebusinessrevolution.com/babynames/

Ta-An
Jan 29th 2009, 01:25 PM
http://www.my-hebrew-name.com/index.html

'n baie spesiale link :pp

Son of the South
Jan 29th 2009, 01:48 PM
Gerhardus , Lodewikus, Jakobus, ......?:hmm:My geheim is nog veilig, he, he, he. :lol:

Julle sukkel ook maar... :crazy: :P

Lanie
Jan 29th 2009, 01:59 PM
:lol: :lol: :lol: 'n Bietjie misterie is partykeer meer pret n?

Son of the South
Jan 29th 2009, 02:01 PM
...As mens die betekenisse van die mense se name in die Bybel ken en dit inlees in die konteks in, dan is dit nogal baie insiggewend en verreikend. Jy sal gou agterkom dat die betekenisse van name nogal vir God 'n groot rol speel in die Bybel. Ek glo mens se eie naam kan sekerlik ook in God se o belangrik wees. :hmm:...Vat nou maar as voorbeeld die naam van Johannes die doper. As jy soek onder John op die skakel (http://www.behindthename.com/nmc/bibl.php) wat ek vroer ook gegee het, dan kry jy:


JOHN

Gender: Masculine
Usage: English (http://bibleforums.org/nmc/eng-m.php), Biblical (http://bibleforums.org/nmc/bibl.php) Pronounced: JAHN (English) [key] (http://bibleforums.org/pronunciation.php)

English form of Iohannes, the Latin form of the Greek name Ιωαννης (http://bibleforums.org/support/transcribe.php?type=GR&target=Iwannhs) (Ioannes), itself derived from the Hebrew name יוֹחָנָן (http://bibleforums.org/support/transcribe.php?type=HB&target=Ywoh%5Eanan) (Yochanan) meaning "YAHWEH (http://bibleforums.org/name/yahweh) is gracious".
Die een wat die koms van Jesus aangekondig het se naam beteken met ander woorde: "Die genadegawe van God." of "God is genadig." :idea:

Son of the South
Jan 29th 2009, 02:15 PM
Ek moes net... :D

Jesus:

JESUS

Gender: Masculine
Usage: Theology (http://bibleforums.org/nmc/theo.php), Biblical (http://bibleforums.org/nmc/bibl.php) Pronounced: JEE-zəs (English) [key] (http://bibleforums.org/pronunciation.php)

English form of Ιησους (http://bibleforums.org/support/transcribe.php?type=GR&target=Ihsous) (Iesous), which was the Greek form of the Aramaic name יֵשׁוּעַ (http://bibleforums.org/support/transcribe.php?type=HB&target=Yes%5Ewu%22a%5E) (Yeshu'a). Yeshu'a is itself a contracted form of Yehoshu'a (see JOSHUA (http://bibleforums.org/name/joshua)). Yeshua ben Yoseph, better known as Jesus Christ, was the central figure of the New Testament (http://bibleforums.org/glossary/view/new_testament) and the source of the Christian religion. The four Gospels state that he was the son of God and the Virgin Mary (http://bibleforums.org/glossary/view/marian_names) who fulfilled the Old Testament (http://bibleforums.org/glossary/view/old_testament) prophecies of the Messiah. He preached for three years before being crucified in Jerusalem.


JOSHUA

Gender: Masculine
Usage: English (http://bibleforums.org/nmc/eng-m.php), Biblical (http://bibleforums.org/nmc/bibl.php) Pronounced: JAH-shə-wə (English), JAW-shwə (English) [key] (http://bibleforums.org/pronunciation.php)

From the Hebrew name יְהוֹשֻׁעַ (http://bibleforums.org/support/transcribe.php?type=HB&target=Y%3Ahwos%5Eu%5E%22a%5E) (Yehoshu'a) meaning "YAHWEH (http://bibleforums.org/name/yahweh) is salvation". Joshua was one of the twelve spies sent into Canaan by Moses in the Old Testament (http://bibleforums.org/glossary/view/old_testament). After Moses died Joshua succeeded him as leader of the Israelites. As an English name, Joshua has been in use since the Protestant Reformation (http://bibleforums.org/glossary/view/protestant_reformation). The name Jesus (http://bibleforums.org/name/jesus) comes from a Greek translation of the Aramaic short form יֵשׁוּעַ (http://bibleforums.org/support/transcribe.php?type=HB&target=Yes%5Ewu%22a%5E) (Yeshu'a), which was the real name of Jesus.

:pp:pp:pp JESUS = GOD IS REDDING !!! :pp:pp:pp

Ta-An
Jan 29th 2009, 07:30 PM
Wat ook werk is indien jy 'n Bybelse naam het, gaan na waar dit geskrywe staan, en click op die link vit Eastons en kry so ook meer inligting oor jou naam,

Willem
Jan 29th 2009, 09:22 PM
Hi julle,
Ek het een jaar by 'n vriendin 'n Bybel vir my verjaardag gekry, en sy het voor in my name (soos in my id boek), gevat en die betekenisse daarvan vir my gegee saam teksverse (beloftes). Dit is vir my nogal spesiaal want sy het dit vir my gegee net nadat ek tot bekering gekom het.

Ek het ook geglo 'n mens se naam moet van so aard wees dat jy nie goed oor iemand se lewe uitspreek nie, maar ek het later tot die besef gekom dat God ons name ken nog voor ons dit gekry het, en dat elkeen van ons se name baie spesiaal vir Hom is want dis in sy Hand gegrafeer!

Dankie Sonia!

Hoe kan mens so iets vergeet! Dis dan dat die Here iemand stuur om ons te herinner dat ons name in Sy hande gegrafeer is!:pray::pp

Sonia Smit
Jan 30th 2009, 03:06 PM
Is dit nie awesome om te weet nie, Willem! :pp:pp

Baie dankie vir al die skakels Ta-An, ek het baie betekenisse vir baie name gekry! Dis nogal amazing om te sien hoe baie krag ons name dra, maar dis baie sad om te weet dat baie van die mense nie tot daai krag lewe nie. Ek hou baie beslis aan Bid vir baie van my familie lede wat tot volkome inkeer moet kom! :pray:

Son, is jy dalk 'n Marthinus?:hmm:

protea
Jan 30th 2009, 03:49 PM
Bedoel jy soos in Van Schalkwyk??????:o

Son of the South
Feb 1st 2009, 02:45 AM
Son, is jy dalk 'n Marthinus?:hmm:Ka, ka, ka:rofl:... NOPE!


MARTIN

Gender: Masculine
Usage: English (http://www.behindthename.com/nmc/eng-m.php), French (http://www.behindthename.com/nmc/fre.php), German (http://www.behindthename.com/nmc/ger.php), Scandinavian (http://www.behindthename.com/nmc/sca.php), Russian (http://www.behindthename.com/nmc/rus.php), Romanian (http://www.behindthename.com/nmc/rmn.php), Czech (http://www.behindthename.com/nmc/cze.php), Slovak (http://www.behindthename.com/nmc/cze.php), Slovene (http://www.behindthename.com/nmc/sln.php), Hungarian (http://www.behindthename.com/nmc/hun.php), Bulgarian (http://www.behindthename.com/nmc/bul.php)
Other Scripts: Мартин (http://www.behindthename.com/support/transcribe.php?type=RU&target=Martin) (Russian, Bulgarian) Pronounced: MAHR-tən (English), mar-TEN (French), MAHR-tin (German), MAWR-teen (Hungarian), mahr-TIN (Bulgarian) [key] (http://www.behindthename.com/pronunciation.php)

From the Roman name Martinus, which was derived from Martis, the genitive case of the name of the Roman god MARS (http://www.behindthename.com/name/mars). Saint (http://www.behindthename.com/glossary/view/saint) Martin of Tours was a 4th-century bishop who is the patron saint of France. According to legend, he came across a cold beggar in the middle of winter so he ripped his cloak in two and gave half of it to the beggar. He was a favourite saint during the Middle Ages, and his name has become common throughout the Christian world. An influential bearer of the name was Martin Luther (1483-1546), the theologian who began the Protestant Reformation (http://www.behindthename.com/glossary/view/protestant_reformation). The name was also borne by five popes (two of them more commonly known as Marinus). Other more recent bearers include the German philosopher Martin Heidegger (1889-1976), the American civil rights leader Martin Luther King (1929-1968), and the American filmmaker Martin Scorcese (1942-).




Bedoel jy soos in Van Schalkwyk??????:o
Al wat ek met hom in gemeen het is die kortbroek.

Lanie
Feb 2nd 2009, 02:26 PM
Christoffel????

Son of the South
Feb 2nd 2009, 05:26 PM
Christoffel????

Nogal 'n mooi naam, maar beslis nie myne nie:


CHRISTOPHER

Gender: Masculine Usage: English (http://www.behindthename.com/nmc/eng-m.php) Pronounced: KRIS-tə-fər [key] (http://www.behindthename.com/pronunciation.php)

From the Late Greek name Χριστοφορος (http://www.behindthename.com/support/transcribe.php?type=GR&target=K%5Eristop%5Eoros) (Christophoros) meaning "bearing Christ", derived from Χριστος (http://www.behindthename.com/support/transcribe.php?type=GR&target=K%5Eristos) (Christos) combined with φερω (http://www.behindthename.com/support/transcribe.php?type=GR&target=p%5Eerw) (phero) "to bear, to carry". It was used by early Christians as a metaphorical name, expressing that they carried Christ in their hearts. In the Middle Ages, literal interpretations of the name's etymology led to legends about a Saint (http://www.behindthename.com/glossary/view/saint) Christopher who carried the young Jesus across a river. He has come to be regarded as the patron saint of travellers. As an English given name, Christopher has been in general use since the 15th century. In Denmark it was borne by three kings (their names are usually spelled Christoffer), including the 15th-century Christopher of Bavaria who also ruled Norway and Sweden. Other famous bearers include Italian explorer Christopher Columbus (1451-1506), English playwright Christopher Marlowe (1564-1593), and the fictional character Christopher Robin from A. A. Milne's 'Winnie-the-Pooh' books.

protea
Feb 2nd 2009, 06:52 PM
Son, Ta-An of Lanie,
Plaas gou n skakel vir ons ouens wat nie Bybelse name het nie asb? Ek het eenkeer deur n boek geblaai wat behalwe die oorsprong ook die geestelike betekenis van die naam ook gegee het ,maar ek het die boek se titel vergeet. Ken julle so iets?

Borean
Feb 2nd 2009, 07:00 PM
Dutch...German is danke, not dankie as far as I know, sorry to intrude, but I love foreign languages...is this off topic? I've done that 2x unknowingly...if so, ignore my ignorant American me...

Ta-An
Feb 2nd 2009, 07:11 PM
Dutch...German is danke, not dankie as far as I know, sorry to intrude, but I love foreign languages...is this off topic? I've done that 2x unknowingly...if so, ignore my ignorant American me...:o
Well my friend this is Afrikaans so we say : Dankie, sounds like 'donkey' :lol: even better : Baie Dankie ...sounds like :"buy a donkey" :rolleyes: :rofl:

Borean
Feb 2nd 2009, 07:22 PM
Sorry...like I said, I am an ignorant American...South Africa?
Cool...I will let you speak in your own tongue now...:blush:

Ta-An
Feb 2nd 2009, 07:46 PM
Sorry...like I said, I am an ignorant American...South Africa?
Cool...I will let you speak in your own tongue now...:blush:Indeed SA :pp, but the Afrikaans posters are living widespread over the whole world :DThank you :kiss:

Ta-An
Feb 2nd 2009, 07:48 PM
Son,Ta-An of Lanie,
Plaas gou n skakel vir ons ouens wat nie Bybelse name het nie asb? Miskien is het die tyd aangebreek dat jy 'n Bybelse naam kry ..??
:hmm:

:idea:

Ta-An
Feb 2nd 2009, 07:57 PM
Net vir jou ;)

http://www.thinkbabynames.com/list/0/A

http://www.thinkbabynames.com/meaning/0/Mona

http://babynamesworld.parentsconnect.com/

http://babynamesworld.parentsconnect.com/meaning_of_Mona.html

http://baby-names.adoption.com/

http://baby-names.adoption.com/search/Mona.html

http://www.meaning-of-baby-girl-names.org.uk/first-name-meanings-m/meaning-of-mona.htm

http://www.babynamer.com/Mona

http://www.meaning-of-baby-girl-names.org.uk/index.htm

http://www.babynamefacts.com/babynames/summary.php?name=Mona

http://www.babynamefacts.com/search.php

http://www.babyzone.com/babynames/name/n26236

Enjoy!!!!!

Gene
Feb 5th 2009, 12:33 PM
Ek weet werklik nie waar om hierdie draad te plaas nie, dus speel ek dit maar veilig voor ek weer oor die vingers getik word.
Ons susters begin met 'n studie onder Ian Nell, een van die eerste vrae wat hy vra is "wat is jou naam" Mens se naam het blykbaar 'n sekere betekenis wat daaraan gekoppel word. Hoe vind mens dit uit, en hoe vors jy dit na? Ek glo nie enig iets wat mense aan my opdis nie, daarom die vraag. Het my naam 'n invloed op my lewe?

'n Klomp grapjasse op hierdie forum......:lol: (Dis waarom ek so tuis voel hier.) Maar alle grappies vir so oomblikkie op 'n stokkie...ek dink nie Marline se vraag is al beantwoord nie.

Nee Marline, ek glo vir geen oomblik dat jou naam 'n invloed op jou lewe het nie (behalwe natuurlik vir die feit dat God jou op jou naam geroep het (Jes 43:1) en dat jou naam vir ewig in die Boek van die Lewe opgeteken is) Jy het immers geen beheer oor die keuse van jou naam gehad nie, en buitendien, in die meeste gevalle weet ouers ook nie eens wat 'n naam beteken wanneer hulle dit aan 'n kind gee nie. Hoe kan dit 'n invloed op jou lewe he? Nee wat, ek dink nie dis iets waaraan 'n mens jou moet steur nie.

Sonia Smit
Feb 5th 2009, 01:30 PM
Bedoel jy soos in Van Schalkwyk??????:o

Ek besef nou eers wat ek geskryf het! :lol:

marline
Feb 5th 2009, 03:47 PM
Wel, ek sou beslis vir my ander doop name gekies het, Gene. My arme kinders moes maar ook deurloop onder die naam storie. Gelukkig, het dit darem nie 'n invloed op ons lewe nie.:lol: Lyk my die ou onder wie ons die studie doen gorrel ook maar bietjie!!!:bounce::bounce:

marline
Feb 5th 2009, 03:53 PM
Ek besef nou eers wat ek geskryf het! :lol:

:rofl::rofl::rofl::bounce::rofl::rofl::rofl:

protea
Feb 5th 2009, 05:12 PM
Miskien is het die tyd aangebreek dat jy 'n Bybelse naam kry ..??
:hmm:

:idea:

Watter Bybelse naam wil jy aan my toedig , Ta-An?;) Kan ek maar kies? Ek sou graag die hart wou he van die Maria wat vir Jesus in die tuin na sy opstanding as die tuinier aangesien het. Daardie totale wanhoop toe sy gedink het haar Meester is dood en toe die letterlike hemelse vreugde toe Hy haar op haar naam aanspreek getuig van haar passie vir haar Verlosser!!!

protea
Feb 5th 2009, 05:18 PM
Net vir jou ;)

http://www.thinkbabynames.com/list/0/A

http://www.thinkbabynames.com/meaning/0/Mona

http://babynamesworld.parentsconnect.com/

http://babynamesworld.parentsconnect.com/meaning_of_Mona.html

http://baby-names.adoption.com/

http://baby-names.adoption.com/search/Mona.html

http://www.meaning-of-baby-girl-names.org.uk/first-name-meanings-m/meaning-of-mona.htm

http://www.babynamer.com/Mona

http://www.meaning-of-baby-girl-names.org.uk/index.htm

http://www.babynamefacts.com/babynames/summary.php?name=Mona

http://www.babynamefacts.com/search.php

http://www.babyzone.com/babynames/name/n26236

Enjoy!!!!!

BAIE dankie Ta-An ! Ek lees heerlik! n Niggie van my wat op n stadium in die Midde Ooste sendingwerk gedoen het , het gese dat my naam so algemeen is en dat omtrent elke 2e vrou in die Midde Ooste se naam Mona is en dat dit hoop beteken.:idea:

Ta-An
Feb 6th 2009, 09:54 AM
BAIE dankie Ta-An! Ek lees heerlik! n Niggie van my wat op n stadium in die Midde Ooste sendingwerk gedoen het , het gese dat my naam so algemeen is en dat omtrent elke 2e vrou in die Midde Ooste se naam Mona is en dat dit hoop beteken.:idea: okay, sal ek jou my :2cents: gee :)
As ons jou naam foneties in Hebreeus oorskryf... dan kry ons 'n mem, vav,nun, en 'n Hey.
En die betekenis van elke letter :
mem: water
vav: hoek/spyker
nun: vis
hey beteken :to behold, en sy pictograph is a man....

So wanneer mens 'n hoek (aan 'n lyn) sit by water en vis vang,,,,
Kan mens interpreteer dat jy 'n visser van mense is .... Mattheus 4:19 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=40&CHAP=4&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=19) En Hy s vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.

Of jy kan dit interpretter as iemand wat kos aan mense voorsien. :)

protea
Feb 6th 2009, 01:07 PM
Ta-An , jy is so in die kol, so in die kol....! Dis my en my man se grootste begeerte om vissers van mense te wees! En baie keer gaan dit gepaard met n stukkie-dooie-skaap-op-die-kole-gooi-kuier.... Niemand sal ooit van ons kan se dat ons hulle honger van ons poorte af weggestuur het nie...Baie dankie vir jou insiggewende ontleding :hug:

Ta-An
Feb 6th 2009, 06:45 PM
OK, kom ons kyk wat s Phil se naam :)

phe: mond
yud: hand (voorarm)
lamed: herders-staf, tong van onderrig

'n Man wat woord by daad sit, en dit te gebruik om andere mee te onderrig... ;)

Phil beteken ook : Perde liefhebber :)

Ta-An
Feb 6th 2009, 07:12 PM
Linda

Lamed: the 'tongue' "to" teach...herders-staf
nun: vis, saad, nageslag , seun, Seun
dalet: deur
Hey: behold/window/ Man
Die instrument (herderstaf) wat mense rig (onderrig / to teach) dat die Seun die deur is na die Vader.

En ek dink sy is besig om hierdie naam se betekenis te verwesinlik:idea:


Linda beteken ook : Pretty

marline
Feb 11th 2009, 04:58 PM
Ek gaan 13 Maart Ester konferensie toe in Pta, en die tema is wat is jou naam. :pp

Ta-An
Feb 11th 2009, 05:04 PM
Ek gaan 13 Maart Ester konferensie toe in Pta, en die tema is wat is jou naam. :ppSo kom deel met ons wanneer jy terug kom :idea:

Ta-An
Feb 11th 2009, 05:39 PM
Ietsie wat my nou byval is die belangrikheid van 'n naam..... kyk hier :
Markus 5:9 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=41&CHAP=5&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=9) En Hy vra hom: Wat is jou naam? En hy antwoord en s: Legio is my naam, want ons is baie.

Jou karakter is opgesluit in jou naam..... waarmee bless ons ons kinders????

Willem
Feb 12th 2009, 03:56 AM
Hi Ta-An,

Ek weet nie waarmee my ouers my gebless het nie , wat ek wel weet is dat ek 'n nuwe skepsel in Jesus Christus die Seun van God is en VRY is van alles wat my voorheen gebind het.

As ek reg onthou is my naam agfelei van: man met helm op ( uit duits ) die gesein toe ons vir Wian naam gesoek het ( dit was voor Nuwe Willem :cry: )

Iemand het na tyd gese Wian is Willem en Anodie saamgevoeg wat lekker was.

Wat beteken Rebekka ? want dit is my poplap se 2e naam en ek het die in gebed gekry.

Ta-An
Feb 12th 2009, 12:18 PM
Wat beteken Rebekka ? .to tie

Captivating; knotted cord. http://www.parenthood.com/babynames/search-results.php

http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/dictionary.cgi?DICT=Rebekah



רִבְקָה
Rivqah

Edit
Dit beteken ook dat sy nie maklik van spoor gebring sal word nie.
'n Gebore leier is, en mense op haar kan vertrou want sy is standvastig :pp en bied beskerming

protea
Feb 12th 2009, 01:56 PM
Hi Ta-An,

Ek weet nie waarmee my ouers my gebless het nie , wat ek wel weet is dat ek 'n nuwe skepsel in Jesus Christus die Seun van God is en VRY is van alles wat my voorheen gebind het.

As ek reg onthou is my naam agfelei van: man met helm op ( uit duits ) die gesein toe ons vir Wian naam gesoek het ( dit was voor Nuwe Willem :cry: )

Iemand het na tyd gese Wian is Willem en Anodie saamgevoeg wat lekker was.

Wat beteken Rebekka ? want dit is my poplap se 2e naam en ek het die in gebed gekry.

Willem , vriende van ons het n dogter na 2 seuns en met die geboorte van Sus se die dr wat die bevalling waargeneem het : Dis n POPLAP! En so word sy vandag nog genoem (13 jr oud ) maak nie saak of sy n Susannatjie of Eufesiatjie naam het nie.... Elke keer as jy van jou Poplap praat , dink ek aan ons dorp se Poplap.

Ta-An
Feb 12th 2009, 04:55 PM
Die belangrikste vers van almal :

Jes 43:1 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=23&CHAP=43&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=1) Maar nou, so s die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!

Willem
Feb 12th 2009, 10:22 PM
Die belangrikste vers van almal :

Jes 43:1 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=23&CHAP=43&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=1) Maar nou, so s die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!

:pp :pp :pp :pray: en dan is ons name nog in Sy palms ook ingegrafeer
Isa 49:16 Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My

of verwys dit hier na Jerusalem?