PDA

View Full Version : Help asseblief Gebed: 2 mans vermis, bid asb



alliesyl
Jan 19th 2009, 09:30 AM
Vanoggend wil ek julle almal asb nader en vra vir voorbidding van 2 jong mans wat vermis is.
Albei vriende het Saterdagaand 'n 'drink' gaan drink en hul vrouens en kiddies by die huis agtergelaat- tot huidiglik geen nuus of kontak verkry van waar hul kan wees of wat gebeur het.
Albei het babatjies van 2 en 'n halwe maande oud en ouer kindjies van 3 jaar.
Vrouens en ouers is almal gebroke, polisie is gekontak, sekuriteitsmaatskappye het die hele omgewing gaan fynkam gisteraand en steeds geen teken van waar die mans mag wees.
Julle hierdie mense is totaal en al stukkend en my hart breek vir hulle, die vrae wat opkom is "wat gaan ek vir my dogtertjie sÍ van 3 jaar as sy my vra waar is haar pappa?".
Bid asb vir hierdie vrouens en kinders sodat Liewe Jesus hul dra deur hierdie tyd en dat hul die teenwoordigheid van Heilige Gees ervaar vir rustigheid en sterkte.
Bid ook asb vir hierdie 2 mans, waar hulle ookal mag wees vir veiligheid en dat Liewe Jesus hulle ook styf vashou, lei en beskerm.
Mag die Heilige Gees deur elkeen van ons ook werk wat naby hulle is sodat hulle sy Groot Liefde en teenwoordigheid kan ervaar.

Dankie julle, vrede vir julle!

CFJ
Jan 19th 2009, 09:50 AM
Hallo alliesyl,

Dit is seker een van die tergendste dinge, wanneer iemand sonder oŽnskynlike rede net verdwyn en mens kan dink hoe voel iemand wat dit moet oorkom. Mag God hulle almal behoed! :pray:

Jou draad is geskuif na hierdie forum vir gebed en ek glo dit behoort in orde te wees met jou.

alliesyl
Jan 19th 2009, 10:00 AM
Dis reg so baie dankie! Ons probeer soveel positief moontlik bly.
Bid vir hulle.
Groete,

Willem
Jan 19th 2009, 10:24 PM
Laat weet asb soos julle nuus kry, ek weet vir Ons Vader is alle dinge moontlik en vertrou dat Hy ons almal se gebede sal verhoor tot Sy eer en verheerliking.

Groete en mag Sy vrede wat alle verstand te bowe gaan by julle wees deur die moeilike tye..

Lanie
Jan 20th 2009, 06:41 AM
Hi maatjie,

Hoe gaan dit daar, is daar al enige nuus? My gebede is met die 2 gesinne en almal wat vir hulle lief is.

Vader, ek vra dat hierdie 2 jong mans spoedig en ongedeerd gevind sal word. Ek bid dit in die naam van ons Koning Jesus. Amen

Sonia Smit
Jan 23rd 2009, 12:39 PM
Hi alliesyl

Ek lees nou wat met die 2 huisgesinne gebeur het en ek dra hulle op aan die Here, en ek :pray: vir beskerming vir die twee mans. Ek bid ook dat die Here vir die huisgesinne op Sy hande sal dra en hulle vertrooster wees in die moeilike tyd. :hug:

Sal jy ons asseblief op hoogte hou?

Groete,
Sonia

Cornelia Russell
Apr 9th 2009, 10:24 PM
Hello...het hulle toe ooit daardie twee mans op gespoor? waar was hulle en hoe lank was hulle weg?

Etienne Marais
Jun 12th 2009, 01:47 PM
Ek is baie jammer om te hoor van die mans wat vermis is. Kom ons bid dat die Here die polisie sal help om hulle te vind.