PDA

View Full Version : Getuienis: Familie is besig om in te kom



MercyChild
Jan 20th 2009, 07:17 PM
Ek het vannaand seker een van die grootste wonderwerke beleef. Omstandighede het dit so gedryf dat ek saam met my broer vir my pa moes gaan kuier by die hospitaal vannaand. By my broer se huis gekom, wou sy seun dringend met my praat. Ek het aandagtig geluister na sy probleme, en hy wou by my weet hoe het ek dit gemaak. Hy het toe gese dat hy die Here nodig het. Ek was eers boeglam geskrik en nie geweet of ek hom kan help nie, en moes eers 'n oproep maak. Die foon het afgesny in die middel van die gesprek, en ek het geweet dis nou of nooit. Ek het met hom gedeel wat ek geleer en gelees het die afgelope tyd, en hy het Jesus aangeneem. Ek het sommer sy meisie ook laat roep, en sy het ook Jesus aangeneem. :pp:pp

Ek is dankbaar dat God my gebede oor my familie verhoor het.
Verder is my pa 100% beter, hy eet en gesels amper soos voorheen. Ek is uit my sokkies uit!:pp:pp

CFJ
Jan 20th 2009, 07:52 PM
Ek kan net dink hoe voel jy, daar is niks soos om deur die Here waardig bevind te word, deur vir Hom siele in te win nie. Jy het nie verniet hierdie pad gestap nie Linda en behoort te verstaan wat beteken, "ons is duur gekoop"!

Hoe kan mense nog sÍ, God is nie goed nie?

Hy is alles en nog meer!!! :bounce:

Willem
Jan 20th 2009, 09:23 PM
:cry::pp:pray:
Dankie Here!

Lanie
Jan 20th 2009, 09:32 PM
Ek sit hier in warm Limpopo en is hoendervleis van kop tot tone...

Die Filadelfieer
Jan 21st 2009, 05:45 AM
....en die engele juig........

Son of the South
Jan 21st 2009, 07:28 AM
Jip, daar's partytjie in die Hemel vanaand! Yeehaaa!!! :pp

Ta-An
Jan 21st 2009, 09:42 PM
... Ek is uit my sokkies uit!:pp:pp So dis hoekom jy kaalvoet loop :pp Prys die Here!!!

Anel Frylinck
Jan 22nd 2009, 05:06 PM
Liewe MercyChild,

Baie dankie dat jy dit deel. As buitestaander sien ek dit so : Jy moes eers deurgemaak het wat jy deurgemaak het om iemand anders raad te kon gee. Jy was heeltyd deel van God se plan, want Hy het geweet Hy het jou op die regtig tyd op die regte plek nodig gehad. Jy sien, ek dink daar is baie meer "engele" op hierdie aarde as wat ons besef......."Mense - engele" deur God self gebrei en gestuur......
En dit is nou eers die begin van God se genade en werke in jou lewe.......
Positiewe en liefdevolle groete,
Anel Frylinck

Sonia Smit
Jan 23rd 2009, 12:49 PM
Ek kan nie glo ek het so baie goeie nuus op die forum gemis nie!

Ek is net so uit my sokkies uit soos jy, en as ek my nie keer nie gaan ek nou hier voor my rekenaar begin op en af spring van blydskap (dink net nie my baas sal dit waardeer nie!)!!!!

:pp:pp:pp:pp:pp:pp:pp:pp

Ta-An
Jan 23rd 2009, 03:21 PM
SO ek sien julle almal Sondag vir kerk??

Vra vir Phil hoe lyk ek....

'n Tannie van oor die 50 :lol:

MercyChild
Jan 23rd 2009, 08:42 PM
SO ek sien julle almal Sondag vir kerk??

Vra vir Phil hoe lyk ek....

'n Tannie van oor die 50 :lol:

Sal beslis daar wees, en die tweetjies gaan beslis saam kom. Die engels man se "Age is nothing but a number!" En buitendien kom die wysheid met die grysheid.:hug:

MercyChild
Jan 23rd 2009, 08:57 PM
Voordat ek vergeet. Ek het die NA vergadering gaan bywoon gisteraand, waar ek as 'n "regular relapser" beskou was. Ek het geleentheid gehad om vir hulle te se hoe ek dit reg gekry het om skoon te bly. Ek het Jesus aan hulle verkondig, en die pad wat ek saam met Hom die afgelope tyd gestap het. Eers was daar nie veel respons nie, maar vir die eerste keer, het ek hulle onverdeelde aandag gehad, sonder om die grapjas vir die aand te wees. Ek kon amper nie glo hoe ernstig ek myself was nie. 'n Paar het indirekte vrae na die tyd kom vra, en ek bid dat hulle die boodskap wat ek probeer gee het.

Bid saam dat hulle wat daar is wat honger en soekend is, dat God in hulle harte sal werk, en dat hulle ook van hierdie lewende water sal drink waarvan ek gesmaak het.

"Blessing" vir elkeen van julle.:hug::hug: