PDA

View Full Version : Bespreking Nuwe era, watse nuwe era?



Son of the South
Jan 21st 2009, 07:41 AM
Hierdie foto is in vanoggend se Volksblad (http://www.news24.com/Die_Volksblad/Home/) geplaas by die artikel oor Obama se inhuldiging:

http://www.news24.com/Images/Photos/20090120233338voorblad%20foto.jpg
Nuwe era begin: Die nuwe Amerikaanse staatshoof, Barack Obama, se gesin en derduisende landgenote kyk toe terwyl hy die ampseed as die 44ste president van Amerika ten tyde van die inhuldigingseremonie gister in Washington afl.






Foto: Reuters

Bedoel hulle nou 'n nuwe era, of di Nuwe Era?

RR van Wyk
Jan 21st 2009, 10:32 AM
Dit is vir my interressant hoe die hele ganse wye wreld nou al van Obama weet of gehoor het, en die groot bohaai wat daarmee gepaard gaan. Dit is asof die hele wreld opkyk na hom... een gewone mens... ek het nog nooit so iets gesien nie.

Dit skrik my bietjie af!

protea
Jan 21st 2009, 06:33 PM
Hierdie foto is in vanoggend se Volksblad (http://www.news24.com/Die_Volksblad/Home/) geplaas by die artikel oor Obama se inhuldiging:


http://www.news24.com/Images/Photos/20090120233338voorblad%20foto.jpg
Nuwe era begin: Die nuwe Amerikaanse staatshoof, Barack Obama, se gesin en derduisende landgenote kyk toe terwyl hy die ampseed as die 44ste president van Amerika ten tyde van die inhuldigingseremonie gister in Washington afl.








Foto: Reuters

Bedoel hulle nou 'n nuwe era, of di Nuwe Era?



Son , ek dink dis die Nuwe Era.Ek dink nie daar is nog tyd oor vir n reeks van nuwe era's voordat ons die Nuwe Era tydperk bereik nie. Een vir een gaan die profesiee van die ou Testament in vervulling en soos iemand op die forum eendag gespot het : My Wegraping tassie is ook gepak!;)

Die Filadelfieer
Jan 22nd 2009, 06:20 AM
Hier is 'n artikel oor Obama se geloof (http://www.newsweek.com/id/145967/page/1).... interesante leesstof. Volgens die onderhoud is hy 'n Christen.

RR van Wyk
Jan 23rd 2009, 05:57 AM
Ek hoop hy is 'n Christen.... Ek wonder net of hy nie 'n bietjie te liberaal optree...

Lanie
Jan 28th 2009, 11:51 AM
Nie net 'n bietjie nie, Fila. Hy is BAIE liberaal.

Wessie
Feb 1st 2009, 06:47 PM
'n Moslem wat omgeswaai het en skielik 'n Christen geword het , maar nog steeds met die Moslems deel en onderhandel , hoe verklaar jy dit. Sy uitlating oor die Nuwe Era , is beslis nie die feit dat hy die eerste swart president in Amerika is nie , nee , Obama is 'n lid van "Skull en Bone " of beter bekend as die Vrymesselaars. My vraag is eenvoudig , voor die verkiesing was daar nooit van Obama gehoor in die politiek nie , hoekom ?
Aangesien hy deur die Illuminati daar geplaas is en deur hulle beheer word.

protea
Feb 2nd 2009, 12:33 PM
Soos my ou bediende ter be-aaming se: Mos nou juis! Ek dink nie ons sal ooit weer slaap as ons moet weet wat alles deur die Illuminatie georkestreer word nie... Vra eerder wat beheer hulle NIE.....

Son of the South
Feb 2nd 2009, 05:17 PM
... Vra eerder wat beheer hulle NIE.....Hulle beheer gelukkig niks nie :D Hulle manipuleer ALLES, maar God bly in beheer :pp Askies, jy was besig om te s... :saint:

protea
Feb 2nd 2009, 07:00 PM
Daar is SO n fyn lyn tussen beheer en manipuleer dat die betekenis baiekeer maar 6 van die een en n half dosyn van die ander is... Terloops Son, maak jou kop aankant, jou 'halo' sit skeef....;)

RR van Wyk
Feb 5th 2009, 08:37 AM
Ek weet nie so lekker wat om hiervan te maak, vir my klink dit heeltemal te onrealisties en kommerwekkend:

http://www.worldnetdaily.com/index.php?fa=PAGE.view&pageId=87946

Kan mens nuusberigte soos hierdie ernstig opneem, of is dit maar net 'n groep mense wat ander wil te nakom?
As dit wel waar is, 'n klip harde feit is, in watter rigting beweeg dinge in? Hoeveel erger kan dit raak?
Ek lees heeltemal teveel goed raak van Obama se keuses van mense om Amerika saam hom te beheer.
As 'n regering ophou om 'n sterk basis vir goeie moraal en etiese waardes te l, en in hierdie geval presies die teenoorgestelde te doen, hoe eindig die gemeenskap op?
Ek dink een van die dae kan ons Amerika onder kwarentyn plaas, 'n groot tronk daarvan maak en al ons krimenele ook soontoe pos.
Ek hoop net nie al hulle doen en late spoel oor na ons kant toe nie...

Die Filadelfieer
Feb 5th 2009, 09:37 AM
RR,
Dit is redelik algemeen bekend dat Obama inderdaad pro-aborsie en pro-homoseks is. Ek twyfel egter so half en half oor die geloofwaardigheid van die artikel, maar deesdae raak dit ook al moeiliker om te onderskei tussen nonsens en die waarheid, veral met die heersende morele standaarde in die wreld.

Jy moet ook in gedagte hou dat die sogenaamde "op aanvraag aborsies" al lankal hier by ons gewettig is, en dat letterlik derduisende kinders op hierdie manier al "wettig" vermoor is in ons land.

RR van Wyk
Feb 5th 2009, 12:59 PM
Die aborsie en Homoseksuele storie is al ou nuus vir my, dit is die pornografie deel waarna die artikel verwys wat die versuursyker op die koek is.... die versuursuiker raak nou al so dik ek wonder wanneer gaan die koek inmekaartuimel....

Paul Pienaar
Jul 1st 2009, 05:23 AM
Ek lees nou die dag 'n artikel geskryf deur Henry Makow.
Hy beweer dat 1) homoseksualiteit, 2) wettige aborsies en 3) pornografie se hoof doel is:
Swaai die samelewing se ingesteldheid, na waar ons seks in intieme lang termyn verhoudings, tussen 'n man en vrou, sou sien as slegs om voort te plant.
Seks m.a.w. is dus daar vir die genot van die individu primer. Daar is geen nut of verantwoordelikheid om in 'n verhouding te staan nie, of om dit heteroseksueel te hou nie.

Die rede agter die doel, beweer Henry Makow, is om die wereld se bevolking syfer af te bring. As mens verskillende bronne raadpleeg, dan is dit duidelik dat daar individue en groepe, beide openlik en in die geheim is, wat sal wil sien dat die wereld bevolking moet daal.

Nou wonder ek, as die bree publiek eerstens self in staat is om die bevolking syfer in toom te hou, sou ons nie vandag ander morele waardes en etiese probleme gehad het nie?

Wat dink julle?

RR van Wyk
Jul 1st 2009, 05:55 AM
Ek sou ook graag die bevolkingsyfer sou wou sien DRASTIES daal, maar nie so nie!!

Die Natuur het sy eie manier om ons getalle te beheer. As ons voedselbronne en natuurlike hulpbronne nie meer byhou, weet ons wat sal gebeur.

Maar om jou ewige lewe te verruil vir morele verval lyk nie vir my na 'n goeie plan nie...

Tonton
Jul 1st 2009, 03:29 PM
...Die rede agter die doel, beweer Henry Makow, is om die wereld se bevolking syfer af te bring. As mens verskillende bronne raadpleeg, dan is dit duidelik dat daar individue en groepe, beide openlik en in die geheim is, wat sal wil sien dat die wereld bevolking moet daal.

Ek sien nie die logika in nie, want permissiwiteit sal na my mening eerder lei tot 'n toename in die bevolkingsyfer.

Hoe dit ookal sy - ons weet mos, enige aanslag op moraliteit is van Satan, en sy naam beteken mos "verhoudingsverbreker"!

Anton