PDA

View Full Version : Help asseblief Gebed: Aborsie - Bid asseblief



Son of the South
Jan 23rd 2009, 01:43 PM
Ons huiskerk het 'n nuweling bygekry, waarvoor ons baie dankbaar is. :pp

Die persoon is 'n diep gelowige mediese dokter by een van ons bekende akademiese hospitale. Ongelukkig staan hy 'n kans om afgedank te word, omdat hy 'n ander dokter gaan verkla het oor onetiese optrede rakende aborsies. :( Die klag teen ons vriend is dat hy daardeur "die naam" van die betrokke instansie "oneer sou aandoen". Die dissiplinÍre proses kan onsmaaklik raak en lank uitgerek word. Sou hy bedank sal geen haan weer daarna kraai nie, maar as hy afgedank sou word, kan hy moontlik verdere stappe neem.

Bid asseblief vir die nodige wysheid en geduld sodat sy optrede altyd eerbaar sal wees. Bid dat die dissiplinÍre proses op God se tyd afgehandel sal word en nie op 'hulle' tyd nie. Bid asseblief in die algemeen teen aborsie in ons land. :pray:

:note: Waarskuwing: Sensitiewe lesers mag die volgende ontstellend vind.

Ek sal my bes probeer om die inligting op so 'n feitelike wyse oor te dra dat ek nie aanstoot gee nie, maar weens die aard van die onderwerp is dit noodwendig ontstellend.

PasiŽnte wat aborsies gevra het is medikasie toegedien wat die aborsie inisieŽr gedurende spreekure. :mad: Na-ure klop die pasiŽnte by ongevalle aan vir hulp weens bloeding. Die arme mense wat dan aan diens is by ongevalle moet dan die vuilwerk doen deur die aborsie af te handel. :cry:

Lanie
Jan 23rd 2009, 02:02 PM
Ek sal beslis saam met julle bid.

(Mag ek dit waag om te vra... ek neem aan dat hierdie man nie self aborsies uitvoer nie?)

Son of the South
Jan 23rd 2009, 02:16 PM
Ek sal beslis saam met julle bid.

(Mag ek dit waag om te vra... ek neem aan dat hierdie man nie self aborsies uitvoer nie?)Dankie vir die gebed. :hug:

Nie self inisiŽer nie, ja. Ook nie vrywillig doen nie ja, maar soos ek probeer verduidelik het noodgedwonge onder protes ander se vuilwerk moet doen.

Lanie
Jan 23rd 2009, 02:22 PM
Die arme man....

Weet jy, oor party dinge wat vandag in die wÍreld aangaan kan ek net aan die huil gaan en nooit weer ophou nie. Aborsies is een van die goed. Ek het vriende en vriendinne wat smag na 'n ou kindjie en hulle self finansieel geruineer het om 'n kind te kan hÍ, en nog steeds was dit nie die Here se wil nie, en dan kry jy mense wat niks voel om 'n onskuldige lewe te neem nie.... Pateties.

Son of the South
Jan 24th 2009, 04:16 AM
...Weet jy, oor party dinge wat vandag in die wÍreld aangaan kan ek net aan die huil gaan en nooit weer ophou nie....Ek vermoed God voel baie so.

Son of the South
Mar 12th 2009, 07:29 AM
Die uitgerekte dissiplinÍre proses het toe uiteindelik laasweek ten einde gekom en ons vriend is geskors. Natuurlik is dit vir hom en sy gesin 'n geweldige ontwrigting en hy is tans werkloos.

Sy storie het gister op die voorblad van die Volksblad verskyn. Lees die artikel hier (http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2009/03/11/VB/1/hcdokter.html).

Julle volgehoue gebede sal waardeer word.



Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie; maar julle ongeregtighede het Ďn skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie. Want julle hande is met bloed bevlek en julle vingers met ongeregtigheid; julle lippe spreek leuen, julle tong fluister onreg. Daar is niemand wat aanklaag in geregtigheid en niemand wat Ďn regstryd voer in waarheid nie; hulle vertrou op nietigheid en spreek valsheid, met moeite gaan hulle swanger en baar onheil. Basilisk-eiers broei hulle uit, en spinnerakke weef hulle; hy wat van hulle eiers eet, moet sterwe; en as dit stukkend gedruk word, bars daar Ďn adder uit. Hulle weefsels deug nie vir klere nie, en met hulle voortbrengsels kan niemand hom toemaak nie; hulle werke is onheilswerke, en die daad van geweld is in hulle hande. Hulle voete hardloop om kwaad te doen en is haastig om onskuldige bloed te vergiet; hulle gedagtes is onheilsgedagtes, verwoesting en verbreking is in hulle paaie. Die weg van vrede ken hulle nie, en daar is geen reg in hulle spore nie; hulle maak hul paaie krom, niemand wat daarop loop, ken die vrede nie. Daarom is die reg ver van ons en bereik die geregtigheid ons nie; ons wag op lig, maar kyk, daar is duisternis; op Ďn helder skynsel, maar ons wandel in dikke donkerheid. Ons tas rond langs die muur soos blindes, en soos die wat geen oŽ het nie, tas ons rond; ons struikel op die middag soos in die skemeraand; ons is onder die gesondes soos dooie mense. Ons brom almal soos bere, en soos duiwe kir ons aanhoudend; ons wag op reg, maar dit is nie daar nie; op heilódit bly ver van ons. Want ons oortredinge is baie voor U, en ons sondes getuig teen ons; want ons oortredinge staan voor ons, en ons ongeregtighedeóons ken hulle: die afval en verloŽning van die HERE en afwyking van agter onse God; die uitspreek van verdrukking en oortreding, die opneem en uitstoot van leuentaal uit die hart. So word dan die reg teruggedring en die geregtigheid bly staan van ver; want die waarheid struikel op die mark, en wat reg is, kan nie binnekom nie. Ja, die waarheid word vermis; en wie afwyk van die kwaad, word geplunder. Toe het die HERE dit gesien, en dit was verkeerd in sy oŽ dat daar geen reg was nie. En Hy het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenbei tree nie; daarom het sy arm Hom gehelp en sy geregtigheid het Hom ondersteun. En Hy het geregtigheid aangetrek soos Ďn pantser, en die helm van heil was op sy hoof; en die klere van wraak het Hy aangetrek as kleding en Hom gewikkel in die ywer soos in Ďn mantel. Volgens die dade, daarmee ooreenkomstig sal Hy vergelde: grimmigheid aan sy teŽstanders, vergelding aan sy vyande; aan die eilande sal Hy die loon vergelde. En hulle sal die Naam van die Here vrees van die westekant af, en sy heerlikheid van die opgang van die son af; want Hy sal kom soos Ďn saamgeperste stroom wat die asem van die HERE aandrywe. Maar vir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek die HERE. Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sÍ die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelÍ het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sÍ die HERE, van nou af tot in ewigheid nie.

(Isa 59:1-21)



Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. Ďn Gedig. (58:2) Spreek julle waarlik geregtigheid, o gode? Oordeel julle die mensekinders regverdig? (58:3) Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af. (58:4) Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af. (58:5) Hulle het gif soos die gif van Ďn slang; soos Ďn dowe adder wat sy oor toestop, (58:6) wat nie luister na die stem van die besweerders, van hom wat ervare is om met towerspreuke om te gaan nie. (58:7) o God, verbreek hulle tande in hulle mond; slaan die tande van die jong leeus uit, o HERE! (58:8) Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. (58:9) Laat hulle wees soos Ďn slak wat wegsmelt so ver as hy loop, soos Ďn misgeboorte wat die son nie gesien het nie. (58:10) Voordat julle potte die doringtak gewaar word, sal Hy dit wegstorm, die rou vleis sowel as die vuurgloed. (58:11) Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose. (58:12) En die mense sal sÍ: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is Ďn God wat op die aarde oordeel!

(Psa 58:1-11)

Lanie
Mar 12th 2009, 08:10 AM
Dit is werklik 'n skande! Ek bid saam met julle dat geregtigheid sal seŽvier ter wille van jou vriend. Terwyl ek die berig gelees het kon ek nie help om te dink dat die ander dokter dalk deur sy tjommies in die departement beskerm word nie.... is ek reg?

CFJ
Mar 12th 2009, 08:35 AM
Dankie SOS vir die inligting. So hartseer soos dit blyk te wees, so vry moet hierdie vriend van jou wees, want daar is baie meer rykdom in die waarheid as in al die geld en sekuriteite van hierdie wÍreld. :pray:

Die Filadelfieer
Mar 12th 2009, 08:35 AM
Dankie vir die terugvoer SOS,
Ek het self al gru-verhale rondom aborsies gehoor vanaf betroubare bronne wat mens eerder nie herhaal in enige geselskap nie. Jou vriend het opgestaan vir wat hy glo reg is, en betaal nou die prys. Ons gaan dit al hoe meer sien gebeur, nie net in SA nie, maar reg oor die wÍreld.
Hierdie teks spook al 'n rukkie by my, en juis oor onderwerpe soos hierdie :



Mat 5:44 Maar Ek sÍ vir julle: Julle moet jul vyande liefhÍ; seŽn die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;
45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reŽn op regverdiges en onregverdiges.

protea
Mar 12th 2009, 12:58 PM
Mag die Here hierdie dr seen omdat hy gehoorsaam was aan God se opdrag om lewens te red en nie te neem nie. Mag die Here hom Sy vrede gee wat werklik alle verstand te bowe gaan en mag die Here die dr eer omdat hy HOM ge-eer het.

Son of the South
Mar 5th 2010, 11:29 AM
:pp :pp :pp :pp :pp :pp :pp :pp

Ons dokter vriend het na meer as 'n jaar weer die Volksblad se voorblad gehaal, sien artikel hier (http://www.volksblad.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/2114/454a97b3cd4f4e5d9c26f90f2c942d52/05-03-2010-12-31/Bfn-arts_slaag_met_eis).


Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose. (58:12) En die mense sal sÍ: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is ‘n God wat op die aarde oordeel! Verwys terug na my vorige plasing hier (http://bibleforums.org/showthread.php?155835-Gebed-Aborsie-Bid-asseblief&p=2008936#post2008936).