PDA

View Full Version : Bespreking Getuienis: 'n Mosterdsaadjie en 'n berg ;)



Ta-An
Jan 25th 2009, 04:04 PM
Mattheus 17:20 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=40&CHAP=17&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=20) En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sÍ vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sÍ: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.

Ek het nog altyd die Drakensberge gesien wanneer ek die vers lees.... en gedink... wel as dit die geval is.... het ek geen geloof nie :( en toe vanoggend vra die prediker...." Wat is die "Berg" in jou lewe??" En die pennie drop,,,,
Dis nie die Blouberge of die Drakensberge nie :D maar die "berge" van wanhoop, van dinge wat my weerhou darvan om 'n vol lewe te lei....

Wanneer ek die geloof van 'n mosterdsaadjie het om hierdie dinge (berge) te oorkom, kan ek dit gebied om van my af weg te gaan..... en dit sal nie vir my ontmoontlik wees om so te doen nie :pp

Wat is die berge in jou lewe wat jy wil aanspreek om jou te verlaat??
Want in die Woord is dit geskrywe dat jy die mag daaroor het, as jy die geloof van so groot as 'n mosterdsaadjie het..


Dankie Here dat U die Woord vir ons oopmaak wanneer ons gereed is vir die Boodskap :pray: