PDA

View Full Version : Bespreking Vir wie is die Bybel geskryf ?



Die Filadelfieer
Jan 26th 2009, 09:20 AM
Dink julle die Bybel is vir almal geskryf, of slegs vir God se kinders ? Wat van 'n ander opsie ?

Ek kyk na tekste soos hierdie :


1 Cor 1:18 Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;




1 Cor 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.


Dit is tog vir ons duidelik dat, sonder die Sleutel, sonder die Heilige Gees, mens nie by magte is om te verstaan wat God deur Sy Woord vir ons wil s nie.
Ek wil, op grond van bogenoemde, die volgende twee stellings maak : eerstens, die Bybel is slegs vir God se kinders geskryf, en tweedens, as God 'n persoon nie as Sy kind gekies het nie, sal so 'n persoon nooit die Bybel verstaan nie.

Mens kan natuurlik, aan die hand van bogenoemde, nog 'n vraag vra : Is die Bybel, sonder dat die Heilige Gees teenwoordig is in 'n mens, nog steeds die Woord van God ? :hmm:


Wat dink julle ?

RR van Wyk
Jan 26th 2009, 11:32 AM
As ek kyk wat heelwat mense dink van die Bybel, kan ek nie anders as om saam te stem dat die Bybel slegs vir God se kinders bestem is.
Baie mense glo net die Bybel is een groot storieboek, wat opgemaak is deur mense.

Hoe meer ek egter die Bybel lees, Hoe meer verstom die akkuraatheid my en ek put ontsettende genot uit die pure wysheid wat daarin opgesluit is. Die Bybel is onder anderre een groot oorsaak en effek, asook 'n riglyn vir ware geluk.
Maar vertel ek dit vir 'n ongelowige, lag hy homself 'n papie vir my!

Ek dink die Bybel is in bereik van enigiemand wat werklik in die woord van God belangstel, wat se nuuskurigheid oor die waarheid nie gedemp kan word nie.
Ek glo egter die Heilige Gees speel ook 'n baie groot rol.

Die Bybel speel 'n ontsettende groot rol in ons lewe. Dit onderskei die bose van die goeie. Die Bybel is ons maatstaf waarteen alles gemeet moet word.

Die volgende artikel gebruik ek as voorbeeld:

http://www.worldnetdaily.com/index.php?fa=PAGE.view&pageId=86534

Enigiemand wat die Bybel verstaan, sal sien hoe die duiwel te werk gaan, hoe hy die waarheid verdraai en mense verlei. Dis skrikwekkend!!

Teveel mense luister en glo teveel wat ander s sonder om die Bybel te lees.... en val dan so mooi in die duiwel se strik :(

Phil Fourie
Jan 26th 2009, 12:25 PM
Fila

Kom gooi net 'n klippie in die bos. As Paulus ons leer dat die wet (soos opgeteken is in die Bybel) 'n tugmeester is na Christus toe, dink jy dan die Woord het geen implikasie op 'n ongeredde persoon nie?

Glo jy die Woord is in staat om siele te red?

Glo jy dit is die Heilige Gees wat 'n hart voorberei om ontvanklik te word vir die Woord van God sodat as dit in die akker van sy hart val hy tot bekering kan kom?

Indien jy dit wel glo, dan is die Bybel nie net vir God se kinders geskryf nie, maar vir die hele wereld om die wereld te dui op sy sondige toestand. Wat betref die kennis wat opgesluit is in die Bybel, daardie kennis kan slegs deur die Heilige Gees vir jou openbaar word en sal dus nie verstaanbaar wees vir 'n ongereddene nie.

Vat byvoorbeeld Openbaring. Sal 'n persoon wat nie die Heilige Gees in hom het nie die hele boek in konteks kan verstaan? Nee. Sal hy dalk deur van die woorde in die boek tot redding kan kom? Ja.

Interresant hoe ek en jy met dieselfde goeters op dieselfde tye altyd worstel, ek het juis hieroor gisteraand gepreek ;) AMAZING :)

Lanie
Jan 26th 2009, 02:00 PM
Fila,

Soos ek aflei is die Bybel dan bedoel vir almal wat uitverkies is? (Een van die dae moet iemand tog met my sit en die uitverkiesingsleer aan my verduidelik, dalk het my IK bietjie gedaal na 2 swangerskappe maar ek kry dit nog steeds nie lekker klein nie.)

(So van die os op die jas, Phil, dit was regtig 'n blessing om jou preek gisteraand te hoor...ek weet dis nie waaroor jy dit doen of waaroor dit gaan nie, maar soos my man s... jy mag maar!)

Phil Fourie
Jan 26th 2009, 02:10 PM
Thanx Lanie, dit is vir my wonderlik as ek weet die Here het 'n boodskap vir julle gehad. Al die eer aan Hom.

Ek sal plan maak om bietjie leesstof vir jou te pm, maar dan moet jy dit werklik biddend deurwerk en dit opweeg teen die Woord om te sien of dit stand doen. Vir my is die uitverkiesingsleer duidelik Bybels korrek, maar jy mag dalk iets anders raaksien wat ek al die tyd mis en dit sal dan ook lekker wees om van jou te hoor ;)

Groete
Phil

Die Filadelfieer
Jan 27th 2009, 06:42 AM
Phil,
Dit is dalk nie toevalig dat ons, sonder kommunikasie, met dieselfde idee besig is nie ?

Ek self is nog besig om aan my gedagtes rondom die punte te poleer, en om een of ander rede dwing die HG my die heeltyd terug na dit toe :



Rom 16:25 Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is,
26 maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof
27 aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen.


Hoekom weet ek nog nie, ek sal dit wel uitfigure. Ek sien heel toevalig (of dalk nie so toevalig nie ? ) daar is 'n hele Thompson's ketting-verwysing onder die tema "Mystery of Christ" wat na bogenoemde teks wys, ek sal vanaand beter daarna kyk.

Intussen voel ek, elke keer as ek bogenoemde teks lees, asof dit iets is wat vanaf die hoogste berg-toppe aan die wreld uitgejou moet word.


Lanie,
Ek vermoed dat die uitverkiesing wel die kruks van hierdie hele saak is. Jy moet egter, soos wat Phil s, hierdie saak biddend benader, want dit is werklik die mees hartverskeurendste teologiese begrip wat jy ooit sal tekom.

protea
Jan 27th 2009, 01:02 PM
Fila,

Soos ek aflei is die Bybel dan bedoel vir almal wat uitverkies is? (Een van die dae moet iemand tog met my sit en die uitverkiesingsleer aan my verduidelik, dalk het my IK bietjie gedaal na 2 swangerskappe maar ek kry dit nog steeds nie lekker klein nie.)

(So van die os op die jas, Phil, dit was regtig 'n blessing om jou preek gisteraand te hoor...ek weet dis nie waaroor jy dit doen of waaroor dit gaan nie, maar soos my man s... jy mag maar!)

Hallo Phil en Fila,
Was daar al n draad oor die uitverkiesingsleer? Ek het nou seker te vinnig gekyk maar kon nie so n draad in die onlangse poste opspoor nie. Wil julle nie so n draad oopmaak nie of is die tema te kontroversieel? Ons belowe ons sal nie klippe gooi of skiet nie...;)

Phil Fourie
Jan 27th 2009, 02:51 PM
Ek dink ons het al so 'n gesprek gehad, of was dit dalk die eenmaal gered altyd gered gesprek :hmm:

Wel, die twee kom eintlik bymekaar, maar ek sal kyk of ek krag bymekaar kan skraap om weer die uitverkiesingsdebat aan te vat en ons behoort dit beskaafd te kan voer hier in die Bybelkamer

Eben
Jan 27th 2009, 03:25 PM
Ek glo die Bybel is vir almal geskryf gelowiges en ongelowiges.
2Tim 3 vers 16
2Ti 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
2Ti 3:17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
Jy kan ongelowiges teregwys uit die skrif en hulle gewete sodoende aanspreek. Dit werk glo my.

Fila,
Wat betref Rom 16 : 25 ens. Ek glo dat dit direk verband hou met wat Paulus in Efesirs s.


Eph 3:3 dat Hy aan my deur n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het;
Eph 3:4 waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,
Eph 3:5 wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik
Eph 3:6 dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie
Eph 3:7 waarvan ek n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag.

Hierdie verborgenheid is die evangelie wat Paulus verkondig en dit is die feit dat daar nie meer 'n volk is nie maar dat indivudiee die Liggaam opmaak totdat die volheid van die Heidene ingegaan het soos Rom 11 vers



Rom 11:25 Want ek wil nie h, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;
Rom 11:26 en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;
Die groot probleem wat mense het is om nie te verstaan wanneer die "nou" is wat Paulus van praat nie. Volgens wat ek verstaan het die "nou" hier by Handelinge 13 begin en regtig volkome geword by Handelinge 28:28

ct 28:27 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle o het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die o sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. Act 28:28 Laat dit dan aan julle bekend wees dat die heil van God aan die heidene gestuur is, en hulle sal luister.

Eben

Lanie
Jan 31st 2009, 06:47 AM
Protea,

Lyk my nie Phil kry die krag bymekaar geskraap nie ;), so hier is die skakel na die vorige bespeking....

http://bibleforums.org/showthread.php?t=105224

Dan kan ons sommer daar ons vragies vra....

protea
Jan 31st 2009, 10:07 AM
Baie dankie Lanie! Ek het nie ver genoeg terug gesoek nie en dit was heerlike naweek leesstof .Mens kan kwalik iets byvoeg want dit is uit so baie hoeke gedebatteer.
Groetnis