PDA

View Full Version : Die temas van kinderverhale oor die radio.



protea
Jan 26th 2009, 11:58 AM
So n ruk gelede was daar klagtes oor die temas van kinderverhale wat so skuins voor 12 in die middag op die bekendste Afr radiostasie uitgesaai word. Ek het vandag toevallig staan en luister toe ek kos gemaak het en weereens was die tema hekse en allerhande bose scenarios. As ek n kleuter was het ek die res van die jaar nagmerries gehad en baie van daardie scenarios wil ek nie eers he my kinders moet voor oor 13 jaar op die minste van hoor nie. Die temas is glad nie op die vlak van n kleuter nie. Ek meen HELLOOOOO! daar is mos darem duisende opbouende stories op daardie vlak om vir die kleintjies te vertel! Wie bepaal watter stories vertel word? En as klagtes nie help nie, wat doen mens dan? Ek ruik n rot.....:(Die vyand gaan so subtiel te werk... Lyk my daar moet ook n ouderdomsbeperking op kleuterstories wees...!

Lanie
Jan 26th 2009, 12:14 PM
Die aanslag op ons kinders is skrikwekkend. Wat vir my partykeer nog meer skrikwekkend is, is ouers se naiwiteit (sp?) as dit kom by waaraan hulle kinders blootgestel word. Jy kan vandag nie meer jou kinders toelaat om alleen na 'n kinderfliek of program op televisie te kyk as jy dit nie eers self gekyk het of dit ten minste saam met hulle kyk nie. Net hierdie naweek sÍ iemand vir my - "ja, enige iets wat "donker" of "euwel" in het wil jy (dis nou ek) afsit, maar dis realiteit, daar is donker en euwel in die wÍreld, dit help nie om oogklappe aan te sit nie. En in die flieks wen die goed altyd die kwaad." Hoe antwoord jy so iemand?

marline
Jan 26th 2009, 03:08 PM
Dit was juis oor hierdie rede dat ek en my blinde vriend storie cd's vir kinders gemaak het. Dit was baie amateur agtig, ons kon nie 'n studio bekostig nie, en het ons eie studio gebou. Dit was nie klank dig nie en as jy dit op "surround sound" speel, hoor jy die verkeer, en duiwe en voŽltjies. Ag maar dit was pret!!! Ons kon nie die bemarkings koste bekostig nie, dus het ons maar plaaslik verkoop en ons kostes net, net gedek. Maar kan jy glo, ons plaaslike radio stasie saai nog gereeld van ons verhaaltjies uit.

protea
Jan 27th 2009, 01:10 PM
Marline,
Dit klink so interessant! Vertel ons meer hiervan. En wie geniet nie lekker storie nie! Beslis oud en jonk wat ek ken. Het julle net gewone stories vertel of was daar ook Bybelstories by?

marline
Jan 28th 2009, 02:02 PM
My vriend het twee glasoŽ en sy vrou kan net tussen donker en lig onderskei. Hulle het twee dogtertjies. Dit het hom vreeslik gefrustreer dat hy nie ordentlike stories vir sy kinders kon lees nie, en die cd's wat beskikbaar was, was maar beperk. My kinders het aan 'n kinder boekklub behoort, en ons het elke maand die wonderlikste storie boekie gekry. Ons het aan die uitgewers geskryf vir toestemming, en dit sonder enige probleme gekry, en ons hoef ook nie tantieme te betaal het nie, omdat die skrywers redelik tot heeltemal onbekend is. Ons wou Bybelstories ook doen, maar kon nie die hoŽ tantieme betaal nie, en toe maar by die gebly wat ons wel mog doen. Ek het gelees, en hy het klankvermenging en byklanke gedoen. Ons klank is nou nie te waffers nie, maar oor die radio klink dit darem heel aanvaarbaar.

protea
Jan 28th 2009, 03:29 PM
Behalwe vir die kindertjies wat heerlik na die stories geluister het, glo ek , dink net watter positiewe invloed hierdie projek op jou blinde vriende se selfbeeld gewees het. Om nodig te voel en om vir iemand iets te beteken of te gee laat enige mens so lekker voel. Hoeveel te meer nie vir blindes wat gewoonlik aan die ontvangkant van gawes staan , wat nou ook vir hulle medemens iets kon beteken het! Dit moes vir hulle n wonderlike ondervinding gewees het!

marline
Jan 28th 2009, 07:20 PM
Ek dink dit het meer vir my selfbeeld gedoen. :) Hierdie is die twee selfstandigste mense wat ek ken. Toegegee, daar is baie wat vir hulle gedoen moet word, maar ek het keer op keer verstom gestaan oor wat hulle alles kan doen, en dit sonder oe!!!