PDA

View Full Version : Pietersburg, Benoni en Pta!!



marline
Jan 26th 2009, 02:41 PM
Het van julle Prof Wimpie se lesings Bygewoon? En vertel ons asb!! Hoe het julle dit gevind? Dit klink of hy wonderlike onderwerpe aanraak, ons skool in Witbank stel belang om van die lesings te kry.

Lanie
Jan 26th 2009, 02:44 PM
Watter prof Wimpie is dit Marline?

marline
Jan 26th 2009, 02:52 PM
Man maar jy is vinnig!!! Prof Liebenberg bied die lesings aan vir Hebraic Roots Teaching institute. Dit is baaaaie interressant, en jy kan maar sy "teachings" met die woord toets, hy is op die kol. Ek e-mail jou gou al die detail!!!

Lanie
Jan 26th 2009, 03:04 PM
Ek het gedog dis van hom wat jy praat. Ongelukkig kan ons nie sy lesing bekostig nie, maar hy preek volgende Sondagaand in ons kerk en ek sien baie uit daarna....

marline
Jan 26th 2009, 03:18 PM
Dit is so jammer!!! Ek het verskriklik baie geleer uit sy lesings. Het hom nog nie hoor preek nie, maar ek glo dit gaan 'n belewenis wees!! Ek het hom met die opening van ons skool hier ontmoet. Verder wil ek jou niks sÍ nie, maar laat weet ons hoe jy sy preek ondervind het> :pp :pp

Lanie
Feb 2nd 2009, 05:56 AM
Hi Marline...

Ons het toe vir professor Liebenberg gisteraand in ons kerk gehad. Dit was baie interessant en hy het my baie gegee om oor te dink. Ek is maar baie skepties deesdae omdat ek agtergekom het dat daar soveel verskillende leringe en gebruike en denkwyses daar buite is wat misleidend is, so ek herkou nou maar eers aan al die inligting. Maar wat defnitief 'n goeie ding is, en wat my aangeraak het, is sy boodskap dat nou die tyd is om seker te maak dat jou saak met die Here reg is en dat ons alles in ons vermoŽ moet doen om siele te wen en op te hou speel. En ek het ook besef dat ek baie meer erns met die Woord moet maak sodat ek seker kan wees dat iets wat iemand my leer in lyn is daarmee of nie.... :)

marline
Feb 2nd 2009, 12:05 PM
Ek is so bly jy het dit geniet. Soos jy sÍ dat daar is deesdae so baie verskillende leringe, maar ek toets alles aan die Woord. Die antwoord is altyd daar, as dit nie daar is nie, dan dink ek nie eers weer verder daaroor nie. Al sy lesings word ook gestaaf uit die Bybel, en ek het ook nog nie gekry dat hy tekste uit verband uit ruk sodat dit sy stellings pas nie, soos ek ook al wel teegekom het.