PDA

View Full Version : April gek



Gene
Jan 27th 2009, 09:16 AM
Ek het vanmore 'n storietjie gehoor wat my regtig laat glimlag het - wil dit graag met julle deel.

'n Ateis in Florida, VSA het hom tot die hof gewend met die versoek dat 'n ekstra vakansiedag ingestel moet word vir ateiste. Sy argument was dat elke geloof hulle eie dae het, maar dat daar teen die ateiste gediskrimineer word omdat daar geen dag spesiaal vir hulle opsy gesit is nie. Die regter het sy versoek afgekeur en wou die saak uit die hof gooi. Maar die ateis se prokureur het heftig beswaar gemaak en gevra hoe die regter die saak sommer so kan afkeur, aangesien daar tog sekerlik meriete in was.

Die regter het geantwoord dat die ateis bloot onkundig was en dat daar wel 'n spesiale dag vir hulle op die kalender aangebring is. Op die verbaasde prokureur se vraag, na watter dag die regter dan verwys, het hy geantwoord: Psalm 14:1 se duidelik dat iemand wat nie glo dat daar 'n God is nie, 'n "dwaas" ("Fool") is. 1 April is "April fool's day". Die ateiste het dus wel 'n dag van hulle eie.....

Sou dit nie "nice" wees as alle regters hulle Bybels so goed geken het nie?

MercyChild
Jan 27th 2009, 09:19 AM
lol............dit het 'n glimlag op my gesig gebring.........En ek bid dat daar meer mense daar buite sal wees, wat vir God sal opstaan!:lol::lol:

Lanie
Jan 28th 2009, 06:29 AM
:lol: Dankie Gene, ek het nou lekker gelag.

Ta-An
Jan 28th 2009, 08:03 PM
net so op die side-line.....
Aplril-fool is 'n simboliese verwysing na Christus wat van bak-poort na stuur-poort gestuur is met Sy veroordeling.....:(