PDA

View Full Version : Inligting Openbaring



marline
Jan 29th 2009, 01:10 PM
Ek lees in Openbaring 4 : 5 van die sewe fakels wat voor die troon brand, Dit is die sewe Geeste van God. Kan iemand dit dalk vir my uitlę? In nie een van die studie Bybels kry ek 'n uitleg hiervoor nie. :confused

Paul Pienaar
Jan 29th 2009, 02:03 PM
Ek lees in Openbaring 4 : 5 van die sewe fakels wat voor die troon brand, Dit is die sewe Geeste van God. Kan iemand dit dalk vir my uitlę? In nie een van die studie Bybels kry ek 'n uitleg hiervoor nie. :confused

Marline,

Die volgende vers gee dalk bietjie meer lig op jou teks.

Rev 5:6 En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.

Hier is drie "dinge" wat dieselfde is - sewe fakkels, 'n lam met sewe oe en horings en die sewe Geeste van God. Al drie dieselfde.


Die ander kan dalk meer byvoeg.

Groete

Lanie
Jan 29th 2009, 02:07 PM
Hi Marline,

Hoe gaan dit met julle?

Phil het op sy blog 'n studie gedoen van die sewe geeste. Hier is die link. Dit het dit goed vir my verduidelik. Hoop dit help jou ook....

http://bibleforums.org/blog.php?b=638

Phil Fourie
Jan 29th 2009, 02:09 PM
Ek wou kommentaar lewer, maar Lanie het my voorgespring :rolleyes: :lol:

Lanie
Jan 29th 2009, 02:13 PM
Ag askies man.... Onthou ek lę in die bed met niks om te doen nie. :P Ek het onthou dat ek verlede jaar 'n soortgelyke vraag vir jou gevra het en jou studie het dit mooi uiteengesit....

Phil Fourie
Jan 29th 2009, 02:15 PM
Ek sal graag ander se kommentaar hieraangaande wil hoor ;)
Lanie, kan ek jou my amptelike PR dame maak, soos jy aangaan gaan ek nie meer hoef plasings te maak nie :rofl: Dit spaar my baie copy en paste met die links darm ;)

Lanie
Jan 29th 2009, 02:19 PM
Jy kan my nie bekostig nie! :D

Phil Fourie
Jan 29th 2009, 02:22 PM
Wat het geword van liefdadigheid?

Skies, ons is besig om die draad te ontspoor :rolleyes:

marline
Jan 31st 2009, 07:45 AM
Baie dankie Lanie vir daardie link, Phil het dit pragtig duiddellik uiteengesit. Dankie Phil!!!

Phil Fourie
Feb 2nd 2009, 05:39 AM
Bly ek kon help :hug: