PDA

View Full Version : Bespreking Sondeval



Sonia Smit
Jan 29th 2009, 02:32 PM
Waarom is dit so belangrik om die feite en gevolge van die sondeval van Adam en Eva vandag te verstaan?

Phil Fourie
Jan 29th 2009, 02:39 PM
Want dit bepaal hoekom ons 'n Verlosser in die persoon van Jesus Christus nodig het

Lanie
Jan 29th 2009, 02:40 PM
Hi Sonia...

As dit nie vir die sondeval was nie, sou dit nie nodig gewees vir Jesus nie....

Kan ek vra waar kom hierdie vraag vandaan? Ek wil net beter verstaan wat het daartoe gelei dat jy die vraag vra, sodat mens jou dalk 'n beter antwoord kan gee.

Sonia Smit
Jan 29th 2009, 02:43 PM
Hoe sou jy dit aan iemand verduidelik wat nuut in die woord is? Ek verstaan dit by myself, maar ek het nog nooit dit aan iemand verduidelik in woorde nie. En die persoon is baie skepties en ek moet my woorde nou baie mooi kies.

Phil Fourie
Jan 29th 2009, 02:47 PM
Goed, jy kan begin met dievolgende teksgedeeltes:

Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat 'n voorbeeld is van Hom wat sou kom.
Romeine 5:14

Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
1 KorintiŽrs 15:22

Hoop dit help vir 'n begin ;)

Die Filadelfieer
Jan 30th 2009, 11:54 AM
Hi Sonia,
Eintlik is die hele Genesis verhaal ,spesifiek die Skepping, Sondeval, en Sondvloed 'n baie sterk en kragtige stuk Evangelisasie gereedskapstuk. Jy kan gerus na hierdie lys van artikels (http://www.answersingenesis.org/get-answers#/topic/creation-matters)loer vir antwoorde rondom die belangrikheid van 'n letterlike Genesis. Dit is baie leeswerk maar beslis die moeite werd.

Phil Fourie
Jan 30th 2009, 12:23 PM
Fila

Betaal AIG jou kommissie? :rolleyes: :lol:

Die Filadelfieer
Jan 30th 2009, 12:30 PM
Dalk moet ek hulle begin vra vir 'n ou geldjie ?


Nee, grappies op 'n stokkie , AIG se webtuiste "reference" net baie vinnig en maklik, en hulle artikels is meestal baie goeie kwaliteit.

Lanie
Jan 30th 2009, 01:01 PM
Wow Fila,

Dis nou werklikwaar 'n interessante webwerf! Ek kan nie wag om dit vannaand vir my man te wys nie. En dit blyk asof dit 'n baie nuttige hulpmiddel kan wees om mens se kinders in die waarheid te onderrig wanneer hulle op skool met evolusie gebombardeer word. Baie, baie dankie!

Sonia Smit
Jan 30th 2009, 01:11 PM
HI julle,

Baie dankie vir julle almal se hulp! :hug:

Dit is 'n amazing skakel wat jy daar gegee het Fila. Ek gaan beslis daar rondspeel!:monkeyd: