PDA

View Full Version : Gebed: Dogtertjie omgery deur pa



Willem
Jan 29th 2009, 09:43 PM
Hi,

ek het eergsiter gehoor van Tanja/Tania ? (weet nie spelling nie) wat 5 is en agter kar ingehardloop het. Pa het oor haar gery en sy was in intensief. Het nie naam geweet nie en vanoggend gehoor sy is uit intensief en dat sy skouer arm en been ? gebreek het ...klink of oor een sy gery het.

In elk geval sal julle asb vir haar en haar pa en familie bid en ook vir die dame wat saam met my ry se familie ( ongelowig, maar goeie mense ) aangesien dit haar swaer hard getref het ( dis sy kollega ) en die ou het heelpad huistoe gehuil en sy dogter 'n teddy gekoop wat groter as sy is.Sy word nou 3..4 ?

Dat die Here met hulle sal wees en Sy wil sal geskied en Hy vereer sal word en die gebeure mense na Hom sal lei en oor hulle saligheid sal laat dink en dat hulle ook gered mag word.

Lanie
Jan 30th 2009, 05:41 AM
Ek bid saam met jou.... :pray: :pray: :pray:

Die Filadelfieer
Jan 30th 2009, 06:24 AM
ai ai ai.
Die een keer wat ek Oprah gekyk het laasjaar het dit gegaan oor 'n ouma wat haar kleinkind omgery het. Die kind het nie oorleef nie, en Ouma se hart is ook daardie dag saam met haar kleinkind dood. Dit het my so ontstel dat ek vir almal wat by my rondry die leviete voor gelees het, en almal weet die hemel behoed iemand wat op my grond jaag met 'n voertuig. ( 'n 9mill rondte deur die enjinblok is as voorbeeld genoem. )

Dit is 'n vreeslike tragiese ding om iemand oor te kom Willem, en ek bid saam met julle vir die kindjie, en vir die pappa wat homself moet vergewe.

Lanie
Jan 30th 2009, 06:32 AM
Ek is ook fanaties oor kinders naby voertuie. Hierdie ongelukke is baie meer algemeen as wat ons besef...

MercyChild
Jan 30th 2009, 10:52 AM
Ek bid saam met jou vir Tanya, dat God haar sal aanraak, en sowel haar familie, dat Hy hulle deur hierdie tyd sal dra.....maar meeste van alles dat SY wil sal geskied...............:pray::pray:

protea
Jan 30th 2009, 03:55 PM
Mag die Here Tanya en haar familie in die holte van Sy hand hou en haar fisies en haar gesin emosioneel heel. :pray: