PDA

View Full Version : MySpace, Facebook....



Lanie
Jan 30th 2009, 08:32 AM
Ek wou Woensdagaand uit my vel spring toe my pa se boetie met wie ek laas op my pa se begrafnis gepraat het my op facebook opspoor. Agv die omstandighede van sy dood het ek en my boetie heeltemal kontak verloor met my pa se kant van die familie. Soveel so dat ons nie eers geweet het my ouma is oorlede nie. Dis wanneer sulke goed gebeur dat ek bly is ek is nog op facebook. As dit nie vir facebook was nie sou ek ook nooit iets van my boetie wat permanent in Engeland bly gehoor het nie.

Maar hoe voel julle oor sulke websites. Ek weet baie mense het 'n probleem daarmee. Hoort 'n christen enigsens daar of moet ons eerder wegbly?

Phil Fourie
Jan 30th 2009, 09:02 AM
Wel net wat sekuriteit aanbetref is facebook nie 'n baie veilige werf nie, daarom, moet nooit enige persoonlike inligting op so 'n werf plaas nie.

Lanie
Jan 30th 2009, 09:05 AM
Ja, ek stem saam. Geen adresse, telefoonnommers en so aan.... My profile is ook so dat slegs my vriende dit kan sien. :)

MercyChild
Jan 30th 2009, 10:49 AM
Lanie ek siem geensins 'n probleem op facebook nie, aangesien jy die keuse het met wie jy wil bevriend word en wie nie.................Ek het ook familielede so deur facebook opgespoor, en ek was in 'n ekstase daaroor!:)