PDA

View Full Version : Getuienis: Bring God alle eer!



Sonia Smit
Feb 5th 2009, 09:57 AM
Ek wil net vir die Here baie dankie sÍ dat Hy sy Hand oor ons gebou gehou het en dat daar nie baie ernstige nagevolge was van gister se myn ontploffing nie.

Ek weet nie hoeveel van julle lees die Beeld nie, maar dis vanoggend se hoof opskrif: Drie by sentrum in ontploffing beseer, dis die gebou waar ek werk - Soetdoring gebou.

Die eerste gedagte wat deur ons koppe gehardloop het is dat die gebou inmekaar stort, omdat die "blastings" wat hulle doen by die myn 'n rippel effek gee en ons gebou gewoonlik so sagte skudding het. Gister was dit tien keer erger en dit het die gebou twee keer laat skud. Met die tweede skudding het ons 'n verskriklike geluid gehoor en uit die kantoor gestorm (ons is op 3de verdieping). Toe sien ons die klippe wat oral le en ons dak het 'n baie groot gat in waar 'n klip deurgeskiet het. In 'n ander kantoor die gang af, soos in die berig, het die klip deur die kantoor gegaan.

3 Mense het seergekry, maar niemand is dood nie. Dit was 'n gruwelike ervaring, maar ek prys die Here dat dit nie so ernstig was as wat dit kon gewees het nie. :pray:

MercyChild
Feb 5th 2009, 10:06 AM
God is inderdaad goed vir ons!:hug:

marline
Feb 5th 2009, 10:58 AM
Ai Sonia, Dit moes 'n skrikwekkende ervaring gewees het. Ek het daarvan gelees, en kan my nie indink wat deur mens se gedagte gaan nie. Ek is saam met jou dankbaar dat geen lewens geeis is nie. :hug:

protea
Feb 5th 2009, 05:29 PM
Die Here se bewarende hand was voorwaar op julle!