PDA

View Full Version : Mari-Elize, so bietjie update



Likkedilla
Feb 6th 2009, 12:42 PM
Hi julle almal, vreeslik jammer dat ek so effe van die lug verdwyn het. Dit was 'n baie moeilike paadjie wat ons met ME gestap het, maar dit is nou oorwin en sy kan weer sonder die krukke oor die weg kom. Sy het baie pyn gehad en baie opstandig geraak en al haar veglus verloor, maar met die genade van Bo, loop sy weer. Sy het steeds baie ongemak en is glad nie vas op die voetjies nie. . Baie dankie vir al julle gebede die afgelope tyd, en ek weet dit is te laat, maar baie voorspoed vir die jaar wat voorlę!!

http://media8.dropshots.com/photos/584711/20090115/sq_063005.jpg

Lanie
Feb 6th 2009, 12:46 PM
Dankie dat jy laat weet het hoe dit met julle dogtertjie gaan.... Die Here se genade is groot en ek bid dat Hy haar ten volle sal genees. Baie sterkte en dis lekker om weer van jou te hoor. :hug:

protea
Feb 6th 2009, 01:20 PM
Die Here hou al Marie -Elize vir haar hele lewe in die holte van Sy Hand en NIKS kan gebeur wat nie Sy toestemming wegdra nie. Antwoorde gaan ons baiekeer nie kry nie ,maar VREDE wel en dit bid ek julle toe:hug:

Willem
Feb 6th 2009, 03:06 PM
Goed om te hoot jong!

Vat haar vir swem lesse, die water help vir daai beentjies en voete ne selfvertroue :hug:

Die Filadelfieer
Feb 12th 2009, 06:09 AM
Welkom terug Lik, ek sekondeer oudste Willem se raad, die water bied ondersteuning vir die liggamente en spiertjies wat herstel, en is terapeuties ook bo-op dit alles. Gee vir ME 'n groot drukkie van Lighuis af !

Willem
Feb 12th 2009, 02:54 PM
My sussie is op Bronkhorstspruit en se daar is sover sy weet een plek wat swemklasse gee en wel 'n verhitte swembad binneshuis het. Weet nie verder nie en het die antie se naam vergeet iets soos yvonne aqua of so iets.. hoop dit help anders kry 'n groot "plestiek" drom wat swart is sodat dit in sonnetjie kan bak en laat sy daarin op en af spring in water ( miskien bietjie ketel water bysit? vir hitte , oppas net vir te warm )

Groete

marline
Feb 12th 2009, 03:37 PM
Hi Likkedila, die swemlesse is 'n uitstekende idee!!! Kry vir haar 'n "poolnoodle" wat sy aan hang, sodat haar beentjies vry is, dan kan sy lekker skop oefeninge doen. Was jy al by 'n terapeut, dan kan die sommer ook goeie oefeninge voorskryf. Baie :pray: vir julle.

Likkedilla
Mar 3rd 2009, 02:16 PM
Hi almal, ek kan so klein bietjie gou inloer. Ons het 'n rowwe tydjie agter die rug met Mari-Elize en dit het veroorsaak dat ek baie probleme by die werk gehad het. Na baie toetse en goeters het hulle nou gevind dat sy onder andere die Ecoli virus het. Dit is in die centrum van haar niere. Sy is op kroniese antibiotika vir die volgende 4 maande elke dag en dan daarna elke 2de dag. Dan ook verder is sy mos gebore met naelpatella sindroom en dit veroorsaak nierversaking. Nodeloos om te sę ons moet haar niere nou baie mooi oppas.

Ja dit is Heleen's Aqua hier in BHS. Ek soek dringend 'n huurhuis in die ooste van Pretoria sodat ek ME in Nuwe Hoop skool kan sit. ML werk ook nou in Pta so of hy ry of ek dit is dieselfde.

Sy word steeds behandel deur die fisio op BHS maar op hierdie stadium sukkel ons net vir oorlewing vir haar niere en sy mag vir eers nie swem nie. Sy het baie gewig verloor en weeg nou maar 20.2 kg. Sy word volgende maand 10