PDA

View Full Version : Wat is 'n afgod?



Lanie
Feb 6th 2009, 03:23 PM
Ek het 'n hele ruk terug 'n praatjie van Est Geldenhuys bygewoon. Een van die dinge waaroor sy gesels het was afgode. Hoe weet jy of iets vir jou 'n afgod is. Sy het drie punte genoem waarvan ek nou net 2 kan onthou. Die een is iets wat jou identiteit bepaal en die ander is iets wat jou sekuriteit bepaal. Ek wens ek kan die ander een onthou.... :(

Die voorbeeld wat sy genoem het was haar sussie-hulle wat hulle huis verloor het en hoe sy (haar sussie) besef het dat haar huis haar identiteit bepaal. Die voorbeeld van die sekuriteit was dat sy veilig voel by haar man.

Kom ons gesels bietjie oor die afgode in ons lewens. Wat was of is (miskien nog) die afgode in ons lewe waarvan ons moet afsien?

Ek byvoorbeeld voel sommige dae (darem nie permanent nie) baie weerloos wanneer die budget nie wil klop nie.....(sekuriteit)

My man en my kinders veral bepaal my identiteit in die sin dat ek myself sien as meer 'n vrou en mamma as enige iets anders...

Kom ons help mekaar om bietjie perspektief te kry oor wat het ewigheidswaarde en wat het nie..... :hug:

Die Filadelfieer
Feb 12th 2009, 05:52 AM
Baie goeie onderwerp hierdie Lanie. Ek dink as ons regtig perspektief oor die saak kry gaan ons almal verbaas wees oor wat ons werklik prioritiseer en wat ons veronderstel is om prioriteite te maak.
Dit ges twyfel ek baie sterk of die anker-wees van 'n huisgesin verkeerd is in die Here se o, jy onderhou in der waarheid die basis van die gemeenskap van die heiliges, en dit, vriendin, is 'n rare verskynsel. Vat vir jou 'n drukkie : :hug:


Dit ges, kan ons dalk meer oor afgode gesels ? Een van die mees fasinerendste tekste in die Bybel vir my persoonlik is hierdie ene, Ek. 12 : 12(b) :



En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE.



Wat dink julle van hierdie versie ? S God nie hier dat sommige afgode in der waarheid werklike entiteite is nie ?

Lanie
Feb 12th 2009, 06:51 AM
Thnks man.... hier's vir jou ook een. :hug:

Oor of Egipte se afgode werklike entiteite is weet ek nie.... so ver ek nog altyd verstaan het was hulle afgode niks anders as mensgemaakte beelde. Of nee, hulle het beelde gemaak van hulle gode wat hulle geglo het bestaan.... Maar God het bewys dat hulle niks werd is nie want hulle kon niks doen om Egipte te red van God se oordeel nie. Ek weet nie, Fila.... maar ek dink nie dis werklike entiteite nie..... miskien moet ons kyk of demone nie ook iets met Egipte se afgodsaanbidding te doen gehad het nie? Of vat ek nou 'n vet kans?

Lanie
Feb 12th 2009, 07:39 AM
Ek wonder nou ietsie anders. Al maak ons nie afgodsbeeldjies nie, is ons nie dalk baie keer skuldig daaraan dat ons probeer om God na ons beeld te vorm nie, of 'n beeld van Hom te vorm om by ons begeertes, idees, omstandighede aan te pas...?(Die Shack enige iemand?) Is dit dan nie ook 'n afgod nie? Ek dink dis ook nodig om seker te maak dat die Beeld wat ons van God het Reg en Bybels is..... en indien dit nie is nie, dit regkry sodat ons die Ware en Almagtige God kan dien wat ons gered het....

Son of the South
Feb 12th 2009, 08:52 AM
:agree:
Onder andere:

Hulle het aan die duiwels geoffer, wat nie-God is, gode wat aan hulle nie bekend was nie; nuwes wat kort gelede opgekom het, vir wie julle vaders nie gehuiwer het nie.

(Deu 32:17)



H7700

שׁד

shêd

shade

From H7736; a daemon (as malignant): - devil.


'n Oud kollega van my was in Thailand in 'n buddistiese tempel. Sy vra toe vir die gids waarom daar 'n gat in die muur is agter die Budda beeld. Die gids s toe dit is waar die demoon bly. :eek:

Die Filadelfieer
Feb 12th 2009, 09:19 AM
Lanie en SOS,
Is julle bewus daarvan dat elkeen van die plae 'n spesifieke egiptiese afgod geteiken het ?

Son of the South
Feb 12th 2009, 10:11 AM
Lanie en SOS,
Is julle bewus daarvan dat elkeen van die plae 'n spesifieke egiptiese afgod geteiken het ?Dit is net weereens 'n bewys van God se regverdigheid. Hy het vir almal bewys dat Hy die enigste ware God is en dat die Egiptiese afgode nie werd is om aanbid te word nie. Nogtans het hulle nie geluister nie en met die eerste geleentheid wat Israel het, toe hardloop hulle toe ook sommer weer terug na een van hierdie (verslane) afgode toe. Ai, ons mense is darem stjoepit goed! :o

marline
Feb 12th 2009, 12:46 PM
Lanie en SOS,
Is julle bewus daarvan dat elkeen van die plae 'n spesifieke egiptiese afgod geteiken het ?

Skies ek val nou hier in julle sop!! Fila,kan jy my dalk meer hiervan vertel, of waar kan ek meer hieroor uitvind? Thanx

Die Filadelfieer
Feb 12th 2009, 12:58 PM
Skies ek val nou hier in julle sop!! Fila,kan jy my dalk meer hiervan vertel, of waar kan ek meer hieroor uitvind? Thanx


Jy val nie in die sop nie, ons is mos hier om oor hierdie dinge te gesels ! :hug:


Hier (http://www.dabhand.org/Ten%20Plagues.htm) is 'n oulike tabel met die plaag en koresponderende god wat aangeval is.

marline
Feb 12th 2009, 02:47 PM
Hier (http://www.dabhand.org/Ten%20Plagues.htm) is 'n oulike tabel met die plaag en koresponderende god wat aangeval is.

Baie dankie, dit help baie.