PDA

View Full Version : Checkers se Hey-day ;)



Ta-An
Feb 6th 2009, 08:21 PM
Kanj y glo!!!!
Checkers se Hey-day spesiale kopies het my so pas 'n paar kilo's laat optel :B

Muffin mixes...... R7.99 elk, maar koop 2 en kry een gratis (P&P is R9.99 op die oomblik) so nou koop ek tjoklit muffin mengsels :rolleyes: en maak LEKKER nagereg daarvan, die roomys is R29.99 vir 2L en jy kry 'n heelike bottel roomys stroop gratis darmee saam....... so ek loop in by P&P... proe die heerlikste Malva poeding, maar dit kos R33 vir 'n ou klein bietjie:rolleyes: .... toe kry ek vreeeeeslik lus.... en kom maak toe lekker muffin poeding, met EKSTRA suiker stroop .... en bedien met roomys en room en cuppachino roomys stroop :help: nie 'n wonder my klere het alweer gekrip nie :rolleyes:

mari
Feb 10th 2009, 02:05 PM
Toemaar, An , dis nie die choklit muffins nie, dis mos daai goedkoop waspoeier wat jou klere laat krimp !! ...

:rofl: m

Ta-An
Feb 10th 2009, 05:23 PM
Toemaar, An , dis nie die choklit muffins nie, dis mos daai goedkoop waspoeier wat jou klere laat krimp !! ...

:rofl: mAg hoe goed laat jy my nou voel :pp

MG Van Wyk
Feb 25th 2009, 05:18 AM
Haai ACCM en Mari,

Ons was die naweek by Checkers Hyper:

Het julle geweet dat jy 'n 'rainyday' kaartjie kan kry by die teller of kliente diens as die produk wat jy wou koop op afslag was maar daar nie van die produk oor is nie? Se nou die produk is op verkooping vir 'n naweek en dit is uitverkoop op Saterdag dan kan jy een van die kaartjies kry, dan het jy op tot twee weke om die produk op te gaan tel teen die selfde prys as die uitverkoping (dit is wel net vir die vrydag en saterdag by die sondag reken hulle hul het die produk gehad). Dit geld vir alle produkte selfs as daar 'n produk is met 'n produk verniet... as jy nie die verniet produk kry nie want dit is uitverkoop kan jy die kaartjie vra en die verniet item binne twee weke optel.

Lanie
Feb 25th 2009, 06:36 AM
Dankie Mari! Ek het dit nie geweet nie. Ook maar lekker stout van hulle om nie hierdie brokkie inligting op groter skaal te deel nie, n!

MG Van Wyk
Feb 25th 2009, 06:45 AM
ek weet nie of dit by al die winkels is nie maar ek weet dit is wel by die groot checker hypers. Ja ons het dit toevallig by die slaghuis kant gehoor. Ek het met 'n dame daar gepraat oor vleis wat nie beskikbaar was nie en sy het ons vertel.

Ta-An
Feb 25th 2009, 12:01 PM
My vrieskas het natuurlik die gees gegee toe al die spesiale aanbiedinge op die vleis daar was :rolleyes:

Ek kry toe gelukkig 'n nuwe ene, maar die een wat ek wou h is uit voorraad uit, so ek moet wag tot einde van die maand..... so.... nou begin ek met 'n lee vrieskas :rolleyes: sonder lekker specials :cry:

:idea: Hierdie keer was ek slim...... en het vir manlief saam geneem sodat ek nie :rolleyes: weer :rolleyes: 'gemors' koop nie..... toe kry ek 'n vertikale (regop) SIEMENS :pp

MG Van Wyk
Feb 25th 2009, 02:24 PM
koop ek tjoklit muffin mengsels :rolleyes: en maak LEKKER nagereg daarvan,

Hey ACCM,

Ek gaan die naweek na my skoon ouers en moet vir die nagereg sorg hoe maak mens hierdie nagereg as jy nie omgee om te deel nie? :help:

Dankie Mari

Ta-An
Feb 25th 2009, 02:30 PM
Ek maak muffin mengsel aan soos op die pakkie, en gooi dan suikerwaterstroop met cocao gemeng bo-oor... dubbel die suiker as die water hoeveelheid en so 3E kakao, ek het dit nie neergeskryf nie,,,,, ek maak sommer net...

MG Van Wyk
Feb 26th 2009, 05:05 AM
Ek maak muffin mengsel aan soos op die pakkie, en gooi dan suikerwaterstroop met cocao gemeng bo-oor... dubbel die suiker as die water hoeveelheid en so 3E kakao, ek het dit nie neergeskryf nie,,,,, ek maak sommer net...

Dankie sal probeer... :)