PDA

View Full Version : Krediet kaarte



Ta-An
Feb 6th 2009, 08:40 PM
1.Het jou man al jou Krediet kaart stukkend gekip met 'n skÍr?? :hmm:
2. Kon jy al jou man daarvan oortuig dat die krediet kaart se limiet eintlik 'n "taget to reach" is :hmm:

Lanie
Feb 7th 2009, 06:25 AM
1. Nee, ek het dit sommer self gedoen....

2. :rofl: :rofl: :rofl:

Vriendinne, kredietkaart is 'n vloekwoord! As jy nie een het nie is jy geseŽnd!:yes:

Ta-An
Feb 7th 2009, 09:42 AM
Vriendinne, kredietkaart is 'n vloekwoord! As jy nie een het nie is jy geseŽnd!:yes:
Lanie, Lanie :rolleyes: .

Lanie
Feb 7th 2009, 10:51 AM
:lol: Moenie jou oge vir my rol nie. Al die manne sal saam met my stem. Veral my man. :lol:

Ta-An
Feb 7th 2009, 01:50 PM
:lol: Moenie jou oge vir my rol nie. Al die manne sal saam met my stem. Veral my man. :lol:Twee keer sÍ ek jou, twee keer al met die skÍr geknip :o

MercyChild
Feb 7th 2009, 05:26 PM
Twee keer sÍ ek jou, twee keer al met die skÍr geknip :o

lol...........gits so gepraat van kredietkaarte, ek is bevrees dat die banke hier by ons besig is om bankrot te loop. Elke keer as ek geld wil trek, se dit dat daar nie geld beskikbaar is nie...........Wat word van ons ekonomie, vra ek jou!:eek:

Lanie
Feb 7th 2009, 05:37 PM
:rofl: :rofl: :rofl: :rofl: :rofl: Dieselfde gebeur met my!!!!

paidforinfull
Feb 7th 2009, 06:07 PM
Twee keer sÍ ek jou, twee keer al met die skÍr geknip :o

:rofl::rofl::rofl::rofl:

Aai, hoe lekker lag ek nou !!!!!!!!

Nee wat, ek het nie eers 'n krediet kaart nie - nog nooit een gehad nie :cry:.

Dis waarvoor SYNE daar is :pp:pp:pp:pp:pp:pp

Nee, ek grap sommer - ek is nie lief vir kredietkaarte nie - gebruik sommer my debietkaart (het darem my eie een :) ).

Ta-An
Feb 7th 2009, 06:41 PM
...........Wat word van ons ekonomie, vra ek jou!:eek:Ja, nee die plastiek raak nou te dun :rofl:

paidforinfull
Feb 7th 2009, 06:51 PM
Ja, nee die plastiek raak nou te dun :rofl:

Aai, ek het jou sommer vir hierdie pos gerep - dit is nou fyn gese :rofl::rofl:

Ek wil nou net een ding weet - werk dit nie so dat wat joune is is joune en wat syne is is ook joune nie? Het julle nog nie julle mans hierdie wonderlike waarheid geleer nie?

Education education education, dames!!

As 'n man eers hierdie begrip onder die knie het is alle stres sommer uit die huwelik uit (en sal die nare gewoonte van kaart versnippering ook sommer op 'n einde wees).

Ek dink ek moet 'n blog getiteld "Household Economics 101" skryf. Laat weet maar as daar so 'n nood bestaan ...

marline
Feb 8th 2009, 11:16 AM
Julle is so skerp!!!!!:lol::lol: Het julle in die messe laai geslaap? Ek wou al my man se kaart stukkend sny as hy net nie so groot en sterk was nie!! :bounce::D:bounce:

MercyChild
Feb 8th 2009, 11:21 AM
Op 'n meer ernstiger noot.............ja, kredietkaarte is my grootste vyand, en geen vriend nie, ek bly maar weg van hulle, want dit kry my net in die moeilikheid.......Ek lees eerder die Sarie, sy is mos 'n vriendin vir elke vrou .......lol:D

Ta-An
Feb 8th 2009, 02:57 PM
... Sarie, sy is mos 'n vriendin vir elke vrou .......lol:D :rofl: Ja sussie, Sarie :lol: en niemand maak beter tee as sy en Vyf 'Rooi Rose' nie :idea:

Ta-An
Feb 8th 2009, 02:59 PM
Ek wou al my man se kaart stukkend sny as hy net nie so groot en sterk was nie!! :bounce::D:bounce:My man se kredietkaart is soos 'n ou 2c met Jan van Riebeeck op ... hy knip sy oe teen die skep lig :cool:

marline
Feb 9th 2009, 05:29 AM
My man se kredietkaart is soos 'n ou 2c met Jan van Riebeeck op ... hy knip sy oe teen die skep lig :cool:

My man s'n weer soos 'n ou R2 noot, hy rek Jan v Riebeeck dat sy oŽ traan!!!!