PDA

View Full Version : Inligting Dis nou hoe mens met hoenders boer :)



Ta-An
Feb 8th 2009, 04:10 PM
http://dovefarm.org/eggs.htm

'n Hoenderhok wat jy kan verskuif na gelang van weiding :idea:

R30 per dosyn eiers :eek:

Maar dit klink of dit lekker kan smaak ;)

marline
Feb 8th 2009, 05:27 PM
Dit is mos baaaie meer vriendelik!! Die wreedheid teen diere, le-hoenders inkluis pla my al lankal. Ek koop maar die free range, vir wat dit werd is.

Ta-An
Feb 8th 2009, 07:17 PM
Lekker vars grassies elke dag, hulle is beskermd.... en die res van die gras kry kans on the groei :pp

Die Filadelfieer
Feb 12th 2009, 06:00 AM
My jitte ja. Uiteraard kan mens dit nie op groot of selfs medium skaal wil doen nie, maar dit bly 'n oulike idee vir 'n huisgesin. Mens sal verbaas wees oor hoeveel eiers van net 'n paar flukse hennetjies kom.

Ek hou ook daarvan dat hulle dit so organies as moontlik hou. Ek vermoed ons besef nie aldag hoe sleg moderne kos met al die bygevoegde chemikaliŽ vir ons is nie ( eiers ingesluit ) , maar die hoŽ insidente van metabolies gedryfde siektes soos diabetes is 'n duidelike indikator hiervan.

Ta-An
Feb 12th 2009, 11:56 AM
Fila, ek soek so 'n stukkie grond soos joune :idea:

Die Filadelfieer
Feb 12th 2009, 12:13 PM
Ons is inderdaad baie geseŽnd met ons stukkie grond, jy sal nie glo hoeveel kos wat ons self verbou ons weg gee nie, en nog steeds land daar baie op die komposhoop.

Maar,

'n Klein stukkie grond, selfs in mens se tuin in die dorp, kan 'n groter oprengs lewer as wat die meeste mense besef. Ons speel nog steeds die organiese speletjie, is meer werk, maar dit bly lekker. Ek sal dit veel eerder aanbeveel as om groente te groei wat vol gif gepomp is.