PDA

View Full Version : Mighty Men 2009



Ta-An
Feb 12th 2009, 12:38 PM
Wie van julle manne gaan Shalom toe hierdie jaar??

Roelof
Feb 12th 2009, 12:46 PM
ACCM

Ek lees hulle verwag 200 000
Angus gebruik bedryfsingenieurs om te help met die beplanning, vloei van verkeer, berekeninge vir water en kos ens.

Ta-An
Feb 12th 2009, 01:38 PM
Hoe bespreek mens om te gaan??

protea
Feb 12th 2009, 01:45 PM
Jy moet blykbaar bespreek voor n sekere datum (op hulle webwerf ?) Watervoorsiening is hulle grootste kopseer en hierdie jaar moet elke ou sy eie kos bring. Dink net aan die vullisverwydering as 200 000 manne uit blikkies lewe vir n naweek....;)

Willem
Feb 12th 2009, 03:14 PM
Ok,

http://www.mmc09.co.za vir besprekings ( laat weet asb watter nommer julle kry ek probeer uitwerk hoeveel ons gaan wees )

As jy net dagbesoeker wil wees kos dit niks ( ek is die jaar een, so hoop die kar is gemaklik want ons gaan seker paar uur in kar sit en rondry :pp )

As jy wil kamp is daar keuse om te kamp en terrein te kies. Koste is R150 per kop vir naweek.

Julle sal ok sien die kampe is in provinsies ens ingedeel , bv kmap vir gestremdes ( terloops daar is bediening in PTA wat 1000 dowes wil vat sodat hulle weer onder dowe gemeenskap kan arbei :pp ek sal dit darem so geniet as die Heer die klomp se gehoor herstel, maar dis maar menslike begeerte daai net om te kan lekker kry oor God se almag en krag )

Tips
Vat 'n hoed ! daar is nie 'n tent nie ( laasjaar was grootste tent in wereld en helfte het buite gesit ) dis 'n wonderlike gesig om stoelpote in die lug te sien as die reen val i.p.v manne wat loop :pp

Ek vat een van daai driepoot kampstoeltjies ook, ek dink daar gaan meer stere as stoele wees

Hulle tips vir die wat kamp:
Things to bring if you are camping
Tent
Sleeping bag
Flash light (flits)
Toiletries & backup toilet paper
Tooth paste & tooth brush
Mosquito repellent
Large hat / cap
Rain coat
Own food
Cash (if you want to buy food & snacks)
Drinking water (10 litres)
Clean clothes
Bible & notebook & pen
Black refuse bags
Basic & chronic medication
NB! Fill up on fuel 100km from Greytown

Vir die tannies en sussies hier : BID asb vir ons en dat die Here dit sal seen tot SY eer alleen! Ek het laasjaar gereeld gesit en trane pik toe ek na die tyd lees van al die dames wat vir ons gebid het... dit werk! daar was nie humeure nie, die manne het ure in verkeer gesit en besluit om te kuier :pp

Sekuriteit ook

ONLY VALID TICKET HOLDERS WILL BE ALLOWED ACCESS
No riding of quad bikes, dirt bikes or motorbikes will be allowed on camp grounds
You may arrive at MMC'09 with your motorbike
No open fires allowed
Due to nature of event, winter season, dry plants and surrounding areas of forest, open fires are a high risk and we would prefer you to use gas equipment.
No alcohol allowed
No weapons allowed
No soaps or shampoos allowed
Bio-degradable soap will be provided for you
No pets allowed
No unauthorised, private vendors allowed
No unsolicited marketing and advertising allowed
All men over the age of 12 years welcome!
No women allowed in the camp site :kiss: dis omdat ons julle liefhet , soggens vroeg as die son net opkom stort hulle in groot gemeenskaplike storte ( dis nou die wat nie laatslaap soos wat ek gedoen het nie. )

O en as die dames by is dan val die volume van die sang en raak ons rustiger en ? durf ek dit se ? "skaam ?" :rofl: :hug: die manne weet hulle kan nie sonder julle nie. Dankie


o en hier is van die voorberieding wat hulle al gedoen het
Preparing the land
There are some major preparations made to host MMC'09. Here are some facts about the infrastructure that goes into preparing the land.

5 farmers opened their farms for camping
3,500,000 m2 of camp area
1,200 tons of grass cut and baled
9,000 round bales produced
8km of underground water pipeline installed
330,000 liters of water per hour for showering


Wie gaan ek daar raakloop ?

Die Filadelfieer
Feb 13th 2009, 06:31 AM
Wow. 200 000 mense is BAIE . Dit gaan voorwaar 'n logistieke nagmerrie wees.

Gene
Feb 13th 2009, 09:34 AM
Ek begin 'n onrustige gevoel hier binne kry oor hierdie byeenkomste. Asseblief, hoor my hart, ek wil nie kritiseer nie. Angus Buchan is in my oe 'n man van God en hy word kragtig deur die Here bereik. Ek wil regtig niks wegvat daarvan nie.

Maar dink julle nie die dam word so bietjie onder die eed uitgeruk nie? Word Angus Buchan nie dalk die god wat aanbid word, in plaas van God nie? Ek meen, hoeveel van daardie 200 000 manne wat van oral oor die land kom, en geen moeite of koste ontsien nie, sal dieselfde moeite doen om 'n erediens wat deur "ds. Piet Pompies", (wat dalk net so kragtig deur die Here gebruik word), by te woon? Angus Buchan praat suiwer Woord, maar hy is beslis nie enigste man van God in SA wat suiwer Woord verkondig nie. Is dit regtig al die koste en moeite werd? Gaan dit nie dalk oor die mens, eerder as oor God nie? Of gaan dit nie dalk oor die "ervaring" terwyl God op die agtergrond geskuif word nie?

Ek weet nie, se asseblief wat julle dink. Ek wil nie iets wat mooi is, en dalk deur God self geinisieer word, afkraak nie. (Ek sou self bitter graag so geleentheid wou bywoon) Ek sal net wil sien dat God die Middelpunt is en niks anders nie. En die verskriklike bohaai maak my bekommerd....

Die Filadelfieer
Feb 13th 2009, 10:11 AM
Gene,
Dit wil voorkom asof oompie Angus en die mense wat vir hom kom luister se intensies nie altyd dieselfde is nie. Mens moet natuurlik versigtig wees om te veralgemeen, maar dit behoort interesant te wees om byvoorbeeld te sien hoeveel van laasjaar se manne by 'n gemeente betrokke geraak, en gebly het, of nog elke dag Bybelstudie doen, ensovoorts.

Willem
Feb 14th 2009, 11:18 AM
Gene,
Dit wil voorkom asof oompie Angus en die mense wat vir hom kom luister se intensies nie altyd dieselfde is nie. Mens moet natuurlik versigtig wees om te veralgemeen, maar dit behoort interesant te wees om byvoorbeeld te sien hoeveel van laasjaar se manne by 'n gemeente betrokke geraak, en gebly het, of nog elke dag Bybelstudie doen, ensovoorts.

Dis natuurlik die ware toets ne' ! :pray:

Ek sal nou derde keer gaan en miskien laaste keer wees? :hmm: Net die Here weet of ek weer moet gaan en of dit weer gaan gebeur?

Maar ek het God leer ken eerste keer ( bedoelende besef van die sondaar wat ek is voor God en God se almag en heiligheid -- miskien meer die almag as heiligheid aangesien ek nog baie sukkel en struikel ) ( ek beskou dit tans as my redding / bekering / terugkeer en as die laaste keer :pray: )dit het my geloof versterk en my versekering gegee ( na baie bid en lees weet ek nou dis nie iets wat ek doen nie maar 'n werk wat God in my doen en SAL voltooi / natuurlik ook self ondersoek of ek werklik in die geloof is ! :eek: ) en ek het geleer om alles vir die Here te gee ( die realitiet is nog nie daar nie :cry::blush: , maar die vra is elke dag daar dat Hy alles moet wees in my lewe --

Laasjaar het Angus vir ons gedeel hoe hy met God praat ( bid maar om alles te deel soos met 'n stunning pa seun verhouding waar jy pa met alles vertrou en op sy oordeel en advies en help staatmaak ) hy het ook vir ons verduidelik om bybelstudie te doen op wyse wat die' dommie kon doen en nie so akademies was soos wat ek voorheen verduidelik was of so uuuhhmm jy lees net nie....

en ek dink dis die doel van die kampe wat mense vergeet , om ons jong ouens te leer om mans te wees , verantwoordelikheid te vat vir dit wat God van ons verwag en daai rol te neem ( as Hy nie die krag gee nie sal ek dit in elk geval nie kan doen nie ) en die Woord as maatstaf te neem. Hy noem dinge soos homoeksualiteit en rasse issues ook op die naam en se reguit dat dit nie volgens Woord is nie, ons moet die mens liefhe , maar ons mag nie die sonde goedpraat nie en die sonde bly 'n sonde.

As die mense meer 'n ophef van hom maak as van Ds Piet, gaan hulle 'n rude awakening op die kamp he, want hy se direk vir ons om 'n kerk te soek wat die Woord verkondig en Woord getrou is, om deel te word van 'n gelowige gemeenskap ( kerk ens. ) maar jou tyd met God ( gebed, stiltetyd wat ek terloops nooit verstaan het nie ) en om dit vir Jesus te doen ( Jesus meer word ek minder ? ) kom altyd eerste , dan jou gesin en dan die bediening wat jy vir die Here doen en die werk wat jou brood verdien ens. Daar is verseker mense wat meer op hom fokus as op die Here, maar bid vir hulle dat die boodskap deurkom en hulle hul sonde besef en God se genade en almag en verlossing sal kan leer ken.

Ek is self 'n gaatjieponner ? :rofl: en nog in die gemeente waar ek was suiwer omdat ek nog vrede het dat ek daar moet wees. Is nou aktief betrokke by sel elke week ( alhoewel die eerste ruk gesukkel het om betrokke te raak by manne bybelstudie wat intussen lyk my verdwyn het :cry: ) het die Here tog gesorg vir maniere om in te skakel en ook te kan dien? ( uithelp voel meer soos wat ons doen)

Ons het ook nou nuwe predikant gekry en hy klink tot dusver asof hy afhanklik van God leef/besef so ek het hoop dat die gemeente se gebede vir 'n leraar wat God vir ons sal voorsien beantwoord is. Dieselfde issue wat Gene opgebring het was blykbaar voorheen ook in ons gemeente ? mag dalk pot mis sit , maar daar was issues .... so dit gebeur waar klomp van ons rondekop gediertes bymekaar kom maar oral. :hmm:

Phil Fourie
Feb 16th 2009, 06:36 AM
Ek begin 'n onrustige gevoel hier binne kry oor hierdie byeenkomste. Asseblief, hoor my hart, ek wil nie kritiseer nie. Angus Buchan is in my oe 'n man van God en hy word kragtig deur die Here bereik. Ek wil regtig niks wegvat daarvan nie.

Maar dink julle nie die dam word so bietjie onder die eed uitgeruk nie? Word Angus Buchan nie dalk die god wat aanbid word, in plaas van God nie? Ek meen, hoeveel van daardie 200 000 manne wat van oral oor die land kom, en geen moeite of koste ontsien nie, sal dieselfde moeite doen om 'n erediens wat deur "ds. Piet Pompies", (wat dalk net so kragtig deur die Here gebruik word), by te woon? Angus Buchan praat suiwer Woord, maar hy is beslis nie enigste man van God in SA wat suiwer Woord verkondig nie. Is dit regtig al die koste en moeite werd? Gaan dit nie dalk oor die mens, eerder as oor God nie? Of gaan dit nie dalk oor die "ervaring" terwyl God op die agtergrond geskuif word nie?

Ek weet nie, se asseblief wat julle dink. Ek wil nie iets wat mooi is, en dalk deur God self geinisieer word, afkraak nie. (Ek sou self bitter graag so geleentheid wou bywoon) Ek sal net wil sien dat God die Middelpunt is en niks anders nie. En die verskriklike bohaai maak my bekommerd....

Eugene

Ek deel waarlik jou bekommernis, soek die mens nog 'n intieme verhouding met God in sy binnekamer of soek die mens 'n belewenis, 'n belewenis wat geskep word deur massas mense.

Ek dink byvoorbeeld aan man en vrou, waar leer hulle mekaar ken, wanneer hulle alleen tyd met mekaar spandeer of wanneer hulle tussen klomp ander mense is?

Ek sien net 'n tendens met sulke geleenthede dat mense dit beginne gebruik as 'n geestelike kruk en nooit uitkom by 'n persoonlike verhouding met God nie, verskoon die veralgemening, ek weet dit is nie altyd die geval nie.

Gene
Feb 16th 2009, 06:53 AM
Ek wil beslis nie veralgemeen nie, natuurlik geld my bekommernis nie vir almal wat Angus se byeenkomste bywoon nie. Ek ek sal verseker ook aanbeveel dat soveel moontlik mense sy byeenkomste bywoon, want dat die Here hom gebruik, is gewis. Ek se net, ons moenie perspektief verloor nie.

Net 'n voorbeeld. Verlede jaar was daar ongeveer 40 manne uit ons gemeente wat MMC bygewoon het, en vanjaar beplan hulle 'n groooot uittog daarheen, meer as dubbel soveel manne sal gaan. Met "loftus vir Jesus" het net so groot groep gemeentelede gaan luister. Maar twee weke gelede het ons "week van gebed" gehad, wat gelei was deur Dr Francois Carr van Heartcry International (Diegene wat hom ken, sal weet dat dit by uitstek 'n man van God is, wat wonderlik deur die Here gebruik word) En tydens die week se dienste was die opkoms power, om die minste te se. Sommige aande was daar nie eens 30 mense teenwoordig nie, mans vrouens en kinders tesaam. Waar was almal wat soveel moeite gedoen het en soveel geld bestee het om na Angus Buchan te gaan luister?

Dit is wat my bekommer. Ek stem saam met Phil, dat baie mense hierdie geestelike "ervarings" nodig het om geestelik te oorleef. En as die emosie en die "gevoel" verdwyn, is daar geen fondament om hulle staande te hou nie.

Lanie
Feb 16th 2009, 07:15 AM
Die feit dat hulle elke jaar al hoe meer mans daar wil en kan kry is seker 'n goeie ding (behalwe vir die logistieke probleme wat dit oplewer), maar die woord massa-histerie wil-wil aanhou by my opkom.....

maar...

die engele juig oor elke siel wat gered word en al is dit vir baie mans dalk net 'n ervaring is daar verseker heelwat mans wat net nodig gehad het dat die Heilige Gees oom Angus gebruik om 'n vuur onder hulle sitvlakke (of in hulle harte) aan te steek sodat Hy die werk verder kan vat. Ek vir een is baie bly dat my man verlede jaar gegaan het en ek is baie (nee vrek-opgewonde) want hy het klaar gesÍ dat hy sy pa, sy swaer, sy kollegas, sy skoonpa (my nuwe pa) alma wil saamvat. Miskien is dit vir hulle net 'n ervaring maar miskien, miskien het die engele rede om oor hulle te juig na daardie naweek..... ek gaan baaaaaaaaiiiiieeeeeeeeeeee bid. :)

Phil Fourie
Feb 16th 2009, 07:38 AM
Eugene

Se vir my, Dr Carr is verbonde aan Heartcry waaraan Paul Washer ook verbonde is? Is dit dieselfde Heartcry wat ons hier van praat?

Ta-An
Feb 16th 2009, 08:25 AM
Phil, hoekom kom laai jy nie my laaitie op en vat hom saam met jou MM toe nie?? :hmm:

Die Filadelfieer
Feb 16th 2009, 08:34 AM
..... ek gaan baaaaaaaaiiiiieeeeeeeeeeee bid. :)


Ek dink jy het die regte reaksie hier beet ! :pp

Gene
Feb 16th 2009, 12:46 PM
Eugene

Se vir my, Dr Carr is verbonde aan Heartcry waaraan Paul Washer ook verbonde is? Is dit dieselfde Heartcry wat ons hier van praat?

Phil

Die naam Paul Washer ken ek nie, so ek kan nie verseker se nie. Maar Francois Carr staan aan die stuur van sake by die Heartcry waarvan ek praat (of dalk net die Suid-Afrikaanse vertakking daarvan.) Nadat hy vir jare lank die Besturende Direkteur van Herlewing SA was, het hy by Heart Cry SA betrokke geraak (Vroeer was hy in die staande mag, totdat die Here hom geroep het om voltyds vir Hom te werk) Presies hoe die vurk in die hef steek, weet ek nie, maar hy het baie nou bande met Henry Blackaby van "Beleef God" faam (in Kanada) Hy, dis nou Francois Carr, preek ook gereeld in verskeie lande oorsee.

Die amptelike webwerf van Heart Cry SA is nog nie in werking nie, maar jy kan hier so bietjie inligting kry as jy belang stel. http://www.hisekklesia.com/hc/index.php?option=com_contact&view=contact&id=2&Itemid=47

CFJ
Feb 16th 2009, 01:13 PM
Wie van julle manne gaan Shalom toe hierdie jaar??

Verlede jaar het die Here my gedring om te gaan en ek was nie spyt nie, maar of ek weer sal gaan is sterk te betwyfel. Mens leef geestelik omdat mens in 'n verhouding met Jesus is en so 'n verhouding leef sonder getalle. Al rede hoekom ek sal gaan, is as die Here my weer oortuig of dring, maar op hierdie stadium kan ek geen Bybelse regverdiging vind om weer te gaan nie.