PDA

View Full Version : Bekeer van wat ?



Die Filadelfieer
Feb 13th 2009, 10:34 AM
On lees in Mat. 3 van Johannes die Doper wat die volgende sÍ :



Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. (Mat 3:2)



Later raas hy met die Fariseers en Saduseers en sÍ weer :


Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is? 8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas.


Soos ek dit verstaan het Jesus tot op daardie stadium nog nie begin preek nie, en ook nie Homself verkondig as Christus nie. Sou die FarisŽers etc. dus geweet het waarvan Johannes praat ? Volgens Johannes, waarvan moes hulle dan bekeer ? :hmm:

Lanie
Feb 13th 2009, 01:56 PM
Die FariseŽrs en SaduseŽrs se lewens was in die meeste opsigte sondig en onopreg. Johannes spreek heel moontlik hulle skynheiligheid en die feit dat hulle godsdiens gebruik om hulle posisies in die samelewing of politiek te versterk aan.....

MercyChild
Feb 13th 2009, 02:00 PM
Die FariseŽrs en SaduseŽrs se lewens was in die meeste opsigte sondig en onopreg. Johannes spreek heel moontlik hulle skynheiligheid en die feit dat hulle godsdiens gebruik om hulle posisies in die samelewing of politiek te versterk aan.....

Ek staan vas by wat Lanie se................

Die Filadelfieer
Feb 16th 2009, 05:55 AM
Goed, kom ek vra die vraag so : Na wat/wie toe moes hulle bekeer ? Het hulle maw reeds geweet van Jesus, of het Johannes 'n ander boodskap gehad ?

Lanie
Feb 16th 2009, 06:40 AM
Fila, het hy nie net bedoel hulle moet ophou met hulle sonde nie? (omdat hy geweet het die tyd vir Jesus se bediening gaan binnekort aanbreek.) Hy het tog geweet dat Jesus die Messias is (seker van kleins af), maar hy het seker nie presies geweet wat Jesus gaan kom doen nie, of het hy? So dalk wou hy hÍ hulle moet afsien van die sonde in hulle lewens sodat hulle harte reg kon wees om Jesus se boodskap te ontvang.....