PDA

View Full Version : Wind en reen: Noodsaaklik?



MercyChild
Feb 19th 2009, 12:07 PM
Soms is ons Christen loop is dit nie altyd maklik nie, en baie maal vrae ons vrae, waarom winde van omstandighede so waai, en waarom sittuasies soos reen op ons neersak…….Hierdie week het ek beslis ‘n baie, baie waardevolle en eenvoudige les geleer. Tydens my lees van die gelykenis van die saaier in Markus 4, het ek uiteindelik gesnap waarom reen en winde in ons Christen loop noodsaaklik is.

As ‘n mens saad saai, en ‘n oes verwag, word daar nie net alleen son benodig nie, maar ook reen vir die saad om te groei, en wind word benodig vir bestuiwing……….Sonder hierdie elemente weet ek nie of daar ‘n oes gelewer sal word nie. Dus in ons loop is winde van omstandighede en reen ook nodig, want dit is hierdie elemente wat ons in Christus laat groei……….en slegs as ons in Hom groei, kan ‘n oes verwag word.

mari
Feb 19th 2009, 01:31 PM
MC......

( wow, maar jy groei in huppelstappe ! )

'n Reen storie :

.... laasjaar hierdie tyd het ons oorstromings gehad en almal het gekla oor al die reen .........

.... nou die laaste paar weke het ons dag na dag lieflikke sonskyndae hier in die suidkaap.......... ons grasperke blink goudvaal in die sonnetjie........ want ons mag nie natspuit nie....... die rivier is nou so leeg dat daar water met trokke aangery moet word......... en daardie water kan nie gedrink word sonder om gekook of gefilter te word nie..........

..... laas Sondag is 'n biddag vir reen gehou in al die kerke...... Woendag oggend het die hoof van die plaaslikke skool al die klasse saal toe geroep vir 'n dankseggings diens vir die reen wat mildelik begin val het....... sondag het ons almal papnat en jubelend by die kerk opgedaag.......... 'n week later is ons resevouir weer 80% vol ...........

... die poeetiese onder ons kon sweer die bloekomboom plantasies klap hande .........

.... ons klomp hier leer heelwat uit die natuur deesdae..........

groete
m

bennie
Feb 19th 2009, 07:46 PM
Soms is ons Christen loop is dit nie altyd maklik nie, en baie maal vrae ons vrae, waarom winde van omstandighede so waai, en waarom sittuasies soos reen op ons neersak…….Hierdie week het ek beslis ‘n baie, baie waardevolle en eenvoudige les geleer. Tydens my lees van die gelykenis van die saaier in Markus 4, het ek uiteindelik gesnap waarom reen en winde in ons Christen loop noodsaaklik is.

As ‘n mens saad saai, en ‘n oes verwag, word daar nie net alleen son benodig nie, maar ook reen vir die saad om te groei, en wind word benodig vir bestuiwing……….Sonder hierdie elemente weet ek nie of daar ‘n oes gelewer sal word nie. Dus in ons loop is winde van omstandighede en reen ook nodig, want dit is hierdie elemente wat ons in Christus laat groei……….en slegs as ons in Hom groei, kan ‘n oes verwag word.


jy is reg MC. Ons het reen en wind(van voor af;)) nodig in ons lewens.
Dankie vir die reminder.

bennie

mari
Feb 20th 2009, 08:00 AM
jy is reg MC. Ons het reen en wind(van voor af;)) nodig in ons lewens.
Dankie vir die reminder.

bennie


bennie.....

soms is die wind ook van agter ..... wat ons prestasies aanhelp sonder dat ons daarop mag roem !!! ..........


:bounce: