PDA

View Full Version : Shabbat



marline
Feb 20th 2009, 03:59 AM
Wie van julle hou Shabbat? Ons het 'n shabbat aand verlede Vrydagaand gehad, dit was wonderlik! Daar is 'n Tannie wat die gebruike en rituele aan ons gedemonstreer en verduidellik het. Sy het 'n diep verhouding met Onse Heer, en onderhou die Shabbat, wat ook al gebeur. Veral dryf sy nie handel op die Shabbat nie. Sy se, dat dit nie wet is nie, maar dit behaag die Here as jy sy opdragte gehoorsaam. Ek sal graag julle insette wil hoor.

Phil Fourie
Feb 20th 2009, 06:00 AM
marline

Ek sal graag dat ons kyk of die Here Jesus ons ooit opdrag gee om die Sabbat te onderhoud. Jy moet een ding wel in gedagte neem, eerstens, ons is nie Jode nie, en tweedens, hierdie is die eerste stap na wettisisme.

Waar staan die 7de Dagse Adventiste vandag juis oor hierdie "mooi" gebruik? :hmm:

Ek kan nie anders as om jou te waarsku hierteen nie.

Phil Fourie
Feb 20th 2009, 06:01 AM
Marline

Ek wil ook net graag bysit:

Wette onderhou is nie wat die Here behaag nie, heiligheid is wat die Here behaag.

Psalm
Feb 20th 2009, 07:26 AM
Ons broerder Paulus het ook hiermee te doen gekry...

Gal 1:6 Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai. Maar al sou ons of n engel uit die hemel julle n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom n vervloeking wees! Soos ons vantevore ges het, s ek nou ook weer: As iemand julle n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom n vervloeking wees!

en

Gal 3:1 o, Onverstandige Galsirs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se o Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees? Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was! Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?

Ek dink nie eers dis nodig om Kollossense 2 aan te haal nie...

Psalm
Feb 20th 2009, 07:36 AM
Vergeet om te s, jy het genoem dat die tannie ges het dat dit nie wet is nie?
Sabbat is 100% wet, sy vertel of wetend 'n GROOT leun of onwetend.
Hoe weet sy wat die "gebruike en rituele" is op die Sabbat? - Seker geleer uit die wet uit - maar dis nie wet nie s sy?

Sy s dis nie wet nie - nou watse Ander leringe is dit dan?
Is dit wet - dan is dit wetties.

marline
Feb 20th 2009, 04:41 PM
Ag jammer, ek het nou nie iets van onse Tannie vertel nie. Sy was vir jare 'n NG predikants vrou, en het baie studies gedoen. Sy het 'n studie in die Joodse gebruike gedoen, en begelei gereeld toere Israel toe. Sy is al 81 jaar oud, en diep gelowig. Mens raak maklik meegevoer as iemand so entoesiasties oor iets is, en daarom kom klop ek altyd hier aan vir balans.

marline
Feb 21st 2009, 12:40 PM
Ek kan nie anders as om jou te waarsku hierteen nie.

Ek hoor wat jy s Phil, ek het ook op 'n ander forum daaroor gaan oplees, maar het nog nie kans gehad om my Bybel oor hierdie onderwerp oop te slaan nie.
Ja, ek is maar versigtig.
So hele ruk terug is daar ook gepreek oor Halaal produkte op die supermarkte se rakke, wat Christene nie moes gebruik nie. Dit het ook gou oorgewaai toe die ander produkte onbetaalbaar duur raak. Kan jy van so iets onthou?