PDA

View Full Version : Gebed: Gebed vir doop



MercyChild
Feb 24th 2009, 08:01 AM
Ek word na 'n lang uitgestrekte verwagting mre gedoop.........Ek het so lank hierna uitgesien, maar bevrees dat ek nog nie perfek is nie.

Dit is my gebed dat ek mre die ou mens ten volle sal afl, en dat niks my sal verhoed om koue voete te kry nie.........

Die vyand was besig die afgelope tyd, en het my soms in moedeloosheid gelaat, ek kan ook byvoeg dat ek nie altyd die beste besluite geneem het nie.
Ek het besef in die week, dat ek alles in die lewe kan verloor en nogsteeds nie eintlik veel verloor het nie, maar as ek Jesus Chirstus sou verloor, dan verloor ek alles.......

In my hart is ek opgewonde oor die doop, en wil die Wil van my Vader doen!:)

Ek wil God werklikwaar die eer gee, omdat Hy my die kans gun om my lewe met Hom in orde te kry......... Want Hy kom toe, die lof, die eer en die aanbidding van ons harte:pray:

CFJ
Feb 24th 2009, 08:13 AM
Hi Linda,

Ek is seker elkeen wat hier lees, sal in die Gees saam jou wees! :pray: :hug:

mari
Feb 24th 2009, 09:01 AM
Ek word na 'n lang uitgestrekte verwagting mre gedoop.........Ek het so lank hierna uitgesien, maar bevrees dat ek nog nie perfek is nie.

Dit is my gebed dat ek mre die ou mens ten volle sal afl, en dat niks my sal verhoed om koue voete te kry nie.........




Ons gebede is met jou, Linda ....

Onthou, die doop is jou stap in gehoorsaamheid, die "perfek" maak is nie jou probleem nie, slegs die bereidheid is jou verantwoordelikheid, en die "renewing of the mind" na Sy Woord, die res is God se werk, en dit is reeds gedoen in Christus.......

...... soos jy die Woord deel maak van jou denke en lewe, so word die "perfektheid" al meer en meer duidelik in jou lewe ........

.... jy hoef nie " 100% " enigiets te wees om deur die doop water te gaan nie .... jou doen dit in geloof in die werk van Christus in jou......:pp..... in in Christus in jy 200% !!!!! .........

:hug:
m

Psalm
Feb 24th 2009, 11:39 AM
Mercychild,
Net my eie klein kort getuienis ivm my doop:
Ek het n sondebesef gehad, en myself waarlik bekeer tot God, ek het besluit om die oue sondige mens te begrawe en op te staan as 'n nuwe mens in Christus. Ek het besluit om wanneer ek uit die water uit kom, die ou mens agter te laat en my hele lewenswandel saam met God te wandel, te doen soos God van my verwag, klaar te maak met die ou vrot dinge en nie die ou sondige mens op te wek wat net daar en dan gaan agterbly nie. Ek wil gehoorsaam wees aan God en Sy Woord en die leiding van die Heilige Gees te volg.
Ek was iemand wat nooit praat nie en op skool sou ek vir die meneer of juffrou se as ons moet 'n praatjie gelewer het gee maar nul, want ek was te skaam, maar met my doop net voor ek onderdompel is het ek vir die hele gemeente net voordat ek gedoop is gese dat ek besluit het om te wandel saam met God!
Ek het groot verwagtinge gehad, ek meen ek het gedink die Heilige Gees gaan op my neerdaal soos n duif wanneer ek uit die water uitkom en dalk gaan daar ook n stem uit die hemel uitkom wat my gaan bemoedig of so en niks van die sienlike of hoorlike dinge het gebeur nie, geen sigbare Heilige Gees het soos n duif op my neergedaal nie, geen stem uit die hemel, geen engele wat sigbaar juig en hande klap nie, geen sigbare wonderwerk nie. Ek was so bietjie teleurgesteld gewees maar gebly by my besluit in geloof en hoop om te wandel met God!
Daar het toe n groot wonderwerk eintlik gebeur In my hart, ek het opgehou vloek Omdat ek dit begin verpes het as ek n vloekwoord hoor, maar tog jammer gevoel vir die person wat vloek want hulle besef nie waaroor die lewe gaan nie. Ek het begin haat die dinge wat verkeerd is en die goeie regte dinge vreeslik begin liefhe, en die Heilige Gees het my as ek dit so kan noem meter in my hart geword wat begin uitwys het Goed, sleg, luister, wees versigtig, bly kalm, gee om, gee lief, let op, bly weg, ens. Op die regte tyd op die regte plek. Soms is dit moeilik om gehoorsaam te wees aan die leiding van die Heilige Gees, maar ek weet dat ek weet dat ek weet in my hart, ek moet luister en soos die Heilige Gees my lei dis die REGTE pad!
Wanneer jy pas tot bekeering gekom het, is die tafels van jou hart sag, en daar kan maklik op geskryf word, en dis waar jy ook moet versigtig moet wees, wie op die tafels van jou hart skryf, want dis moeilik om dit uit te vee soos deur vuur heen loutering en suiwering. Die Heilige Gees sal jou lei in die saak.
Bekering is nie net n 1dag datum ding nie, dis n daaglikse ding, want jy sal sien wanneer jy uit die doopwater uitkom het jy nogsteeds die selfde Liggaam en Siel, maar jou Gees is nou gebore (eintlik al wanneer jy jou bekeer het). Nou is die stryd tussen jou Siel en liggaam teenoor jou Nuut gebrore Gees. Nou moet jy jou Gees laat groei en geoefend raak om goed van kwaad te onderskei, sodat jy by die melk kan verbykom en oorbeweeg na die vaste spyse.
Jou Liggaam en Siel het nogsteeds daai begeertes maar jou Gees se nou NEE! En DIS die styd wat jy voer tot die dag wat jy jou kop gaan neerle of totdat Jesus gaan kom op die Wolke.
Bekering is n daaglikse ding vandat jy besluit het om God te volg en die 180 grade draai gemaak het terugna God toe, want partykeer wil die ou mens opstaan en dan val jy, en is hartseer en is kwaad vir jouself omdat jy alweer geval het vir die sonde, die Heilige Gees in jou raak bedroef en jy is hartseer en teleurgesteld in jouself. Dan gaan jy op jou kniee, Erken dat jy sonde gedoen het, praat met Vader (Bid) stort jou hart weer uit, en vra vir vergifnis en sorg dat jy meer en meer groei in Jesus, want Jesus het self gese in Joh 15 My Vader is die landbouer, Ek is die wynstok en julle die lote, wie IN MY (in Jesus) nie vrug dra nie die neem HY weg, en die wat vrug dra die maak HY skoon sodat dit MEER vrug kan dra!
Hoekom meer vrug dra? Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
Met die daaglikse bekering bedoel ek nou nie jy kan maar sonde doen want more bekeer ek myself weer nie wat ek daarmee bedoel is dat wanneer jy verkeerd doen doelbewus en jy sondig, dan is dit iets wat jy moet afle en jou knieg buig en met Vader daaroor praat en jou hart uitstort en IN JESUS BLY en stry teen die begeelikhede wat daar nog is om dit te oorwin.
Net n vinnige vragie, gaan jy jou laat doop voor mense of net dat iemand jou in die privaat doop? Aangesien dit nou more gaan wees op n weeksdag?
Hoekom ek vra is omdat ek persoonlik voel dat die doop is nie bedoel om te gebeur in die privaat nie maar dis ook n openbare belydenis voor mense oa jou mede gemeente lede dat jy nou besluit het om die oue mens af te le.

MercyChild
Feb 24th 2009, 03:55 PM
Dankie vir die gebede.....ek waardeer dit opreg......:hug:

Psalm, ek behoort nog nie aan 'n gemeente nie, en die doop le al so lank op my hart....Vir my voel dit amper of daar nie meer kans is vir uitstel nie, so ja, dit word in privaatheid gedoen........maar God en Sy teenwoordigheid sal daar wees, en dit is al wat vir my saak maak op hierdie staduim:hug:

Psalm
Feb 24th 2009, 04:16 PM
MercyChild,

nooi teminste die wat naby jou is, jou ouers, jou man, familie, en jy kan self mense wat dit kan maak op die forum wat naby jou hart is nooi vir jou doop, dis tog 'n begrafnis van die ou mens, en die simoliek van die Nuwe mens wat opstaan in Jesus. Ek is seker as jy die nooi wat naby jou hart is aan jou selfs op die forum sal hulle planmaak om te kom.

Dis ook 'n kans om die wat jou ou mens geken het te wys dat jy het 'n besluit gemaak vir Jesus en jy wil nie meer deel he aan die ou dinge nie. Dit kan hulle ook net motiveer om te luister na die sondebesef wat die Heilige Gees aan hulle gee.

Die rede hoekom ek so se is: Dalk later in jou lewe gaan jy dalk wonder, is ek reg gedoop? Moet ek nie weer gedoop word en dan my mense nooi nie?
Dan begin twyfel inskop en jy raak deurmekaar. Ek noem dit want ek het dit al gesien gebeur met mense.

Onthou, hierdie is nie 'n klein gebeurtenis in jou lewe nie, dis 'n begrafnis en 'n betoning van die geboorte van 'n nuwe mens in Christus, dis 'n GROOT gebeurtenis!

Jy hoef ook nie skaam te wees oor die besluit wat jy geneem het nie, dis die regte besluit, die regste besluit wat 'n mens ooit in hulle lewe kan maak (bekeer en doop), bely dit voor die wat jou ken, en toon dit aan hulle.

Ta-An
Feb 25th 2009, 07:27 PM
Daar was getuies Psalm, haar man en ek was daar :pp

Sy is gedoop in die Naam van die Vader, en van die Here Jesus Christus en die Heilige Gees.

Die Pastoor is van 'n Internationale Ministry

Ta-An
Feb 25th 2009, 07:37 PM
Nog :) .

Psalm
Feb 25th 2009, 09:54 PM
Hi MercyChild,

dit maak my hart bly om te sien dat mense KIES om gehoorsaam te wees aan Vader se Woord, hoeveel te meer maak dit nie ons Vader in die hemele se hart bly nie :)

Mag jy nou in elke oomblik van jou nuwe lewe, waarin jy saam met Christus opgewek is in die nuwe lewe, ook so saam met God wandel, en groei. Jy het saam met Christus gesterwe, die ou mens het nou gesterf en jy is opgewek in Christus, in 'n nuwe lewe, en nou nie meer die sonde dien nie, maar Hom aan wie jy nou behoord.

Reken jou self dood vir die sonde, en lewend vir God in Christus!

Rom 12:2 "En word nie aan hierdie wreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is."

Die pad wat ons stap is nie 'n maklike pad nie, daar is baie beproewinge, versoekinge en goeie vrug om te dra in dit alles, onthou net, daar is NIKS wat ons kan skei van die liefde van Christus nie!

Lees Romeine 8