PDA

View Full Version : Waarvoor is jy Dankbaar?



MG Van Wyk
Feb 25th 2009, 05:42 AM
Ek en Manlief (RR van Wyk) het nou die dag gesels oor hoe die negatiewe dinge in die lewe jou so vinnig kan onder kry. Jy kyk net nuus en selfs as Christen wat nie van die wÍreld is nie maar net deur beweeg om eendag by ons Vader se voete in die troonkamer te gaan sit raak jy effens bekommerd oor wat in die wÍreld aangaan...

Die rede vir hierdie draad is om met mekaar die positiewe dingetjies te deel en mekaar te herinner dat ons tog soveel het om voor dankbaar te wees. :hug:

Kom deel met mekaar die groot dingetjies en die klein dingetjies wat jou hart laat sing...

(Behalwe vir Love dare (wat saam met die dvd se werkboek gaan) kan ek nie nog so 'n draad vind nie so ek hoop nie ek dupliseer hier nie?) :hmm:

MG Van Wyk
Feb 25th 2009, 05:47 AM
Ek is dankbaar vir:

'n ReŽnboog want dit herinner my dat ons 'n belofte van God het.

Pannekoek op reŽnerige dae.

Warmsjokolade op koue dae.

Lanie
Feb 25th 2009, 06:29 AM
Wat 'n uitstekende idee!!!!! :pp

Ek is dankbaar vir twee pragtige, woelige, ondeunde, liefdevolle, skerp, gesonde dogtertjies wat my nog onvoorwaardelik lief het!

Ek is dankbaar vir elke nuwe dag waarmee God my seŽn!

Ek is dankbaar vir my Bybel!!!!! en dat ek een kan besit en lees sonder om vervolg te word....:pray:

Ek is dankbaar dat ek in die era van selfone, internet, skottelgoedwassers, outomatiese wasmasjiene, mikrogolwe, i-pods en Steers cheeseburgers leef. Ek het baaaaaaaaaieeee respek vir ons vooroumas wat alles moes doen wat ons moet doen agter op 'n ossewa. :o

Ta-An
Feb 25th 2009, 12:08 PM
Ek is dankbaar vir die dogters wat die Here in my lewe kom gee. Biologies het ek self nie dogters nie, maar het wel een aangeneem ,,,, en nou gee Hy aan my iemand baie spesiaal...... sy pos hier op die forum..... en sy is vandag gedoop..... en ek is opgewonde soos oor 'n eie kind :pp:pp:pp:pp:pp:pp:pp oor haar..,...... al moet ek haar met karenoka deel :rolleyes:

Lanie
Feb 25th 2009, 12:54 PM
Was jy by gewees, An?

Ta-An
Feb 25th 2009, 12:59 PM
Was jy by gewees, An?Ja, Lanie, ek was getuie van haar begeerte om deur die waters van die doop te gaan..... en my trane wil nie ophou vloei nie.....
...dit is trane van Blydskap... ek het baie lank laas so iets ervaar in my lewe... seker laas toe my seun gebore is..,

Lanie
Feb 26th 2009, 09:27 AM
Ek het hoendervleis. Ek is bly jy kon daar gewees het vir haar. Ek het die hele dag aan haar gedink. Sy het so 'n spesiale plekkie in my hart.... ek dink in baie van ons se harte, omdat sy so opreg liefdevol en eerlik is.....

Ta-An
Feb 26th 2009, 01:00 PM
Hier is spesiaal ene vir julle :)

Ta-An
Feb 26th 2009, 01:01 PM
Ek is dankbaar vir die Here se genade en Sy beskerming :)

MG Van Wyk
Feb 27th 2009, 12:53 PM
Ek is dankbaar vir naweke.

Troeteldiere wat jou altyd by die hek verwelkom :)

My man wat my ondersteun en Lief het.

Ta-An
Feb 27th 2009, 03:07 PM
Om op 'n verslanking dieet te moet gaan....So baie mense is vrek maer, omdat hulle bloot nie kos het om te eet nie, ek is rond en gesond

Lanie
Feb 28th 2009, 05:55 AM
Ek is ongelooflik dankbaar vir die baie reŽn waarmee God ons dorpie hierdie jaar seŽn!!! :pp :pp :pp

MG Van Wyk
Mar 2nd 2009, 05:40 AM
Is daar dan geen ander vrouens wat dankbaar is nie?

Daar is so baie dinge om voor dankbaar te wees. Kyk net na vanoggend:

Jy kan dankbaar wees dat:

Jy gisteraand in 'n bed geslaap het en 'n dak oor jou kop het.
Jy vanoggend opgestaan het
Jy vanoggend voeltjies hoor sing het
Jy 'n nuwe dag kon sien in gekleur word.
Jy met jou man kon praat (die wat getroud is)
Jy die koffie in die kombuis kon ruik
Jy werk het al is dit soms moeilik om jou self daar te kry

Daar is 'n miljoen dingetjies!

Ta-An
Mar 2nd 2009, 06:04 PM
Ek is dankbaar vir die kalmte in die oog van die strom :)

Lanie
Mar 3rd 2009, 06:35 AM
Ek is dankbaar vir ware vriende.

MercyChild
Mar 3rd 2009, 08:49 AM
Ek is dankbaar as ek kinders om my sien. Hulle is opreg, vreugdevol, geniet dit om te leef, en gou om te vergewe. :bounce::bounce:

marline
Mar 3rd 2009, 09:17 AM
Ek het nou net my seun op die lughawe gehaal, hy was 8 laaang maande weg. Ek is sooooo dankbaar hy is gesond en pragtig, en weer 'n keer onder ma se vlerk. :pp:pp:pp

marline
Mar 3rd 2009, 09:19 AM
O ja, en ek is dankbaar dat my Oudste Seun saam met my deur die digte mis vanoggend gery het en ons ongedeerd terug gekom het. :kiss::kiss:

Ta-An
Mar 3rd 2009, 04:57 PM
Ek is dankbaar dat die son nie stil staan nie, dat daar lig aan die einde van 'n tonnel is, en dat elke donker wolk wel 'n silwer randjie het,,,,kyk net :)

MG Van Wyk
Mar 4th 2009, 05:58 AM
Ek is dankbaar vir my sinstuie .... vir herfs kleure... vir lente bloeisels... en vriende wat altyd daar is met 'n goeie idee...

Ta-An
Mar 4th 2009, 08:11 AM
Ek is dankbaar vir die voorreg om Ma te kan wees :)

Lanie
Mar 4th 2009, 09:44 AM
Ek is dankbaar vir die voorreg om Ma te kan wees :)

AMEN! :pp :pp :pp :pp :pp

Lanie
Mar 4th 2009, 09:48 AM
Dis 'n lang storie, maar ekke is vandag baie dankbaar dat daar 'n diepe sondebesef oor my gekom het en alles skielik sin maak na weke se wroeging! Dankbaar om te besef dat God heeltyd, altyd met ons besig is....en dat pyn soms nodig is om ons te vorm en skoon te was....

MercyChild
Mar 4th 2009, 10:22 AM
Ek is dankbaar vir die nuwe lewe wat ek kan leef, en dat soveel spesiale mense oor my pad kon kruis. Ek is dankbaar om te weet dat daar nog mense daarbuite is wat verstaan en vir ander omgee. Ek is dankbaar dat ek mense kon teekom wat werklikwaar nog vir Jesus met hulle hele hart leef. Ek is dankbaar vir God se Woord, leiding en genade.:pp:pp

MG Van Wyk
Mar 5th 2009, 01:33 PM
Ek is dankbaar om gesond te wees.

Lanie
Mar 5th 2009, 02:06 PM
Ek is dankbaar dat God besluit het my man moet my man wees. Hy weet defnitief wat Hy doen want ek dink ons pas perfek bymekaar!!!! :pp :pp :pp

Lanie
Mar 5th 2009, 02:10 PM
Ek is ook dankbaar dat my vriendin se babatjie gister gebore is en dat dit goed gaan met mamma en seuntjie! :pp

paidforinfull
Mar 8th 2009, 03:12 AM
Ek is dankbaar ...
vir my man wat baie lief is vir my
vir my dogter en my kleinseuns al moet hul ver weg bly
vir 'n wonderlike skoonseun - 'n goeie man en pa
en dat my ouers albei leef - my pa asook my ma

Ek is dankbaar ...
vir die wind wat waai en vir die son wat skyn
vir diere soos tiere en goggas klein en fyn
vir blou lug en wit wolkies wat die grassies nat maak
asook vir pyp- en fyn kaneel wat alte heerlik smaak.

Ek is dankbaar ...
vir gesondheid (al was ek amper dood);
vir Godgegewe krag sodat ek kon ophou rook
vir goeie werk wat ek werklik terdee geniet
vir 'n huisie met 'n tuintjie wat ek nat kan giet.

Ek is dankbaar ...
vir Heer Jesus wat so lief is vir my
dat Hy gekom het om vir my te sterf en te ly.
Ek is dankbaar vir die liefde van die Vader, Seun en Gees
en omdat ek vir ewig in die hemel gaan wees.

en vir al die ander mooi dinge wat ek uitgelaat het .... soos goeie vriendinne, kos, goeie boeke, geloofsvryheid, ens.

Dankie, Here.

MG Van Wyk
Mar 11th 2009, 12:58 PM
Sjokolade op dae soos die! :)

MercyChild
Mar 11th 2009, 01:13 PM
Ek is dankbaar dat self wanneer omstandighede nie verander nie, dat God wel my hart kan verander om meer geduld te hÍ:)

Ta-An
Mar 11th 2009, 02:01 PM
Ek is danbaar dat die Here my slyp sodat ek 'n werkstuk in Sy hand kan wees :)

MercyChild
Mar 14th 2009, 05:23 AM
Ek is vandag baie dankbaar, dat God se genade vir my genoeg is.......en dat Hy na my kom soek het, en dat Hy my gekies het, en nie ek vir Hom nie........:pp

Ta-An
Mar 14th 2009, 08:43 AM
Ek is vandag baie dankbaar, dat God se genade vir my genoeg is.....:ppAmen!!! !

Ta-An
Mar 15th 2009, 04:19 PM
Ek is dankbaar dat wie ek is nie bepaal word deur wat mense van my dink nie, maar wat G_d van my dink :pp

Ta-An
Mar 15th 2009, 04:38 PM
Ek is danbaar dat G_d my seen met 'n talent en gawe om hom Hom mee te loof. :pp

Ta-An
Mar 15th 2009, 04:39 PM
Ek is dankbaar dat ons nog vry is om G_d vrylik te mag aanbid.

MG Van Wyk
Mar 16th 2009, 05:55 AM
Ek is dankbaar dat wie ek is nie bepaal word deur wat mense van my dink nie, maar wat G_d van my dink :pp


Ek is net so dankbaar :bounce: