PDA

View Full Version : Darwin, die Bybel en die sondeval



Die Filadelfieer
Feb 25th 2009, 10:26 AM
Hier (http://www.vcho.co.za/evlsn/Darwin,%20die%20Bybel%20en%20die%20sondeval.htm) is artikel vanaf die VCHO webblad getiteld "Darwin, die Bybel en die sondeval", geskryf deur Prof Hennie Mutton. Prof Hennie het dit vir verskeie hoofstroom publikasies gestuur met geen reaksie nie.

Ons het reeds hier (http://bibleforums.org/showthread.php?t=157887) ons eie repliek gelewer op die oorspronklike artikel waarna Sakkie Spannenberg verwys.

'n enkele aanhaling vanaf Prof Mouton :



Die sterrekunde en biologie kan egter nie op dieselfde vlak onderling vergelyk word betreffende Bybelse inligting nie. Omdat beskrywings in die Bybel dikwels relatief tot 'n aardse waarnemer is, is sterrekundige ontdekkings soos dat die aarde om sy eie as draai, die aarde om die son wentel, die son en sy planete om die Melkwegsterrestelsel beweeg en die heelal geweldig groot is, nie teenstrydig met wat in die Bybel staan nie. Evolusionistiese biologie is egter 'n ander saak. Die Bybel laat dit duidelik blyk dat evolusie hoegenaamd nie God se manier van skep was nie, en daarom behoort die Bybelgelowige Christelike kerk evolusie nooit te aanvaar nie