PDA

View Full Version : Bespreking Alsem ? (Wormwood)



Die Filadelfieer
Mar 3rd 2009, 09:48 AM
In Openbaring staan daar :

Op 8:10 En die derde engel het geblaas, en 'n groot ster wat soos 'n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op 'n derde van die riviere en op die waterfonteine.
11 En die naam van die ster word genoem Alsem; en 'n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.


Ek het al wille en woeste teoriŽ oor hierdie teksgedeelte gehoor, waarvan die Nibiru teorie (http://en.wikipedia.org/wiki/Hypothetical_astronomical_object#Planets_proposed_ by_Zecharia_Sitchin)seker die algemeenste onder sekere groepe is.

Ek self het nie 'n idee wat bedoel word met hierdie teks nie. Mens kan dit seker alegories verklaar en iets sÍ oor bitterheid wat oor die aarde gaan heers ( Als is baie bitter ! ) in die laaste dae, maar ek is nie mal oor hierdie verklaring nie en iets sÍ vir my daar steek dalk meer as net dit agter hierdie ding.

Enige idees ?

http://www.illuminati-news.com/ufos-and-aliens/Graphics/nibiru_and_the_anunnaki2.bmp


http://2012project.files.wordpress.com/2008/04/nibiru3.jpg

lukeskywalker
Jun 17th 2009, 05:32 PM
My raaiskoot is dat dit 'n asteroide is wat die aarde tref. Daar is tans meer as 'n duisend asteroides in wentelbane naby aan die aarde wat deur wetenskaplikes dopgehou word, juis omdat hulle gevaar inhou vir lewe op aarde.

Hierdie webwerf aan die onderkant van die bladsy hou mens op datum
http://www.spaceweather.com/

Hier is al die van Junie op hulle naaste aan die aarde:

June 2009 Earth-asteroid encounters: Asteroid
Date(UT)
Miss Distance
Mag.
Size
2009 KR21 (http://ssd.jpl.nasa.gov/sbdb.cgi?sstr=2009 KR21;orb=1)
June 1
0.7 LD
16
21 m
2009 KL8 (http://ssd.jpl.nasa.gov/sbdb.cgi?sstr=2009 KL8;orb=1)
June 1
5.1 LD
18
63 m
2003 QO104 (http://ssd.jpl.nasa.gov/sbdb.cgi?sstr=2003 QO104;orb=1)
June 9
36.8 LD
14
2.9 km
1994 CC (http://ssd.jpl.nasa.gov/sbdb.cgi?sstr=1994 CC;orb=1)
June 10
6.6 LD
13
1.2 km
2001 FE90 (http://ssd.jpl.nasa.gov/sbdb.cgi?sstr=2001 FE90;orb=1)
June 28
7.0 LD
13
435 m
2002 KL6 (http://ssd.jpl.nasa.gov/sbdb.cgi?sstr=2002 KL6;orb=1)
June 28
57.5 LD
16
1.4 km
2006 MV1 (http://ssd.jpl.nasa.gov/sbdb.cgi?sstr=2006 MV1;orb=1)
June 30
9.6 LD
23
20 m

http://www.spaceweather.com/images/spacer.gif
Notes: LD means "Lunar Distance." 1 LD = 384,401 km, the distance between Earth and the Moon. 1 LD also equals 0.00256 AU. MAG is the visual magnitude of the asteroid on the date of closest approach.

Die een van 2.9 kilometer sal byvoorbeeld groot nonsens maak as dit die aarde sou tref.

Die Filadelfieer
Jun 18th 2009, 06:02 AM
My jitte, ek het al op gegee oor hierdie draad !
Dankie Lukaslugloper, dit is 'n oulike skakel daardie.

Die Filadelfieer
Mar 17th 2011, 07:55 AM
Het iemand alweer nuwe idees gehad rondom die onderwerp ? Dit lyk asof die sg "planeet x/niburu" stories alweer lekker vlamvat op die interwebs, veral met Japan se dinge wat Bybelse eindtyd gebeure weer in die middel van die kolllig geplaas het.