PDA

View Full Version : Pentateug

MercyChild
Mar 4th 2009, 12:12 PM
Ek het nou al herhaaldelik die woord Pentateug raakgelees, en het geen idee wat dit beteken nie...........Is daar dalk kenners wat weet wat die woord beteken?:hmm:

Die Filadelfieer
Mar 4th 2009, 12:20 PM
Pentateug="Die Wet" = Die eerste 5 boeke in die Ou Testament = "Die boeke van Moses "

MercyChild
Mar 4th 2009, 12:27 PM
Pentateug="Die Wet" = Die eerste 5 boeke in die Ou Testament = "Die boeke van Moses "

Nee waaragtig, is dit al wat dit beteken? :blush: Hoe dom voel ek nou:blush::blush:

Die Filadelfieer
Mar 4th 2009, 12:32 PM
MC, Op Lighuis is daar nie iets soos 'n dom vraag nie. As jy nooit vra nie, dan gaan jy nooit weet nie ! :hug::hug:

Lanie
Mar 4th 2009, 12:37 PM
:lol: :lol: :lol: Ag my maatjie, hoe lekker lag ek nou sommer saam met jou! Jy is geneig om te dink of bang te wees dat jy dom vrae vra, maar gaan lees bietjie weer hier bo by die naam van die forum.... daar is regtig nie so 'n ding soos 'n dom vraag nie behalwe miskien die vraag wat nie gevra word nie...:hmm: Ons almal leer nog en selfs die ou slimmes hier weet nie alles nie en leer ook nog, so vra jou vrae soveel as wat jy wil!!! :pp Die ou wat vir jou lag sal ek boks!!!!

MercyChild
Mar 4th 2009, 12:37 PM
MC, Op Lighuis is daar nie iets soos 'n dom vraag nie. As jy nooit vra nie, dan gaan jy nooit weet nie ! :hug::hug:

Ek veronderstel dit is waar, maar gits ek voel soms of ek so min weet, en is besig met 'n Bybelstudie taak, en raak soms gefrustreerd as ek nie eens hierdie eenvoudige goedjies weet nie..........Dankie vir die hulp.

Wat ek wil weet is hierdie 5 boeke wat die wet is, was dit net vir hulle toepaslik voor Jesus se kruisiging of is dit vir ons ook van toepassing. Ek meen ek lees baie van brandoffers en so, en weet ons doen dit nie meer nie, maar aan die ander kant lees ek weer dinge soos die tien gebooie wat sekerlik vir ons vandag nog van toepassing is.......Baie mense sÍ die Ou testament is nievan toepassing nie, maar dit maak nie vi my sin nie, want daar is waardevolle inligting wat daar weggestoor is.

MercyChild
Mar 4th 2009, 12:40 PM
:lol: :lol: :lol: Ag my maatjie, hoe lekker lag ek nou sommer saam met jou! Jy is geneig om te dink of bang te wees dat jy dom vrae vra, maar gaan lees bietjie weer hier bo by die naam van die forum.... daar is regtig nie so 'n ding soos 'n dom vraag nie behalwe miskien die vraag wat nie gevra word nie...:hmm: Ons almal leer nog en selfs die ou slimmes hier weet nie alles nie en leer ook nog, so vra jou vrae soveel as wat jy wil!!! :pp Die ou wat vir jou lag sal ek boks!!!!

Dankie Lanie.......ek sal die bokshandskoene voorsien.....lol:lol:

Lanie
Mar 4th 2009, 12:43 PM
MC.... dis absolute nonsens dat die ou testament nie meer op ons van toepassing is nie. God het die hele Bybel vir ons gegee met goeie rede. As jy nie die ou testament het nie, as jy dit nie ken en verstaan nie, sal die nuwe testament niks vir jou beteken nie. Dit is wel so dat ons nie meer onder die wet staan nie maar dit gee ons nie die reg om die ou testament weg te gooi of te ignoreer nie.

MercyChild
Mar 4th 2009, 01:08 PM

Ek het min of meer so gereken.:D

Phil Fourie
Mar 4th 2009, 01:18 PM
Dis nou 'n dom vraag as ek ooit een gesien het. Wat vir 'n mens weet nie wat is die Pentateug nie. :P

Ek trek net jou been MC, jy sal verbaas wees hoeveel mense weet nie, dit is maar net oordat dit nie regtig 'n woord is wat deur die gewone kerkganger gebruik word nie, maar meer in akademiese kringe. Tog, dit is vir my altyd lekker om nuwe woorde by my woordeskat toe te voeg, maar partymaal kom mens darm maar woorde tee wat jy net geen idee het wat dit beteken nie. Ek kan aan 'n paar rowwe teologiese terme dink, wag, wat het ek noudie dag raakgelees...........

Wag, hier is die woord -

supralapsarianism

Wie gaan 'n kans waag? :lol:

Die Filadelfieer
Mar 4th 2009, 01:57 PM
supralapsarianism

Wie gaan 'n kans waag? :lol:

Ag nee wat, vra 'n moeilike een, dit is te maklik :

supralapsarianism : Kondisie wat die rug aantas, veral as die persoon met supralapsia te ver gerek het om die biltong by te kom tydens 'n Rugbywedstryd op Supersport 1

Sin : " Ek het my supralaps seergemaak, maar die dokter sÍ ek behoort weer van volgende week af te te kan skottelgoed was. "

Sin : Ek is so vet ek het twee jaar laas my supralaps gesien.

Lanie
Mar 4th 2009, 01:57 PM
Ek weet net dit het iets met uitverkiesing te doen... so ek kan seker 'n halwe punt kry?

Lanie
Mar 4th 2009, 01:59 PM
Ag nee wat, vra 'n moeilike een, dit is te maklik :

supralapsarianism : Kondisie wat die rug aantas, veral as die persoon met supralapsia te ver gerek het om die biltong by te kom tydens 'n Rugbywedstryd op Supersport 1

Sin : " Ek het my supralaps seergemaak, maar die dokter sÍ ek behoort weer van volgende week af te te kan skottelgoed was. "

Sin : Ek is so vet ek het twee jaar laas my supralaps gesien.

:rofl: :rofl: :rofl: (:(Wa's die high-5 smiley?)

MercyChild
Mar 4th 2009, 02:08 PM
Fila se antwoord klink amper of dit reg kan wees.........:lol: Ek is nie so seker nie, maar ek dink amper dit is een of ander "doctrine". Ek het so 'n vreemde woord gehoor maar ook nie seker of dit eers dieselfde woord is nie....:eek:

Lanie
Mar 4th 2009, 02:19 PM
Hie-hie! Ek het gaan kroek- sorry vir die Ingels, Fila, maar as ek dit gaan moet vertaal knoop ek my tong en nog 'n anner paar goeters....:rofl:

Supralapsarianism
is the view that God, contemplating man as yet unfallen, chose some to receive eternal life and rejected all others. So a supralapsarian would say that the reprobate (non-elect) vessels of wrath fitted for destruction (Rom. 9:22 (http://bible.logos.com/passage/esv/Rom.%209.22)) were first ordained to that role, and then the means by which they fell into sin was ordained. In other words, supralapsarianism suggests that God's decree of election logically preceded His decree to permit Adam's fall—so that their damnation is first of all an act of divine sovereignty, and only secondarily an act of divine justice."

Phil Fourie
Mar 4th 2009, 02:35 PM
Julle is laf :lol:

Dit het te doen met uitverkiesing ja, dit gaan oor uitverkiesing voor die sondeval ;)

Phil Fourie
Mar 4th 2009, 02:43 PM
http://en.wikipedia.org/wiki/Supralapsarianism

Ta-An
Mar 4th 2009, 03:09 PM
Meisiekind.....

'n Manier om dit te onthou : Penta beteken 5 :)
Die eertse 5 boeke van die OT soos Fila gesÍ het.

Hoekom is die OT belangrik?, :hmm:

* Want die OT vorm die fondasie van die NT.
* Die NT is die vervulling van profesie soos in the OT belowe is.
* Die hele OT is nog nie vervul nie, daarom is dit belangrik om te weet wat daar aangaan.
* Die NT bevat nie al die informasie wat die OT bevat nie, omdat dit reeds in the OT geopenbaar is :)
* Die NT word beter verstaan met die OT as agtergrond.
* Die NT alleen, is soos om net die versiersuiker van die koek af te eet sonder die lekker sagte ryk sjokolade koek.

MercyChild
Mar 4th 2009, 06:26 PM

Dit alles maak perfekte sin, dankie. Maar daar is tog so baie dinge in die OT wat nie vandag meer van toepassing op ons lewens is nie, of so dink ek.......Veronderstel ek wil God se wil in my lewe toepas, kan ek tog nie al die wette toepas van die OT nie, maar is nie seker wat nog vandag van pas is al dan nie....:confused

Ta-An
Mar 4th 2009, 06:30 PM
Dit alles maak perfekte sin, dankie. Maar daar is tog so baie dinge in die OT wat nie vandag meer van toepassing op ons lewens is nie, of so dink ek.......Veronderstel ek wil God se wil in my lewe toepas, kan ek tog nie al die wette toepas van die OT nie, maar is nie seker wat nog vandag van pas is al dan nie....:confusedChristus het die OT vervul, of altans 99.999% ... maar deur die OT te ken, en dan die NT te lees, sal jy weet waar jy staan,,,so, begin by die begin,,,, en werk jou pad deur...dan sal jy sien :)

MercyChild
Mar 4th 2009, 06:33 PM
Christus het die OT vervul, of altans 99.999% ... maar deur die OT te ken, en dan die NT te lees, sal jy weet waar jy staan,,,so, begin by die begin,,,, en werk jou pad deur...dan sal jy sien :)

Ek probeer werklik, maar daar is soveel name, en nog name en nog name.....ek kan net nie byhou met al die name en stamme en dinge nie......Voordat ek myself kan kry, raak ek basies aan die slaap en het nie 'n idee wat ek gelees het nie...:blush: Ek probeer wel die karakters en stories volg van Moses, Abraham, Jakob, Isak.........ens. en vind dit redelik interessant, maar net al daardie name:eek:

Ta-An
Mar 4th 2009, 06:47 PM
maar net al daardie name:eek:...OK al daardie name beteken ook nog iets ;)

Ek het nou net weer met Genesis begin..... kyk bv. na die verskillende vertalings se interprtasies .....

Afr. Ou Vertaling . Genesis 33:20 Daar het hy ook 'n altaar opgerig en dit genoem: Die God van Israel is God.

BBE Gen33:20 And there he put up an altar, naming it El, the God of Israel.

KJV Gen 33: 20 And he erected there an altar, and called it EleloheIsrael.

WEB Gen.33:20 He erected an altar there, and called it El Elohe Israel.{El Elohe Israel means "God, the God of Israel" or "The God of Israel is mighty."}

Dus 'n Naam het 'n spesifieke betekenis wat die doel/betekenis daarvan beskryf/uitbeeld

MercyChild
Mar 4th 2009, 06:51 PM
...OK al daardie name beteken ook nog iets ;)

Ek het nou net weer met Genesis begin..... kyk bv. na die verskillende vertalings se interprtasies .....

Afr. Ou Vertaling . Genesis 33:20 Daar het hy ook 'n altaar opgerig en dit genoem: Die God van Israel is God.

BBE Gen33:20 And there he put up an altar, naming it El, the God of Israel.

KJV Gen 33: 20 And he erected there an altar, and called it EleloheIsrael.

WEB Gen.33:20 He erected an altar there, and called it El Elohe Israel.{El Elohe Israel means "God, the God of Israel" or "The God of Israel is mighty."}

Dus 'n Naam het 'n spesifieke betekenis wat die doel/betekenis daarvan beskryf/uitbeeld

:o:o:oPresies wat ek bedoel.....ek weet nie werklik waar om te vat nie, daar is net so baie wat ek nie weet nie en moet leer........Ag gaan ek ooit al die goedjies onthou. Ek het reeds my werksure afgeskaal om meer leeswerk te doen, en sal seker maar geduld moet begin toepas:hmm:

Ta-An
Mar 4th 2009, 06:56 PM
:hug:
Ons sal nooit "Arrive" nie..... ek wat dit nog meer interessant maak is dat die brood wat ons hieruit kry nooit oud raak nie :idea:

MercyChild
Mar 4th 2009, 06:59 PM
:hug:
Ons sal nooit "Arrive" nie..... ek wat dit nog meer interessant maak is dat die brood wat ons hieruit kry nooit oud raak nie :idea:

Ek besef dit, elke dag iets nuuts en iets anders, maar ek raak soms effens moedeloos as ek nie goed kan onthou nie, en dit bring redelike frustrasie na vore.......maar ek sal aanhou en ek glo wat ek moet verstaan sal ek verstaan... Ek het nou nog met hierdie bybelklasse ook begin, en van hierdie inligting is maar grieks:blush:

Ta-An
Mar 4th 2009, 07:42 PM
Ek het nou nog met hierdie bybelklasse ook begin, en van hierdie inligting is maar grieks:blush::hug: Weet jy wat, die belangrikste ding is nie om alles te onthou nie, maar om te weet waar om die antwoorde te soek ;)

Psalm
Mar 4th 2009, 09:58 PM
Hi MercyChild,

moenie jou kop nou breek oor al die name nie. Dis goed dat jy by die begin begin, Vader weet ons moet iewers begin en om by die begin te begin is goed.

Wat belangrik is is dat jy Vader nou leer ken, Sy Wese, Sy wil, alles oor Hom. Jy sal hier en daar agterkom daar word met sekere skrifte in die Ou Testament verwys na Jesus wat toe nog sou kom, partykeer gaan baie dinge nie lekker sin maak nie, en party goed gaan deurmekaar lyk, maar moenie jou kop breek daaroor nie.

Soos jy lees gaan jy ook sonder dat jy agterkom lesse leer, jy gaan wysheid opdoen - sonder dat jy dit noodwendig gaan agterkom.

Later in jou lewe en self nou al, gaan jy in situasies kom en dan sal jy die wysheid moet toepas en jy sal sien, jy begin 'n ander mens word, mense gaan begin sÍ maar jy verander, en dit is so, want nou begin jy leer en groei in God en jy gaan begin dink oor dinge op 'n ander manier, an partykeer gaan jy sommer kopseer kry oor al die gedagtes en om die groot puzzle in mekaar te kry pas, maar die Heilige Gees sal dit vir jou begin oopmaak - Oppas net vir leringe van plekke en boeke, Jesus het ons gewaarsku teen die suurdeeg van die Fariseers - Daar is BAIE Fariseers vandag nog in die wereld, en hulle wil allerande dinge in jou kop probeer kry. Glo wat die Bybel sÍ en vertrou op die Heilige Gees om jou te lei in alle waarheid!

God sien raak dat jy van jou kant af probeer om Hom beter te leer ken, en om Hom te soek (ek praat nou van God drie enig - Vader, Seun en Heilige Gees).
Jy sal groei - en dis die punt, om te GROEI in God. Baie dinge gaan deurmekaar lyk en baie hoofstukke gaan jy soos jy sÍ, lees en dan weet jy nie wat jy gelees het nie en raak sommer aan die slaap terwyl jy lees, maar weet jy wat? Jy groei! Dit mag dalk nie vir jou nou so voel nie, maar hou net aan en jy sal dit oor 'n jaar of 2 wanneer jy terugkyk agterkom.

Hou net aan om die Woord te lees, jy gaan God (drie enig) se wese leer ken - dalk nie heeltemal verstaan nie maar wel leer ken, en jou geloof gaan groei!

Oor so 2 jaar se harde werk deur die Woord te lees, te bid en Vader te soek, gaan jy terugkyk en amper op jou rug val as jy gaan sien hoe jy gegroei het.

Die Heilige Gees sal die Woord vir jou oopmaak, en jy gaan groei, so tussen deur al die name en swaar oŽ wat net wil toegaan partykeer ens.

Almal begin en sukkel in die begin, maar hou net moed, wees langmoedig, geduldig, sagmoedig en jy sal sien hoe die Heilige Gees jou gaan bou in die Allerheiligste geloof!

Moenie jou kop breek om al die name te onthou nie, soos jy deur jou hele nuwe lewe in Christus nou die Woord gereeld lees, bepeins, gaan jy begin sien dat die name en dinge en gebeure begin automaties in jou kop vassteek.

Voor jy jouself kry dan begin jy vaardig raak om met die swaard van die Woord te werk, maar dit vat oefening, oefening en weereens oefening.

Die Woord is 'n harde woord, die Heilige Gees sal jou uitwys in jou lewe soos jy die Woord lees waar moet jy wat aflÍ en waat moet jy wat aanleer ens, en dan is die Woord ook vol van wonderlike WONDERLIKE beloftes, en troosting, lesse, vermaning, teregwysing, lering, en deur dit alles, groei jy in jou Gees!

:)

Lanie
Mar 5th 2009, 05:49 AM
Psalm.... jy sal my moet kans gee om mense tussen jou plasings te rep, want wraggies waar ek wil amper elke plasing van jou rep en die forum wil my nie toelaat nie..... :rolleyes: Jou wysheid verstom my werklik. Jou deelname op die forum is regtigwaar vir my 'n blessing... 'n grote.

Ek kan niks byvoeg hier nie Linda, maar ek wil tog vir jou sÍ dat ek ook baie voel, veral die laaste ruk dat ek net nie genoeg tyd het om die Bybel te bestudeer soos wat ek wil nie. Ek het al gedink om die forum te los maar hier leer mens so baie, ek sal dit moeilik oor my hart kry om dit te doen. Ek raak ook vies vir myself as ek nie kan onthou nie, maar ek het lank terug iets gehoor wat vir my baie gehelp het en dit sluit baie aan by wat Psalm hier geplaas het. Nou die persoon wie dit gesÍ het is ongelukkig tannie Joyce Meyer vir wie ek die laaste paar weke so allergies as vir 'n bysteek geword het...:rolleyes: (Linda, asseblief bly om vaders naam net weg van TBN af) maar sy het Írens eendag gesÍ dat wanneer jy Bybel lees voed jy ook jou siel. Jy kan byvoorbeeld nie onthou wat jy verlede maand geŽet het nie maar dit het nogsteeds jou liggaam gevoed en jou sterk gehou. Net so, al kan jy nie altyd onthou wat jy waar gelees het nie, het dit jou nogsteeds geestelik gevoed. Dis 'n eenvoudige vergelykingtjie maar het my moed gegee as ek moedeloos raak oor my poeding-brein wat nie kan onthou nie.:D

Ta-An
Mar 5th 2009, 06:03 AM
Psalm, ek spot sommer vir MC oor die name..... Sy is soos 'n droe spons wat water opsuig wanneer dit by die Woord kom. Na net die kort tydjie wat sy al die Woord lees, kan mens elke keer die verskil sien, die Lig in haar skyn elke dag helderder :pp

Psalm
Mar 5th 2009, 10:35 AM
Hi Lanie,

ek verstaan nie wat jy bedoel met "rep" nie?

Nie my wysheid nie, ek se net wat die Woord my leer en Heilige Gees my lei, net soos enige iemand die Woord rerig kan lees, doen, toepas en leer uit andere se foute uit wat neergeskryf is en sy eie foute uit, en bereid kan wees om gebruik te word soos VADER wil. Eie wil afle en Vader se wil doen.

Wysheid is nie veel nie, maar die toepassing daarvan is verstand!

Nie net hoorders van die Woord wees nie maar daders.
Job 28:28 leer ons so mooi (een van my gunsteling versies):
Maar aan die mens het Hy gesÍ: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.

Die 10 maagde het bestaan uit 5 verstandige meisies en 5 dwase meisies.

Maar aan die mens het Hy gesÍ: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.

Hoe het Paulus ook gese - Verlang sterk soos pasgebore kinderjies na die onvervalsde melk van die Woord, sodat julle DAARDEUR kan opgroei

Lanie
Mar 5th 2009, 10:45 AM
Hi Psalm... onthou jy nou die dag het ek vir jou 'n boodskappie geskryf waarvoor jy my bedank het. Nou daardie boodskappie het ek vir jou gestuur toe ek jou gerep het vir daardie betrokke plasing van jou. Kyk in die regterkantse boonste hoek van jou plasing is daar 2 donkerblou blokkies. Dit wys jou reputasie op die bord. Net bokant die blokkies is daar 'n weegskaaltjie. As jy dink iemand het 'n goeie plasing gemaak, ietsie wys gesÍ of iets waarmee jy saamstem dan kliek jy op die weegskaaltjie en gee jy hom 'n positiewe rep deur saam te stem en dan 'n boodskappie daarby te sit. Jy kan iemand ook negatiewe rep deur nie saam te stem met hulle plasing nie. Dis maar net eintlik 'n bietjie onskuldige pret waarmee ons mekaar opbou en bemoedig... :hug: Die rede hoekom ek jou nie elke keer kan rep vir 'n goeie plasing nie is omdat die forum mens nie toelaat om iemand herhaaldelik te rep nie. Ek moet nou eers weer bietjie reps aan ander mense uitdeel voordat ek vir jou kan gee, maar dis moeilik want jy kom nogal met baie pÍrels van wysheid vorendag...:D

Psalm
Mar 5th 2009, 01:17 PM
Ooo die "Reputation" punte storie ding.
Ek verstaan. Ek dink toe aan goeters soos "sales rep" ens, kon toe nie lekker verstaan nie...
Moenie bekommerd wees oor die reputasie gee nie, ek is rerig nou nie veel gepla oor my reputasie nie, Jesus het self gese - die dienskneg is nie groter as die heer nie - as hulle my vervolg sal hulle julle ook vervolg.

Dit is heerlik om te weet dat wat mens deel help wel andere ten goede, en dit stig mens, maar ek is nou nie veel gepla oor die reputasie/punte telling nie. 'n "Amen" sal ook die ding doen.

Die idee is tog om goeie vrugte te dra tot verheerliking van Vader! :)

Lanie
Mar 5th 2009, 01:57 PM
Jy's heeltemal reg! Dis iets wat ek nogal baie aan dink die laaste paar dae. Ons is vir geen ander rede hier as om God te verheerlik nie. As ons woorde en gedagtes en dade en hele menswees dit nie doen nie dan sit ons die pot lelik mis.... Dis waarna ek ook strewe... om God te verheerlik in my hele menswees, in alles. Wanneer ek dit kan regkry sal ek volkome gelukkig wees....:)

(Soos ek sÍ die reps is maar net vir fun... dis ook nie iets wat my vreeslik pla nie, moenie komkommer nie. :) )

Willem
Mar 6th 2009, 08:04 PM
Hi Linda,

ek kan nie juis veel ekstar se nie, want die familie het reeds gepraat...

Wat ek dalk kan voorstel is om e-sword te kry. Het reeds omtrent meeste van die ding en add-ons en dan gebruik jy die' .. dit het 'n ding om te help om Woord planmatig deur te lees. Notas vir elke vers wat jy lees as jy wil van Wesley en Spurgeon oa. woordeboeke wat die woorde vir jou vertaal en ook joodse OT waar jy die oorspronklike sin kan kyk en die woorde uitfigure met woordeboeke ( onthou net dis van regs na links :rofl: ) anders maak dit nou nie sin nie , dan is daar ook 2 woordeboeke van name, wat ek tot Ta-An gepos het nie verstaan het wat die nut van is nie,maar die tannie is baie slim in die geskrifte en weet jarre meer as ekke.

Al ding wat ek jou graag oor wil waarsku ; moet nie soveel tyd aan swot spandeer dat jy jou eerste liefde Jesus verlaat nie... jy sukkel om weer terug te kom na waar jy was en dit kos baie genade... hou die tyd met Hom reg en die res sal vanslewers kom... soek eers die koningkryk van God en al hierdie dinge sal bygevoeg word ( ek stess elke keer as ek dit doen, as ek woord vergeet of omdraai of dalk verkeerd quote , en van hoostukke en boek eb vers nommers sal ek nie eens droom nie :giveup: )

Groete en hou so aan
Willem

MercyChild
Mar 6th 2009, 10:01 PM

Dankie vir die herhinnering en inspirasie Willem, ek het esword gelaai, maar nog nie werklik gebruik nie, sal beslis 'n poging aanwend..........:)