PDA

View Full Version : Herken iemand in die hemel?



Lanie
Mar 5th 2009, 09:09 AM
SÍ die Bybel dalk enigsens of ons mense, geliefdes in die hemel gaan herken en saam met hulle kan wees? Ek troos vandag 'n vriend wie se babadogtertjie hierdie week 'n jaar oud sou wees en toe wonder ek maar net? Ek kan nie onthou dat ek al ooit so iets raakgelees het nie.

Psalm
Mar 5th 2009, 10:18 AM
Hi Lanie,

ek dink so - Kan nie defnetief se dit is so nie, maar as ek lees in Luk16:19-31 kan ek sien dat die ryk man in die doderyk het vir Lasarus en Abraham herken.
Hoeveel te meer sal ons mekaar nie in die hemel herken nie? Ek het nie skrif om dit te bewys nie maar ek dink ons gaan mekaar herken en bly wees oor elkeen wat dit gemaak het en juig en jubel daaroor! Sommiges gaan net harp speel (die wat net bekeerd is) en andere gaan die oorwinningskroon behaal, die wat oorwin het, soos in die briewe aan die 7 gemeentes in Openbaring.

Maar nou is dit tyd om te sorg dat elkeen bou met kosbare stene, en nie met hooi en stoppels nie.


:)

Phil Fourie
Mar 5th 2009, 02:49 PM
Dalk kan hierdie help:

En Ek sÍ vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.
Luke 16:9

Nicolaas
Mar 5th 2009, 05:17 PM
SÍ die Bybel dalk enigsens of ons mense, geliefdes in die hemel gaan herken en saam met hulle kan wees? Ek troos vandag 'n vriend wie se babadogtertjie hierdie week 'n jaar oud sou wees en toe wonder ek maar net? Ek kan nie onthou dat ek al ooit so iets raakgelees het nie.

Hallo Lanie,

Ek stem saam met Psalm se aanhaling van die gelykenis van Lasarus en die rykman. Daar is geen rede vir onsekerheid nie. Uit die gelykenis is dit baie duidelik dat ons ander mense sal herken in die hemel. In aansluiting daarby moet 'n mens onthou dat die Hemel 'n toestand van absolute volmaaktheid is. Kan ons nou sÍ in die hemel sal alles volmaak wees, behalwe vir een baie irriterende ding, naamlik dat jy vol onsekerheid gaan wees oor wie is wie en wat het geword van so en so?

Natuurlik nie!

Kan ons sÍ die Hemel sal volmaak wees in elke opsig, behalwe vir die gesukkel om mekaar te herken?

Nooit!

As die polisie hier op aarde alreeds 'n sender aan iemand se been kan vasklem en deur middel van sateliet-opsporingstelsel 24 uur van die dag kan weet waar die verdagte is, dan sal sal die Hemel nie minder volmaak wees nie.

Selfs wildbewaarders gebruik sulke senders om die beweging van wild te monitor. In die hemel sal ons lag oor die primitiwiteit daarvan om tegnologie te moet inspan.

Op sommige lughawens in die VSA word tegnologie ingespan om selfs mense wie se voorkoms vermom is of deur plastiese chirurgie verander is aan hulle oog se kyker te herken. As al diť dinge vandag al op die aarde moontlik is, dan weet ons verseker dat ons sonder enige tegnologie selfs beter sal kan doen waar alles volmaak is.

Ons sal in staat wees om iemand se "gees" te herken. Ons sal nie daarvan afhanklik wees om iemand net aan die uiterlike voorkoms te identifiseer nie. Daar staan in 1 Sam 16:7 "Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike."

Ons sal dit ook kan doen wanneer ons eendag in die hemel is en in die Here se heerlikheid deel. Ons sal volmaak wees, soos wat God volmaak is. As dit nie 'n volmaakte toestand was nie, dan was dit nie hemel nie, of hoe? ;)

Nicolaas
Mar 5th 2009, 05:26 PM
Hallo Lanie,

Ek dink die volgende teksgedeelte sal vir jou vriend iets beteken:

In 2 SAM. 12:19-23 lees ons: "Dawid het agtergekom dat sy amptenare onder mekaar fluister en hy het afgelei dat die kind dood is. "Is die kind dood?" het hy gevra. "Hy is dood," was hulle antwoord. Toe het Dawid van die grond af opgestaan. Hy het gaan was, reukolie aangesmeer, aangetrek en na die heiligdom toe gegaan om te aanbid. Hierna is hy huis toe en het hy kos gevra. Hulle het hom 'n ete voorgesit en hy het geŽet. Sy amptenare vra hom toe: "Wat doen u nou? Toe die kind nog gelewe het, het u gevas en gehuil. Nou dat die kind dood is, staan u op en u eet?" Sy antwoord was: "Terwyl die kind nog gelewe het, het ek gevas en gehuil, want ek het gedink: wie weet, dalk is die Here my genadig, en dan sal die kind lewe. Maar nou is hy dood. Waarom moet ek nog vas? Kan ek hom na my toe laat terugkom? Ek gaan na hom toe; hy kan nie na my toe terugkom nie."

Johnny
Apr 2nd 2009, 10:09 AM
Nicolaas,

Jy het sommer nog 'n vraag beantwoord wat ek ook Írns op die forum aanspreek oor kan iemand terugkeer uit die hemel of hel om ons te waarsku.

"Ek gaan na hom toe; hy kan nie na my toe terugkom nie."