PDA

View Full Version : Bespreking Sielsgenote



Ta-An
Mar 5th 2009, 01:59 PM
Ek weet nou nie of die Afrikaans dieselfde is as die Engelse :"Soul ties" nie, Maar die vraag gaan oor 'Soulties' ...

Wat is dit, en wat weet jy daarvan??

Psalm
Mar 5th 2009, 02:20 PM
Iets waaraan ek vinnig kan dink (ek moet nou ry daarom die vinnige post):

Dawid se siel was verkleef aan God!

Wat 'n insperasie vir ons!

Lees Ps 42, 43 en 63.

Lanie
Mar 5th 2009, 03:12 PM
Die enigste konteks waarin ek nog gehoor het van "soul ties" is waar 'n man en 'n vrou gemeenskap het en een word. Dan word julle siele aan mekaar verbind. Dis wat ek gehoor het, ek weet nie of daar waarheid in steek nie. Ek is op hierdie stadium so uiters versigtig om sommer net enige iets vir soetkoek op te vreet, want my oŽ het oopgegaan vir die gemors daar buite wat aan christene gevoer word en wat hulle sommer goedsmoeds aanvaar as die waarheid. So ek dink ons sal moet gaan kyk of dit so in die Woord beskryf word?

Ta-An
Mar 5th 2009, 05:25 PM
Lanie jy is heeltemal korrek, dit het te doen met die sieleband wat tussen twee mense gesmee word wanneer daar geslags gemeensakp plaasvind, as ons kyk na Gen 34: (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=1&CHAP=34&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=3)1 En Dina, die dogter van Lea, wat sy vir Jakob gebaar het, het uitgegaan om die dogters van die land te leer ken.
2 Toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, die vors van die land, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar onteer.En sy siel het verkleef geraak aan Dina, die dogter van Jakob; en hy het die dogter liefgehad en na die hart van die dogter gespreek.

KJV: Gen34:3 And his soul clave unto Dinah the daughter of Jacob, and he loved the damsel, and spake kindly unto the damsel.

... nie net tussen getroudes nie, maar ook wanneer 'n mens verkrag word, of buite die huwelik gemeeskap het...

Wanneer 'n mens se siel so verkleef (vas gebind) is aan baie siele..... hoe kan jou siel dan soos psalm praat van , aan G_d verkleef raak, dan kan dit kan mos nie :o..... en is 'n grondige rede vir gebed tot bevryding :idea:

Gene
Mar 6th 2009, 07:05 AM
Ekskuus, maar die manier hoe julle soms met die Woord omgaan, verstom my telkens. Julle maak alles so ingewikkeld. Mense, kyk tog na die konteks en die betekenis van wat daar staan, en moenie jou blind staar teen spesfieke woorde nie. Gen 34:1-3 kan nie gebruik word om te motiveer dat die term "soul ties" enige iets met seksuele omgang te doen het nie. Dit is bloot 'n manier van praat, en dit se bloot dat Sigem op Dina verlief geraak het, nadat hy met haar gemeenskap gehad het....

Onthou dat die Bybel deur mense geskryf is (natuurlik deur die HG geinspireer) Maar mense het maar elkeen sy eie manier om 'n ding te se, sekere woorde of uitdrukkings is eie aan sekere mense. Dit is vandag nog net so. En om te se, "sy siel het verkleef geraak aan haar..." het geen ingewikkelde of diepere betekenis nie. 'n Ander manier om dit te kon se, sou wees "hy het sy hart op haar verloor...." Dit sou tog nie beteken het dat sy hart nou letterlik weg was nie?

Die term "sielsgenote" beskryf bloot twee mense wat baie geheg is aan mekaar, wat mekaar verstaan en aanvul, wat alles met mekaar kan deel, en mekaar se grootste maats is. Die term se eintlik letterlik dat hulle "siele ooreenstem" of "aanmekaar verbind is." Myns insiens behoort elke getroude paar "sielsgenote" te wees. (En soos Psalm tereg opgemerk het, was Dawid en God as't ware "sielsgenote" - iets om na te streef)

Dit is vir my absurd om te glo dat twee mense wat geslagsgemeenskap met mekaar het, nou sielsgenote gaan wees. (Daarmee keur ek hoegnaamd nie seksuele omgang buite die huwelik goed nie, maar dit is 'n ander onderwerp) Skies, maar dit is hoe ek dit sien.

Ta-An
Mar 6th 2009, 08:15 AM
Dit is vir my absurd om te glo dat twee mense wat geslagsgemeenskap met mekaar het, nou sielsgenote gaan wees. (Daarmee keur ek hoegnaamd nie seksuele omgang buite die huwelik goed nie, maar dit is 'n ander onderwerp) Skies, maar dit is hoe ek dit sien.psalm, ek het gese ek weet nie of "Sielsgenote" die regte woord is nie, miskien eerder "Siels verklewing" ek is nie so seker van die Afrikaanse term nie ;)

Lanie
Mar 6th 2009, 08:40 AM
Oom Gene, soos ek ook in my eerste plasing hier bo sÍ, ek is nie so seker of dit wat ek gehoor het van "soul ties" die waarheid is nie. Maar dis die enigste soort soul ties waarvan ek al gehoor het.... of dit wat ek gehoor het die waarheid is, is ek nie so seker van nie. Ek stem ook saam dat hierdie tipe "soul ties" waarvan ek mense al hoor praat het en die term sielsgenote twee heeltmal verskillende goed is. Ek het 'n vriendin wat vir my 'n sielsgenoot is....:D Ek glo mens kan in enige mens 'n sielsgenoot vind, dit hoef nie net jou eggenoot te wees nie. Maar natuurlik is dit die ideaal dat 'n man en sy vrou sielsgenote moet wees....

Gene
Mar 6th 2009, 09:22 AM
Okeeey!!! Ek was alweer te haastig, julle praat van iets heel anders....Ek ken nie die term "soul ties" in 'n ander sin as "sielsgenote" nie. Maar ek aanvaar dit kan waarskynlik na iets anders verwys. Maar ek dink steeds nie dat gemeenskap met iemand kan veroorsaak dat julle "siele aan mekaar kleef" of dat dit enige tipe van "verbintenis" veroorsaak nie - veral nie gedwonge gemeenskap nie. Onthou dat Sigem op Dina "verlief" geraak het, nie sy op hom nie....? Maar goed, ek gee toe, ek weet nie regtig waarna die term "soul ties" verwys nie.

Terloops, ACCM, my naam is Gene (nie Psalm nie!) En Lanie, ek is nie met jou tannie getroud nie!

Die Filadelfieer
Mar 6th 2009, 09:39 AM
Hierdie is 'n moeilike ene en ek sien al hoe skuif hierdie draad kontro toe.

Persoonlik is ek ietwat skepties oor die idee van "soul ties" , en ek sukkel om dit in die Bybel raak te lees. Verstaan mooi, ek maak glad nie afbreek aan die spesiale band tussen man en vrou nie (dit wat God bymekaar gevoeg het) maar of dit mens se siel beinvloed, is ek glad nie so seker van nie.

Die Bybel praat wel van VLEESLIK een word :



1 Cor 6:16 Of weet julle nie dat hy wat 'n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sÍ Hy, sal een vlees wees.


...maar wat is die korrekte eksegese hiervan ? Gaan dit slegs oor prostitusie en die vleeslike teenoor die geestelike ?

Mynsinsiens gee die Corinthe brief tog die antwoord vir "soul ties" :



1 Corinthians 6:20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.


Die vraag wat ons dus moet vra, is of ons ons siele met andere kan deel indien dit in die eerste plek nie aan ons behoort nie, maar aan God. Dit is tog Hyself wat dit in die eerste plek "in ons neuse geblaas het" (Vergelyk Genesis skeppingsverhaal)

Lanie
Mar 6th 2009, 12:02 PM
En Lanie, ek is nie met jou tannie getroud nie!

Jammer Meneer, maar meneer moet verstaan dat hier onlangs 'n onderonsietjie was oor respek en meneer kon my pa gewees het...:monkeyd:

Die Filadelfieer
Mar 6th 2009, 12:06 PM
Jammer Meneer, maar meneer moet verstaan dat hier onlangs 'n onderonsietjie was oor respek en meneer kon my pa gewees het...:monkeyd:

Oupa ook. :D >>>>>>>>>>>>>

Ta-An
Mar 6th 2009, 05:10 PM
Terloops, ACCM, my naam is Gene (nie Psalm nie!) En Lanie, ek is nie met jou tannie getroud nie!My humble appologies :blush:

Gene
Mar 9th 2009, 07:32 AM
Jammer Meneer, maar meneer moet verstaan dat hier onlangs 'n onderonsietjie was oor respek en meneer kon my pa gewees het...:monkeyd:
:giveup: Ek het regtig nie meer woorde nie, Dogter..... (Fila, stil daar in die kombuis, hierdie gaan jou nie aan nie ;))

Lanie
Mar 9th 2009, 07:44 AM
Oom Gene.........:hug: Ons is mos familie. ;)