PDA

View Full Version : Johannes die Doper

marline
Mar 7th 2009, 06:32 PM
Waarom het God toegelaat dat Johannes die Doper onthoof is? Ek het die antwoord gekry dat sy taak op aarde klaar was, en dat hy die weg na die doderyk vir Jesus moes voorberei, net soos hy ook die doop vir Hom moes voorberei. Nou weet ek nie of dit net bespiegeling is nie, want ek kon nie bevesting kry hiervoor nie. In Josephus se geskrifte kon ek ook nie iets hiervan sien nie, miskien het ek dit misgelees. Kan julle dalk help?

Franciscus
Mar 8th 2009, 03:21 AM

Marline.

My eerste vraag is hoekom dit vir jou belangrik is. As mens begin vrae vra oor hoekom God dit of dat toegelaat het, dan kan mens teruggan tot by Adam en Eva.

As God gedink het, dat dit belangrik is, sou Hy ons Skrif daaroor gegee het. Nou vra mens die vraag en die antwoord wat jy gaan kry gaan bloot die persoon se spekulasie wees. En dit gaan verskil van persoon tot persoon.

Wat belangrik is, was Johannes se werke en dat hy die voorloper van Jesus was. Die werklike rede vir sy onthoofding was nie eers belangrik genoeg om in die bybel aangeteken te word nie. Dit is bloot oorleweringe wat deur Josephus aangeteken was.

Miskien is daar ander wat 'n studie gedoen het en jou meer kan help. Die antwoord wat jy alreeds het is na my mening bloot spekulasie, want ek kry geen direkte Skrif daaroor nie.

Groete