PDA

View Full Version : Bediening: Hoekom almal mt Evangeliseer?



CFJ
Mar 8th 2009, 09:40 AM
Baie mense vermy evangelisasie, want dit is net vir sekeres bedoel. Die vraag is, is dit werklik so?


Toe s Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.
(Mat 9:37-38 AOV)
In Brasili het dit gebeur dat daar op ‘n stadium net een Baptiste gemeente oor was. Die plaaslike predikant het onder leiding van die Heilige Gees tot die besef gekom, dat daar nie meer ge-evangeliseer word nie en juis nie op die skaal wat God verwag, Sy kinders dit moet doen nie. Sy gemeente was ongeveer net 100 lidmate en hy het voorgestel dat elke een van hulle moes begin evangeliseer, waarna daar heelwat teenkanting was, juis omdat kennis ontbreek het.

Hy het dit duidelik gestel dat die Baptiste Kerk ‘n predikant’s-kerk geword het en dat dit nie is wat Kerk beteken nie. Toe die gemeentelede begin om verskonings te soek, het hy dit duidelik gemaak dat dit nie so moeilik is, soos hulle voorgee dit is nie, want mens moet net ‘n hart h, om te kan evangeliseer. Vrder moet mens net twee dinge weet, dan kan mens vir die Here werk en dit is,


Iets het fout gegaan hier op aarde en Genesis vertel wat gebeur het.
Die res van die Bybel vertel van God se oplossing.

Twee jaar later, toe is daar ongeveer 100 Baptiste gemeentes in Brasili gewees en die boodskap is duidelik, sonder evangelisasie, is die Kerk dood en sal die Kerk ‘n stadige dood sterf. Hieronder is ‘n praktiese gids, om evangelisasie beter toe te lig…


Inleiding tot evangelisasie (http://marks.9marks.org/Mark5/LessonA/Slide1of1)
Wat is evangelisasie? (http://marks.9marks.org/Mark5/LessonB/Slide1of4)
Hoekom evangeliseer? (http://marks.9marks.org/Mark5/LessonC/Slide1of3)
Wie moet evangeliseer? (http://marks.9marks.org/Mark5/LessonD/Slide1of1)
Hoe evangeliseer mens? (http://marks.9marks.org/Mark5/LessonE/Slide1of2)
Besinning oor evangelisasie (http://marks.9marks.org/Mark5/LessonF/Slide1of1)
Kort opsomming (http://marks.9marks.org/overview.php?mark=5)
Werk gerus hierdeur en voeg by of wys iets uit wat moontlik meer effektief kan wees, sou jy graag wil of sou dit nodig wees.

Gene
Mar 10th 2009, 09:51 AM
Hi CFJ

Evangelisasie is die hooftaak van die Kerk van Christus (en dus ELKE christen) op aarde. Dit is waarom ons bestaan. Almal word nie noodwendig geroep om alles te laat staan en voltyds sendingveld toe te gaan nie, maar ELKEEN van ons het 'n verpligting om op een of ander wyse by evangelisasie betrokke te wees. Daar in die werksplek, by die huis, in die winkelsentrum, langs die sportveld..... deur gebed, deur finansiele ondersteuning, deur betrokkenheid by voltydse sendelinge, daar is baie maniere, maar almal van ons MOET by evangelisasie betrokke wees. Dit is nie opsioneel nie! Ons het nie 'n keuse nie, dit is waarom ons op aarde leef. Min Christene besef dit, en daarom lyk die kerk vandag soos hy lyk. Om mekaar te versterk en op te bou, om te leer, om na preke te luister ens. is die sekondere doel van die kerk, maar dit is nie die rede waarom die kerk bestaan nie.

Het julle al gedink waarom neem die Here ons nie dadelik hemel toe wanneer ons wedergebore word nie? Waarom los Hy ons in hierdie gebroke wereld met al sy swaarkry en onvolmaakthede, om nie eens van die versoekinge en die stryd om regop te bly, te praat nie? As ons bestaan om te leer, of om mekaar op te bou en te versterk ("warm te broei") of om God te prys en na preke te luister, dan kon ons dit mos net sowel in die hemel gedoen het. Dit sou baie meer sin gemaak het as God ons dadelik weggeneem het sodra ons wedergebore is. Maar ons is hier......enkel en alleen omdat Hy ons hier nodig het! As mense nie ge-evangeliseer het nie, was ons almal vandag verdoem!

Dankie vir die skakel, ek het nog nie daarna gekyk nie, maar ek glo dis baie waardevol en ek gaan dit beslis gebruik.

Die Filadelfieer
Mar 10th 2009, 01:14 PM
Gene,
Bg pos van jou is werklik uitstekend. Harde woorde, maar nie iets waarvan 'n Christen moet wegskram nie.

CFJ
Mar 11th 2009, 08:27 AM
Hi CFJ

Evangelisasie is die hooftaak van die Kerk van Christus (en dus ELKE christen) op aarde. Dit is waarom ons bestaan. Almal word nie noodwendig geroep om alles te laat staan en voltyds sendingveld toe te gaan nie, maar ELKEEN van ons het 'n verpligting om op een of ander wyse by evangelisasie betrokke te wees. Daar in die werksplek, by die huis, in die winkelsentrum, langs die sportveld..... deur gebed, deur finansiele ondersteuning, deur betrokkenheid by voltydse sendelinge, daar is baie maniere, maar almal van ons MOET by evangelisasie betrokke wees. Dit is nie opsioneel nie! Ons het nie 'n keuse nie, dit is waarom ons op aarde leef. Min Christene besef dit, en daarom lyk die kerk vandag soos hy lyk. Om mekaar te versterk en op te bou, om te leer, om na preke te luister ens. is die sekondere doel van die kerk, maar dit is nie die rede waarom die kerk bestaan nie.

Het julle al gedink waarom neem die Here ons nie dadelik hemel toe wanneer ons wedergebore word nie? Waarom los Hy ons in hierdie gebroke wereld met al sy swaarkry en onvolmaakthede, om nie eens van die versoekinge en die stryd om regop te bly, te praat nie? As ons bestaan om te leer, of om mekaar op te bou en te versterk ("warm te broei") of om God te prys en na preke te luister, dan kon ons dit mos net sowel in die hemel gedoen het. Dit sou baie meer sin gemaak het as God ons dadelik weggeneem het sodra ons wedergebore is. Maar ons is hier......enkel en alleen omdat Hy ons hier nodig het! As mense nie ge-evangeliseer het nie, was ons almal vandag verdoem!

Dankie vir die skakel, ek het nog nie daarna gekyk nie, maar ek glo dis baie waardevol en ek gaan dit beslis gebruik.

Amen Gene! Jy kan gerus die skakels deurwerk, veral omdat dit nie lywige redenasies is nie, maar kort en bondig by die punt kom.