PDA

View Full Version : BELANGRIK Kuier, kuier, kuier!!!!



Lanie
Mar 9th 2009, 08:08 AM
Ons wil graag 'n Lighuis-kuier/braai reŽl, as dit die Here se wil is, vir Saterdag 11 April. Ta-An en haar man was so gaaf of hulle plekkie vir ons beskikbaar te stel. Dis Írens in Pretoria (as ek dit reg het, An?) So dit is redelik sentraal, behalwe nou vir al die maatjies in KZN en die Kaap... (sorry jong... julle moet maar julle strandhuise vir die Gautengers beskikbaarstel sodat ons 'n slag daai kant toe kan kom.... (ek was nog nooit eers verby Kimberley nie... :())

Een en almal is welkom. Indien jy en jou vroutjie (oeps - of hubbie) en kiddies en poedel en hamsters wil kom saamkuier, laat weet my asseblief op hierdie draad sodat ons verdere reŽlings kan tref. Ons gaan net lekker kuier, mekaar beter leer ken en 'n broodjie saam breek. Elke ou moet sy eie eetgerei, vleis en koeldrank saambring (geen drank word daar toegelaat nie...) en ek dink seker stoele, nť An? Ek sal dan later meer reŽlings deurgee oor slaaie en ander bykosse vir die vroutjies... en die manne moet asseblief net reŽl vir braaiers en daai tipe goed.... dis nie ons afdeling nie....:P

So... wie sien kans om vir Phil te ontmoet???? :lol:

Phil Fourie
Mar 9th 2009, 08:43 AM
So... wie sien kans om vir Phil te ontmoet???? :lol:

Ai jai jai jai jai jai jaaaaaaaaiiiiiii. Ek is nie SO 'n bad mens nie, julle darm :rolleyes:

Die Filadelfieer
Mar 9th 2009, 08:52 AM
:P

So... wie sien kans om vir Phil te ontmoet???? :lol:


Ek self is bietjie ..uhhmmmm ..... "versigtig".

Phil Fourie
Mar 9th 2009, 08:55 AM
Versigtig vir wat, jy ken al my geite persoonlik. Ai en ek noem julle vriende :rolleyes: :cry:

Lanie
Mar 9th 2009, 08:59 AM
Ek het vergeet om te sÍ, daar is ongelukkig nie slaapplek by Anneke vir die wat vÍr ry nie, maar daar is 'n klomp B&B's en oornagplek binne 'n 5km radius van hulle huis. En vir die wie se budget so vrot soos myne lyk sal ons boere tussen ons 'n plan kan maak. Ons self gaan by my ouers kuier en daar is ekstra slaapplek vir 1 gesinnetjie minus die poedel....:D

Ta-An
Mar 9th 2009, 09:05 AM
Julle kan maar die eetgerei los, ek het genoeg, los asseblief net julle hamsters en poedels by die huis. :eek:

My swembad area is nie omhein nie en dit is reg by die voordeur :note:

Lanie, 'n goeie uur suid van Pretoria ;)

Daar is 3 hotelle binne 3km omtrek vir slaap plek.

Phil Fourie
Mar 9th 2009, 09:19 AM
Tannie Ann

Hoe ver anderkant Centurion? Of sommer makliker, waar presies is julle? :lol:

Hoef nie presiese adres te gee nie, net waar, Gauteng is vir my soos 'n land op sy eie, 'n land wat ek nie graag besoek nie :lol:

Die Filadelfieer
Mar 9th 2009, 09:26 AM
Tannie An, 'n adres per pm asb ? Sodoende kan Racheltjie, my trusty Gee-pee-Ís die navigasie werk doen.

Die Filadelfieer
Mar 9th 2009, 09:28 AM
My swembad area is nie omhein nie en dit is reg by die voordeur :note:



Sal mens dit maak as iemand, hoogs teoreties natuurlik, van die dak af sou spring ?

Lanie
Mar 9th 2009, 09:31 AM
Sal mens dit maak as iemand, hoogs teoreties natuurlik, van die dak af sou spring ?

:rofl: :rofl: :rofl: Jy maak alweer my dag!!! :hug::kiss:

CFJ
Mar 9th 2009, 09:33 AM
Ek hoop my dinge werk reg uit, want ek moet iemand sien vir besigheid en dit kan net dalk in daardie tyd wees, dan kan ek ook weer vir Phil ontmoet... :D

Lanie
Mar 9th 2009, 09:41 AM
Ek hoop ook so, Ferdi... Ek gaan darem vreeslik teleurgesteld wees as ek jou nie ook van aangesig tot aangesig kan ontmoet nie. Ek moet darem vir myself sien of alles wat Phil my vertel, die waarheid is....:P :lol: ;)

Phil Fourie
Mar 9th 2009, 10:45 AM
Ek het nou nie eers die ergste van Ferdi vertel nie

Die Filadelfieer
Mar 9th 2009, 10:52 AM
Ek het nou nie eers die ergste van Ferdi vertel nie


oe ! oe ! oe ! Wag, ek gaan haal gou die popcorn dan vertel jy bietjie vir ons. :D

Lanie
Mar 9th 2009, 12:08 PM
oe ! oe ! oe ! Wag, ek gaan haal gou die popcorn dan vertel jy bietjie vir ons. :D

Oppas dat ek nie jou skandes uit hom uit trek nie.... :P

Okay, WIE GAAN SAAMKUIER???

Lanie +3 :) (2 kiddies)

CFJ
Mar 9th 2009, 12:25 PM
Ek hoop ook so, Ferdi... Ek gaan darem vreeslik teleurgesteld wees as ek jou nie ook van aangesig tot aangesig kan ontmoet nie. Ek moet darem vir myself sien of alles wat Phil my vertel, die waarheid is....:P :lol: ;)

Jong, jy moenie alles eet (lees: glo) wat Phil vir jou braai (lees: vertel) nie, nou nou, nou nou, is daar een of ander ongewenste gedierte in jou bord, wat met een of ander onkapabele jagtegniek platgetrek was. Hy skiet mos spek (lees: vlakvark) oor naweke. :lol::D:lol:

Phil Fourie
Mar 9th 2009, 12:32 PM
Dit is nou wat ek noem allegorie :lol:

Lanie
Mar 9th 2009, 12:39 PM
Jong, jy moenie alles eet (lees: glo) wat Phil vir jou braai (lees: vertel) nie, nou nou, nou nou, is daar een of ander ongewenste gedierte in jou bord, wat met een of ander onkapabele jagtegniek platgetrek was. Hy skiet mos spek (lees: vlakvark) oor naweke. :lol::D:lol:

Ek skrik nie vir vlakvark nie, Ferdi. Ek kan vlakvark-nek gaarmaak wat manne oor vuisslaan... regtig.... :rolleyes: :lol:

Ta-An
Mar 9th 2009, 04:12 PM
Tannie Ann

Hoe ver anderkant Centurion? Of sommer makliker, waar presies is julle? :lol:

Hoef nie presiese adres te gee nie, net waar, Gauteng is vir my soos 'n land op sy eie, 'n land wat ek nie graag besoek nie :lol:Yup, Gauteng :idea:
Jy ry so met die pad daar van jou af, en dan draai jy links by die afdraai voor die garage se afdraai, en jy hou reguit aan. ... tot jy die hotel kom ne, en dan kry jy die kerk, en dan draai jy soontoe,,,, en dan stop jy en jy stop weer, en dan draai jy daarso soo... en dan bly ons by die huis met die bruin hek :pp

Ta-An
Mar 9th 2009, 04:17 PM
Sal mens dit maak as iemand, hoogs teoreties natuurlik, van die dak af sou spring ? Ja, maar eers moet jy op die dak klim ne, en dis hoog ne..... en dan met jy vÍr duik ne, en net so biekie skeef dan kan jy die water maak ne..... vra vir Ferdi, hy het amper die swembad raakgetrap toe hy so skuins geloop het na sy motor toe....

Gene
Mar 10th 2009, 12:54 PM
Yup, Gauteng :idea:
Jy ry so met die pad daar van jou af, en dan draai jy links by die afdraai voor die garage se afdraai, en jy hou reguit aan. ... tot jy die hotel kom ne, en dan kry jy die kerk, en dan draai jy soontoe,,,, en dan stop jy en jy stop weer, en dan draai jy daarso soo... en dan bly ons by die huis met die bruin hek :pp

Met ander woorde, die derde huis aan die linkerkant as jy Gauteng binnekom.....

Ta-An
Mar 10th 2009, 02:05 PM
Met ander woorde, die derde huis aan die linkerkant as jy Gauteng binnekom.....Net so Gene, Haai hoe het jy geweet ??:hmm:

CFJ
Mar 10th 2009, 03:13 PM
Net so Gene, Haai hoe het jy geweet ??:hmm:

Hy het met die verkyker gekyk...

mari
Mar 11th 2009, 11:33 AM
So... wie sien kans om vir Phil te ontmoet???? :lol:



... :o ... ekke sit veiling suid agter die berge ..... :spin: ....

ons sal maar 'n kaapse kuier die kant moet reel .....

geniet dit !
m

marline
Mar 11th 2009, 12:40 PM
Met ander woorde, die derde huis aan die linkerkant as jy Gauteng binnekom..... Is dit daardie groooot 3 verdieping huis met baie palm bome en olimpiese swembad? Nou weet ek ook :bounce:

MercyChild
Mar 11th 2009, 12:47 PM
Ek sien An het gesÍ alle hamsters by die huis..........maar dis ok, ek sal myne by die huis los, maar kan ek vir Mike an Bruno bring........ag julle sal sommer baie van die twee ou luis slangetjies hou.........hulle geniet vreeslike baie aandag.......:D

Ta-An
Mar 12th 2009, 07:21 PM
Is dit daardie groooot 3 verdieping huis met baie palm bome en olimpiese swembad? Nou weet ek ook :bounce:Nee, jy kom nou al weer van die verkeerde kant af in :rolleyes:
Dit is daardie plat huis met die Vye-boom en Olyfboom :)

Ta-An
Mar 12th 2009, 07:22 PM
Ek sien An het gesÍ alle hamsters by die huis..........maar dis ok, ek sal myne by die huis los, maar kan ek vir Mike an Bruno bring........ag julle sal sommer baie van die twee ou luis slangetjies hou.........hulle geniet vreeslike baie aandag.......:D:rolleyes: .

MercyChild
Mar 14th 2009, 05:20 AM
Hi An........ek dink nie Mike en Bruno is versot daarop om so baie mense om hulle te hÍ nie, so ek het dit maar goed gedink dat my skoonma hulle sal "babysit";)

Phil Fourie
Mar 19th 2009, 06:34 AM
Sal ons dalk nou hierdie kuiertjie bietjie meer amptelik kan maak, soos in wie gaan nou dit kan bywoon?

Ta-An
Mar 21st 2009, 07:07 PM
Phil is bang hy kom alleen hier aan :hug:

paidforinfull
Mar 21st 2009, 08:34 PM
Ag, julle maak my nou sommer jaloers. Ek sou baie baie graag wou saamkuier, maar dis bietjie ver vir my :cry:.

Geniet dit sommer baie, en neem tog fotos (van hamsters en al) sodat ons ook so op 'n manier kan 'deelneem'.

:hug:

Lanie
Mar 22nd 2009, 05:44 AM
An, ek dink jy kan dalk reg wees.

Phil - Man, ek het mos vir jou gese jy kan agter my koes! :lol:

PFIF - Ek vat defnitief my kamera saam. Maar vannie manne hier, ek sal maar nie name noem nie, is bietjie skugter, so ek weet nie of ek hulle gaan kan oorreed om hulle bakkies op die forum te plak nie.

paidforinfull
Mar 22nd 2009, 01:01 PM
PFIF - Ek vat defnitief my kamera saam. Maar vannie manne hier, ek sal maar nie name noem nie, is bietjie skugter, so ek weet nie of ek hulle gaan kan oorreed om hulle bakkies op die forum te plak nie.


Hehe - jy kan altyd daai ouens 'edit' met paintshop - sit vir hulle woeste baarde en snorre aan sodat hulle onherkenbaar is :rofl:.

Lanie
Mar 22nd 2009, 02:08 PM
Dalk het Fila reeds 'n woeste baard, wat dan? :hmm:

protea
Mar 22nd 2009, 02:26 PM
Ek sal ongelukkig nie julle kuier kan bywoon nie ,want Paasnaweek gaan ons weer roei op die Oranje. Hierdie keer net ons gesin en wie die Here ook al beplan om die res van die groep uit te maak. Daar is datums geskuif om die 2 studente sussies te pas want die vakansiedatums van die 2 universiteite het verskil en op n stadium was die trip af ,maar gelukkig toe weer aan. MAAR ek sal aan my maatjies by Lighuis dink veral as ons weer Nagmaal hou so teen die rivier op Goeie Vrydag. My druiwesap staan al hoeka reg! Julle moet HEERLIK kuier en OK ,OK, ek sal nie weer my mik-en-druk in die rivier laat beland nie....:hug:

paidforinfull
Mar 22nd 2009, 02:40 PM
Dalk het Fila reeds 'n woeste baard, wat dan? :hmm:

Sit vir hom 'n smiley-face maskertjie op - so 'n ene: :)

Phil Fourie
Mar 23rd 2009, 05:46 AM
Julle hoef nie verder te spekuleer oor Fila se woeste baard nie ;)