PDA

View Full Version : BELANGRIK Verjaarsdagmaatjie



Phil Fourie
Mar 18th 2009, 05:38 AM
Ek wonder wie dit kan wees, maar ek het 'n vogeltjie hoor vluit dat ons vandag 'n verjaardagmatertjie onder ons het, een wat nogals spesiaal vir my 'n souttertjie of twee gaan bak. Maar wie kan dit tot wees?:hmm:
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
LANIE :pp

Baie geluk Laanster, ons is baie bly saam met julle en bid die Here se rykste seŽn oor jou vir die nuwe lewensjaar;)

Die Filadelfieer
Mar 18th 2009, 06:06 AM
Sjoe, maar die mense op Lighuis raak nou oud. Nie besef ID nommers kan so vÍr terug werk nie. Geluk Lanie ! Mag jy 'n wonderlike en gesŽende dag vol soet kinders en groot persente hÍ. :hug::hug::hug:

Lanie
Mar 18th 2009, 06:30 AM
Dankie my twee lighuis-boeties....:hug:


(Phil....sjjjjjjjt oor die souttert, nou-nou dink Fila ek is liewer vir jou as vir hom.)

Phil Fourie
Mar 18th 2009, 07:09 AM
Maar dit is mos so :saint:

Gene
Mar 18th 2009, 08:02 AM
Sjoe, maar die mense op Lighuis raak nou oud. Nie besef ID nommers kan so vÍr terug werk nie. Geluk Lanie ! Mag jy 'n wonderlike en gesŽende dag vol soet kinders en groot persente hÍ. :hug::hug::hug:

Fila
Jy het nog nie MY ID nommer gesien nie..... (Wanneer ek verjaar, sal jou wens vir my seker groot kinders en soet presente wees....)

Lanie
Van my kant af ook BAIE geluk met jou verjaardag. :kiss:Mag jy net so oud word soos ek (en nog sommer BAAAAIE ouer) Terloops, kan mens souttert per e-pos stuur?;)

Groetnis!!

CFJ
Mar 18th 2009, 08:03 AM
Geluk Lanie en mag jy sommer 'n mooi dag hÍ. Gaan jou man vir jou 'n vlakvarknekkie met jou resep gaarmaak vandag? Ek hoop nie die vrouens slaan vuis daaroor nie, ek bedoel trek hare daaroor nie... :lol:

Ta-An
Mar 18th 2009, 08:45 AM
Baie geluk Lanie!! :hug:

En siende dat ons bestellings mag plaas..... Pampoen koek asseblief :pp

Phil Fourie
Mar 18th 2009, 09:33 AM
Pampoen koek.

Tannie Ann, dit is 'n verjaardag, nie 'n Sondagmiddagete nie :rolleyes: :lol: ;)

Lanie
Mar 18th 2009, 09:46 AM
(Ta-An.... moenie van koek praat nie, bid jou aan, ek nooi hom vir tjoklit koek maar kry 'n bestelling vir iets souts.... wie eet nie verjaarsdagkoek nie? :crazy:)

Ek wonner nou net waar kom die gebruik vandaan dat mens wanneer jy verjaar vir mense moet koek gee... eintlik moet die verjaarsdagmaatjie bederf word... :lol:

Phil Fourie
Mar 18th 2009, 10:11 AM
Jy sien die probleem is as volg. As die verjaardagmaatjie 'n koek bak vir almal wat kom kuier is dit alles goed en wel, elkeen kry 'n snytjie koek, drink 'n koppie tee. Maar dink jou nou in, as daar nou 20 mense by jou kom kuier en elkeen bring 'n koek saam, wie gaan die goed opeet? :hmm:

MG Van Wyk
Mar 18th 2009, 10:11 AM
Hey Lanie,

Baie geluk met jou verjaarsdag! Mag alles wat mooi is die jaar vorentoe vul!

M :)

Psalm
Mar 18th 2009, 11:00 AM
Hi Lanie,

mag jy 'n Geseende dag beleef, gevul met die Liefde van ons Vader!

Mag nie net die dag geseend wees nie maar ook die dae daarna, dae waarin jy groei in jou Gees, en jou Siel en liggaaam onderwerp aan God se Gees, in Jesus Bly en elke oomblik groei in Sy wysheid en verstandig word, sodat jy Sy lig laat skyn, nie onder die tafel nie maar BO OP!

Jou kinders in die vrees van God laat opgroei en so ook die regte en goeie voorbeeld vir hulle kan wees.

Lekker verjaar en baie Seen :)

Ta-An
Mar 18th 2009, 05:19 PM
Pampoen koek.

Tannie Ann, dit is 'n verjaardag, nie 'n Sondagmiddagete nie :rolleyes: :lol: ;)
Boetie Phil, as jy hier kom eet ne, dan sal jy Pampoen brood kry saam met koffie en Pampoentert saam met middagete :pp

Willem
Mar 18th 2009, 07:04 PM
Hi Lanie,

Baie Geluk!
:hug:

Mag die beste van dit wat ons Hemelse Vader in die jaar wat verby is vir jou gedoen en beteken het die slegste van die nuwe jaar wees ( :pp alles net goeie wense vir jou en jou familie )

Geniet elke oomblik van jou man en jou kinders en alles wat die Vader in genade so oorvloedig vir ons gee.

Liefde en groete
Willem

Dauwq
Mar 18th 2009, 07:23 PM
Geluk met die Bday Lanie......Mag jy die jaar uit jou skoene gebless word

Lanie
Mar 18th 2009, 09:17 PM
Baie dankie aan almal vir die verjaarsdagwense! Ek het regtig 'n awesome dag gehad....

Phil, dankie vir jou vriendskap. Ek waardeer jou baie meer as wat ek dink jy besef. Dankie vir jou raad en leiding en lekker geselsies en dat jy besluit het om jou oor my te ontferm het toe ek regtig deur 'n eensame tydperk gegaan het. Jy dink mense hou nie van jou nie...... ek dink jou verbeelding is so bietjie op hol, maar as dit so is, is dit omdat hulle jou nie regtig ken nie.... ;)

Fila, ek dink van almal op Lighuis geniet ek jou die meeste. Jy laat my ten minste een keer per week hardop lag. Jy is regtig 'n "cool dude", om nou 'n sÍding van ons generasie te gebruik. (O ja, my man wil weet hoekom mag jy my terg oor ouderdom maar hy mag nie? :hmm:):hug:

Oom Gene... mag ek jou nou maar oom noem? :hug: Nee, ek kry nie die cd-rom toe as die souttert daarin is nie :crazy:, toe het ek maar oom se stukkie ook vir Phil gegee....:P Maar oom kan 'n stukkie tjoklitkoek kom haal by Anneke se huis die 11de........ dankie vir die mooi wense, ek is nie bang vir oudword nie..... met ouderdom kom daar hopelik vir my wysheid ook.....

Ferdi, ek vertrou my man nie eers met 'n hoendereier nie... hy sal daai varknekkie net versies..... maar ek het darem melkkoffie innie bed gekry en 'n naslaan bybel :pp, en 2 dvd's. Hy bederf my lekker.... Dankie vir jou vriendelikheid en diplomatiese manier van dinge doen. Ek het baie, baie respek vir jou. :hug:

Anneke, dankie vir alles. Dankie vir jou raad en bystand en al jou gebede met my aankoms hier by Lighuis. Dankie ook vir nou die dag se geselsie. Ek waardeer jou baie. Ek kan nie wag om jou te ontmoet nie.....:hug: :kiss:

Mari (van Wyk)... baie dankie. Ek ken jou nog nie so lank nie maar ek geniet jou energie en uitkyk op dinge. Ek is seker ons gaan nog lekker saamkuier.... :hug:

Psalm... baie dankie vir jou mooi wense... jy weet hoe voel ek oor jou. Jy bring 'n wysheid wat net van die Heilige Gees af kan kom met jou plasings. Dis 'n voorbeeld vir my om na te streef, om myself so fyn te kan instel om die Heilige Gees se stem te hoor en te gehoorsaam....:hug:

Boeta Willem... my hollandse boetie. Dankie vir jou broederlike liefde, jou opregtheid en onskuldige eerlikheid waarmee jy goed benader. Ek dink jy kan vir 'n paar slim mense leer waaroor Jesus se liefde en genade eintlik gaan. So skerp as wat jy is, kan ek nogsteeds altyd 100% sin maak van wat jy sÍ, nooit ingewikkeld nie, want eintlik is dit nie nodig om ingewikkeld te wees nie..... :hug:

Dauwq.... DAnkie, DAnkie, DAnkie :lol: :hug:

Phil Fourie
Mar 19th 2009, 05:38 AM
Boetie Phil, as jy hier kom eet ne, dan sal jy Pampoen brood kry saam met koffie en Pampoentert saam met middagete :pp

Dan moet ek seker maar op 'n Sondag kom kuier ne? :P

marline
Mar 19th 2009, 06:02 AM
Hi Lanie, Ek is 'n dag laat, maar wil tog my gelukwensing by die ander s'n voeg. Mag jy 'n wonderlike en geseende jaar he. Ek sal jou verskoon met die koek, wil nou nie my dieet bederf nie. :blush:

protea
Mar 19th 2009, 11:25 AM
Hi Lanie ! Al is dit laat , veels geluk! As ek aan jou dink , dink en aan n goue 'nugget' wat hulle in riviere ontgin , waarom sal ek nie kan se nie ... Oor die kosbaarheid daarvan is daar egter geen twyfel nie! :hug:

Ta-An
Mar 19th 2009, 11:26 AM
Dan moet ek seker maar op 'n Sondag kom kuier ne? :PMaar jy weet mos, by my is Saterdag ok Sondag :D
Ek kook nie een van die twee dae nie ;), dis net oorskietkos op die twee dae by my huis :pp