PDA

View Full Version : Vanoggend se stiltetyd



Ta-An
Mar 18th 2009, 08:34 AM
Geruime tyd nou al in my stiltetyd kry ek die boodskap : Call on My Name... skriftuurlik is dit ook korrek :)
Psalms 116:4 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=19&CHAP=116&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=4) Maar ek het die Naam van die HERE aangeroep: Ag, HERE, red my siel.

Jes 41:25 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=23&CHAP=41&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=25) Ek het uit die Noorde een verwek, en hy het gekom; van die opgang van die son af een wat my Naam sal aanroep; en hy kom oor die owerstes soos oor modder, en soos 'n pottebakker die klei trap.

Jer 7:10 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=24&CHAP=7&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=10) en dan kom staan voor my aangesig in hierdie huis waaroor my Naam uitgeroep is, en sÍ: Ons is verlos! --om al hierdie gruwels te doen?

En terwyl ek so lees in Eksodus (ek het die al vantevore gepos, ek dink aan die Eng. kant... weet nie nou waar nie :hmm: ) kom dit weer net by my op Toe Moses na Egipte is, sÍ G-D,
Eksodus6:2 En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige,( ElShaddai) maar met my Naam HERE (YHVH) het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.

Ek speel baie met pictographs, en wanneer jy YHVH oorteken op prentjieskrif, dan lees dit : Hand, man, spyker, man.... per interpretasie: die hand van die man waardeur die spyker is, sal weer kom.Oftewel, die man deur wie se kand die spyker is, sal weer kom. YHVH beteken: G_d van die Verbond, en wat is die verbond? Die verlossing in Chritus :pp

miepie
Mar 18th 2009, 10:01 PM
Amen! :pp :pp :pp

Baie liefde,
Mieke :kiss: