PDA

View Full Version : Twee Kindergedigte



paidforinfull
Mar 21st 2009, 02:30 PM
Nagvrees
(Belinda van Rensburg)

Ek het 'n baie goeie verbeelding;
Van enigiets maak ek gou-gou 'n speelding
In my gedagtes droom ek dinge op
Wat slegs bestaan in my eie kop.

Soms in die donker, swarte nag
Verbeel ek my monsters lÍ loerend en wag
Vir my om aan die slaap te raak
Sodat hulle my bang kan maak.

Ek wonder waar die gedrogte skuil?
Ek is baie bang en lus om te huil -
Wat moet ek doen? Hoe moet ek maak,
Om van die gedagtes ontslae te raak?

Ek vou my hande en bid klip hard
ďJesus, alles is donker en swart
Ek is vreesbevange; bang
Vir monsters en goeters wat my wil vang.

Help my, Jesus; help my tog
Beskerm my teen elke gedrog
Stuur U engele om oor my te waak
Sodat ek veilig en rustig kan slaap.Ē

--------------------------------

My Hartjie Is Bly
(Belinda van Rensburg)

Dankie Jesus vir voŽltjies wat sing
Sprinkane wat spring
'n nuwe begin.

Dankie vir hierdie mooie dag
Vir vreugvolle lag
En rus in die nag.

Alle mooi dinge is deur U gemaak -
Sagte diertjies om aan te raak
Gesonde kossies wat lekker smaak
Eng'le wat dag en nag oor my waak
'n Pappa en Mamma wat lief is vir my;
U hele Skepping maak my hartjie bly.

protea
Mar 22nd 2009, 02:50 PM
Pretty Belinda, jy dig pragtig! En wie van ons het nie ook al as n kind wakker gele met vrese nie(baiekeer ongegrond, maar wel.) Veral diegene met vrugbare verbeeldings... Doet zo voort , Sis!:hug:

marline
Mar 23rd 2009, 05:48 PM
Te pragtig!!!!:kiss:

paidforinfull
Mar 24th 2009, 12:51 AM
Ag dankie, julle.

Ek het regtig 'n hart vir kinders en het nogal 'n paar Engelse kindergediggies geskryf. Ek is nou besig om hulle op my webblad te sit. Ek wil ook graag begin om kinder storietjies te skryf (toe my dogter klein was het ek altyd vir haar stories opgemaak - volgens bestelling, nogal! :)). Nou wens ek net ek het iemand geken wat goed kon teken of skilder om bietjie prentjies te teken ...... (hint hint ;)).

protea
Mar 24th 2009, 01:11 PM
By die skone kunste is stokmannetjies teken my baie prominente plafon...;)