PDA

View Full Version : Bespreking Waardes en Norme



MG Van Wyk
Mar 24th 2009, 07:53 AM
Wat het gebeur met die mense se normes en waardes? :eek:

Phil Fourie
Mar 24th 2009, 09:52 AM
MG

Mense het hulle eie godjies geword

Die Filadelfieer
Mar 24th 2009, 11:09 AM
Volgens die leer van evolusie is daar nie so iets nie. Die wat wel dink dat daar op 'n tyd so iets was het bloot hulleself verbeel, of is mislei deur die fundamentalistiese Christene wat glo en verkondig dat die Bybel die Woord van God is.

( As jy van 'n dier afstam, kan jy mos soos een optree .... of hoe ? )

MG Van Wyk
Mar 24th 2009, 11:20 AM
Phil, dit is ongelooflik! Ek dink baie van dit het te doen met mense wat weg beweeg het van God! Daar is soveel false profete daar buite en as 'n mens nie mooi oplet nie word jy ingetrek in 'n warelwoel van ek, ek, ek... Hulle probeer jou oortuig dat alles van jou af kom dat jy jou toekoms bepaal en dat jy die belangrikste is. (Ek se nie dat 'n mens nie jou eie toekoms beinvloed nie ... jy maak net nie die finale besluit nie.)

MG Van Wyk
Mar 24th 2009, 11:31 AM
Filander, dit is nie so lank terug dat daar nog so iets was soos respek, getouheid en nederigheid nie. Ek kan amper so ver gaan as te se dat dit in die laaste 10 jaar drasties verander het. In 2000 het ek matriek geskryf en alhoewel daar die uitsondering was van disrespek ens was dit nie 'n algemene voorskyn nie. Vandag is dit al hoe meer sigbaar.

Phil Fourie
Mar 24th 2009, 12:02 PM
My maggies, ek het ook in 2000 matriek geskryf. En iets wat jy noem wat ek nogals optel, dit is asof ons nog die laaste generasie in hierdie land is wat grootgemaak is om gesag te respekteer, nie dat ek dink ek is oulik nie, maar dit is maar net 'n observasie

MG Van Wyk
Mar 24th 2009, 02:10 PM
Dit is interressant :) Ek is geneig om saam met jou daar te stem. Ons is redelik streng groot gemaak. Jy respekteer ouer mense. Dit is Oom en Tannie nie net jy en jou nie. Jy heg waarde aan jou lewe en die van ander... vandag se jeug gaan aan asof 'n lewe onbenullig is. Kyk maar net hoe hul Fr Lionel (katolieke 'dominee' - ek werk vir 'n katolieke organisasie - en dit was oor die nuus) vermoor het ... dit was jong mense wat hom vermoor het van so 24?

protea
Mar 25th 2009, 04:39 AM
Filander, dit is nie so lank terug dat daar nog so iets was soos respek, getouheid en nederigheid nie. Ek kan amper so ver gaan as te se dat dit in die laaste 10 jaar drasties verander het. In 2000 het ek matriek geskryf en alhoewel daar die uitsondering was van disrespek ens was dit nie 'n algemene voorskyn nie. Vandag is dit al hoe meer sigbaar.

Ek dink nou aan n ou-ou liedjie met die woorde:
FiLANder, fiLANder so deeeeeeur die bos,
My maaaaa sy koooook so lek-ker kos.....;)

protea
Mar 25th 2009, 04:44 AM
Ander mense se kinders het seker nie so n kwaai ma en pa soos ons s'n nie ,want ons het gou vir hulle reggehelp as die 'attitude' bietjie ontstuimig raak met die woorde: Met wie praat jy???:(

MG Van Wyk
Mar 25th 2009, 05:21 AM
Haai Protea, ek het ook al daai woorde van my ouers gehoor... en as jy nie van my reels hou nie pak jou goed en gaan soek vir jou 'n huis met reels wat jou pas...
Natuurlik het ons nie dit gedoen nie ons het maar net stil terug na ons kamers verdwyn.

Maar dit het ons op ons plek gehou. Jy het geweet waar die perke was en wat toelaatbaar en nie toelaatbaar was nie. Jy het respek vir ander mense self die in jou eie ouderdoms groep en jonger nie net vir die ouer garde nie. Jy het besef die lewe is kosbaar en dat jy dit moet wardeer. Behalwe vir 'n handjie vol mense het al die waardes verlore gegaan daar is nie meer 'n ding soos om bedagsaam te wees nie.

'n Voorbeeld hiervan het ek daagliks te doen meer -versekerings veld - nie so lank terug nie het jy erken as jy 'n fout gemaak het en 'n ongeluk veroorsaak het. Vandag is daar 'n hele ander prentjie en kom die woorde 'innocent until proven guilty' baie tevore. Nou as jy 'n rooi verkeerslig oor glip en 'n ongeluk veroorsaak is jy net half skuldig en die persoon teen wie jy vasgery het is ook half skuldig (geld vir amper enige interseksie). Hoekom het die versekerings maatskappye dit so begin doen? Want daar is nie meer 'n erkening van skuld nie. Mense heg nie meer waarde aan hul self-trots nie. Hul kompromie op hul waardes om te kry wat hul wil of om hulself uit goed te wurm.