PDA

View Full Version : Inligting Gawe van Profesie



MariaPetro
Mar 25th 2009, 09:18 AM
Hallo almal.

Hoop julle het almal 'n wonderlike dag so ver.

Ek wil net graag weet of enige van julle dalk vir my kan verduidelik oor hoe die gawe van profesie werk.

Is dit altyd toekomsgerig of kan dit ook oor die verlede wees? Byvoorbeeld dinge wat mens terug hou in jou geloofslewe en wat 'n blokkasie veroorsaak en die Here op daardie manier van 'n mens afgesny word. Waarom sal die Here mense se verledes openbaarmaak aan hulle - ek verwys hier na dinge wat in die tyd van die voorouers plaasgevind het asook geheime wat rondom 'n persoon se eie kinderlewe moontlik kan wees sonder dat dit onthou word.

Die rede hoekom ek vra is omdat dit in my geval gebeur het. Ek is die Here baie dankbaar dat Hy hierdie dinge openbaar gemaak het vir my, want ek het altyd sekere van die dinge vermoed, maar nooit kon ek dit onthou uit eie herinneringe nie. Nou begin ek dinge vanself onthou. Dit was werklik asof ek tot op die ouderdom van 10 jaar oud nooit bestaan het nie, want ek kon niks onthou nie.
En wat moet ek nou met die inligting maak?

Hoe werk hierdie dinge?
Dalk 'n dom vraag, maar een wat ek nodig het om te vra sodat ek kan verstaan. ;)

Dankie almal. En mag julle 'n geseende dag verder beleef.

Maria

paidforinfull
Mar 29th 2009, 03:02 PM
Hallo almal.

Hoop julle het almal 'n wonderlike dag so ver.

Ek wil net graag weet of enige van julle dalk vir my kan verduidelik oor hoe die gawe van profesie werk.

Is dit altyd toekomsgerig of kan dit ook oor die verlede wees? Byvoorbeeld dinge wat mens terug hou in jou geloofslewe en wat 'n blokkasie veroorsaak en die Here op daardie manier van 'n mens afgesny word. Waarom sal die Here mense se verledes openbaarmaak aan hulle - ek verwys hier na dinge wat in die tyd van die voorouers plaasgevind het asook geheime wat rondom 'n persoon se eie kinderlewe moontlik kan wees sonder dat dit onthou word.

Die rede hoekom ek vra is omdat dit in my geval gebeur het. Ek is die Here baie dankbaar dat Hy hierdie dinge openbaar gemaak het vir my, want ek het altyd sekere van die dinge vermoed, maar nooit kon ek dit onthou uit eie herinneringe nie. Nou begin ek dinge vanself onthou. Dit was werklik asof ek tot op die ouderdom van 10 jaar oud nooit bestaan het nie, want ek kon niks onthou nie.
En wat moet ek nou met die inligting maak?

Hoe werk hierdie dinge?
Dalk 'n dom vraag, maar een wat ek nodig het om te vra sodat ek kan verstaan. ;)

Dankie almal. En mag julle 'n geseende dag verder beleef.

Maria
Hi Maria - wat jy hier beskryf klink eerder soos 'n 'woord van wysheid' as profesie.

Blessings.

Tonton
Mar 30th 2009, 03:08 PM
...Ek wil net graag weet of enige van julle dalk vir my kan verduidelik oor hoe die gawe van profesie werk.

Is dit altyd toekomsgerig of kan dit ook oor die verlede wees? ...Maria

Maria,

Die gawe van profesie is seker die grootste van die gawes, omdat dit individue direk stig. Dit is seker ook een van die gevaarlikstes indien dit nie van die Here is nie, want dit is dan vals en misleidend.

Sover die paidforinfull se kommentaar aangaan, stem ek saam dat jou voorbeelde eerder woorde van wysheid is - omdat profesieŽ wel toekomsgerig is.

ProfesieŽ moet getoets word. Hoewel dit toekomsgerig is, sal dit NOOIT strydig wees met die Woord van God nie. Dit behoort ook stigtend te wees.

Ons moet onderskei tussen professieŽ en waarsÍery, en die onderskeiding is te vinde in bevestigings - veral indien die bevestiging indirek kom - soos toe Maria, sonder om eers vir Elizabeth mee te deel van die interaksie van die Engel, bevestiging kry van Elizabeth af oor wat in haar (Maria se) eie skoot aangaan. Soms kom dit op ander maniere - byvoorbeeld dat jy iets in die Bybel lees, en dat die profeet dan vir jou 'n Woord van God meedeel, en dieselfde skrif aanhaal. Soms gee iemand na die tyd vir jou die skrif sonder dat hulle bewus is van die profesie.

VOORBEELD: Ek was op 'n tyd in die Logos gemeente in Brackenfell toe die predikant beroep is na 'n ander gemeente. Die plaaslike gemeente was nog nie bewus van die beroep nie, en die predikant het nog nie die beroeping ernstig opgeneem nie. Toe kom daar 'n besoekende prediker en sÍ uit die bloute vir die gemeente se predikant: "Christo, jy kan maar gaan - die gemeente funksioneer effektief sonder jou". Hy het dit bedoel as 'n pluimpie, maar Christo het besef dat dit 'n Woord van die Here is. Na nog bevestigings het hy die beroep aanvaar.

Dieselfde tyd was ek en my vrou "pas (weder-)gebore", en voordat Christo sy besluit bekend maak, praat ek en my vrou, en sÍ ons dat ons tuis is by die gemeente, en van die "speen af is" met Christo - hy kan maar weggaan, ons het 'n tuiste. Daardie aand kondig Christo sy besluit aan om 'n beroep te aanvaar.

Dit is seker die mees stigtende ervaring as jy sien hoedat dinge van God is.

Groete in Jesus,
Anton

mari
Mar 31st 2009, 09:50 AM
Liewe Maria

... stem saam met Pfif en Anton.... wat jy beskryf is die gawe van insig / onderskeiding ( nie seker van die spesifieke afrikaanse term nie, engels : gift of discernment ) ....

.... ek was al self in die genade posisie om hierin gebruik te word.... dit kan hartverskeurend wees, maar ook net so kosbaar helend........ ek het dit ondervind as 'n "bonatuurlik natuurlike" insig ( want dis glad nie spectacular nie en daar gaan nie vuurwerke en ho-ha mee gepaard nie, net 'n rustige "weet" wat die Vader in sy genade ontbloot ) ...... dit was spesifiek insig in jong kinders se verlede om gedragsprobleme se oorsaak te onderskei.... daar was geen manier wat ek of enigiemand anders sulke detail kon aflei uit enige s.g. sielkundige toetse nie..... dit kon net ons Vader wees wat hierdie dinge kon ontbloot in Liefde en Wysheid met die doel om tot vergifnis en versoening te kom deur Sy krag........ wat ook soms gebeur is dat "getuienis" van die gebeure / omstandighede ook in dieselfde tyd mag uitkom om die openbaring te bevestig........ ander wat betrokke was, mag dalk hulle stilte laat vaar en dan self ook tot vergifnis en genesing kom !...


..... wees rustig oor wat vir jou openbaar is en bring dit na die Voete van ons Abba Vader ...... die doel is nie om jou skuldig te laat voel of om die seer weer oop te krap nie, maar uit en uit GENESING .... en dit kom deur 'n vergewingsgesindheid ..... vergifnis vir jouself .... en ook enige ander wat hoe ook al betrokke was ...... en om die genade in die situasie te soek....... niks gebeur met jou sonder doel nie........ jy sal aan niks blootgestel word wat jy nie die krag ontvang om ook te hanteer nie.... God laat alles te goede meewerk ...... solank jy glo ........

..... as die seerkry uit jou verlede so aan jou geopenbaar is, is dit omdat jy nou reg is om die pyn te verwerk ..... en wat jy daaruit leer tot God se eer kan toepas ......... wees baie sensitief vir leiding hoe om ander wat dalk betrokke is te hanteer, of slegs in anonieme vergifnis voor God, of in liefdes gemotifeerde konfrontasie met die doel om versoening te bring......

... onthou ook die "werk" van vergifnis is ook nie joune nie, dit is in Christus bewerkstellig .... jou verantwoordelikheid is die keuse om " Sy wil te wil " ...... jy kies om God in beheer van die situasie te sit en jy kies om die betrokkenes ( jyself ingesluit ) in vergifnis te " release " .... jy kies om te wil .... jy is gewillig om genesing te ontvang en te gee en God doen die res...

sterkte op jou genesingspaadjie, jy bly in my gebede.... :hug:
groetnis
mari

Hennie du Buisson
Apr 30th 2009, 06:43 AM
Ek stem, profesie is altyd toekoms gerig. In die ou testament is daar geprofeteer, en in die nuwe testament is die profesiŽ bevestig.

Maria, die openbaring wat jy gekry het kom van die Heilige Gees af. Ek het dieselfde belewe aangesien daar ook in my verlede gapings was wat ek nie kon onthou nie. Hierdie weg word dan ook in pastorale berading gebruik, veral waar 'n persoon kwaai trauma beleef het in sy kinderjare, so erg dat hy dit nie kan onthou nie. Wat die Heilige Gees dan so aan jou openbaar, kan jy ook dan later bevestig deur met vriende of familie te gesels. Wat gewoonlik gebeur is dat mense steek goed weg, en sodra hulle dan agterkom dat jy weet, dan word die hele saak in die lig gebring.
Onthou net dat die Heilige Gees sal slegs dit openbaar wat vir jou belangrik of nodig is. Hy weet beter!

Anton, dit is so dat kommunikasie op geestelike vlak plaasvind, 'n predikant het eenkeer vir my gesÍ dat hy weet byvoorbeeld as daar struweling by 'n gemeentelid was voor die oggend diens. Ek loop toe die volgende Bybel versie raak:-
Handelinge 21:4 En nadat ons die dissipels gevind het, het ons daar sewe dae gebly; en hulle het vir Paulus deur die Gees gesÍ om nie op te gaan na Jerusalem nie.
Groete
Hennie