PDA

View Full Version : Getuienis: Lang afwesigheid



Sonia Smit
Mar 25th 2009, 09:44 AM
Hallo julle almal! Ek hoop dit gaan goed...

Ek het so baie nuus ek weet eintlik nie waar om te begin nie want ek was so lank afwesig gewees!

Die wonderlikste nuus is dat die Here vir my man 'n uitstekende werk op sy pad gestuur het! Ons gebede is verhoor en is Christiaan heeltemal uit die motorbedryf uit. Hy het 1 Maart by 'n nuwe afdeling van 'n Amerikaanse maatskappy begin werk en dit gaan baie goed. Die pakket wat hulle hom aangebied het was ook bo ons verwagtinge gewees!

In die tyd wat dit toe nou finansieel ook bietjie moeilik gegaan het, het die Here gesorg dat ons elke aand kos gehad het om te eet en Hy het vir my kinders ook versorg. Ons het aan God se belofte gehang - Ek sorg vir die mossie in die veld, hoeveel te meer nie vir jou nie.

Ek wil al die lof en al die eer en al die dank aan ons Skepper gee. Partykeer wil ons as mens net tou opgooi omdat dinge nie vinnig genoeg na ons sin gebeur nie, maar ons vergeet baie maklik dat dit eintlik die Here is wat ons dra in die moeilike tye en dat Hy aan ons sye is in die goeie tye ook!

Jammer ek was so lank afwesig gewees hierso en ek het julle almal baie gemis! Hopelik kan ek gou weer opvang hoe dit met julle almal gaan!

:hug:

Phil Fourie
Mar 25th 2009, 10:35 AM
Sonia

Ons is baie bly saam met julle, welkom terug hier by ons :hug:

Son of the South
Mar 25th 2009, 12:11 PM
Hi Sonia :wave:

:pray: Dankie vir beantwoorde gebede!

CFJ
Mar 25th 2009, 12:25 PM
Dankie vir jou mooi getuienis Sonia, mens kan nooit genoeg kry daarvan nie! Om God se krag in enige iemand se lewe te sien is aansteeklik en beteken ook baie vir enige gelowige, want mens kan nie daarsonder nie.

marline
Mar 25th 2009, 03:53 PM
Hi Sonia, jy was elke dag in my gebede en gedagtes. Ek is saam met julle dankbaar, en is so bly dit gaan goed met julle. :hug:

Lanie
Mar 25th 2009, 08:22 PM
Ag ek is so bly jys terug. En ek prys God saam met julle! Wonderlik, wonderlik!

protea
Mar 26th 2009, 05:48 AM
Hi Sonia , ons God is voorwaar n beantwoorder van gebede!:hug: Welkom terug!