PDA

View Full Version : Bespreking Drome en droom uitleggings



MG Van Wyk
Mar 25th 2009, 10:29 AM
Haai Almal!

Ek het gisteraand 'n onaardige droom gehad :confused

In bybelse tye word daar gepraat oor drome en die uitlegging van dit.
Genesis 40 v 8 - v 22 is seker een van die bekende voorbeelde.

Wat word geglo om hierdie onderwerp. Is dit veilig om uitlegging te soek?

Jesus groete
Mari

Phil Fourie
Mar 25th 2009, 10:32 AM
Ek sal sÍ nee, dit is nie veilig nie, jy plaas jouself dan onder 'n persoon en nie onder die Woord van God nie, wat nooit 'n gesonde posisie is nie. As jy dalk in jou onderbewussyn met iets worstel, kan dit wel veroorsaak dat jy daaroor droom, maar moenie een of ander profetiese uitleg daarvoor gaan soek nie, jy gaan net mislei word.

Lanie
Mar 25th 2009, 12:32 PM
Hi Mari, ek sal ook nie gaan uitleg soek van elke weird droom wat ek het nie. (En ek het baaaaaiiieeee weird drome...kon jou katte al met jou terugpraat in 'n droom? :crazy:) Dis moeilikheid soek en beweeg jy in die rigting van 'n new-age gier. Maar ek glo wel dat God met jou kan praat of vir jou dinge kan wys in jou drome. Dit het al so keer of wat met my gebeur en ek het dit dadelik geweet toe ek wakker word. Ek het ook gebid dat die Here dit vir my duideliker sal maak wat Hy vir my wou wys en ek het Skrif gaan soek oor dit wat Hy my gewys het. So ek sou sÍ as jy 'n droom het waaroor jy wonder bid daaroor en soek Skrif daaroor maar moenie na iemand toe gaan wat drome uitlÍ nie. Dis volgens my beskeie mening 'n groot no-no...:o

Phil Fourie
Mar 25th 2009, 12:44 PM
Baie goeie raad Lanie ;)

CFJ
Mar 25th 2009, 12:56 PM
Haai Almal!

Ek het gisteraand 'n onaardige droom gehad :confused

In bybelse tye word daar gepraat oor drome en die uitlegging van dit.
Genesis 40 v 8 - v 22 is seker een van die bekende voorbeelde.

Wat word geglo om hierdie onderwerp. Is dit veilig om uitlegging te soek?

Jesus groete
Mari

Hallo Mari,

Ek stem saam met die ander antwoorde wat jy gekry het. Enige uitlegging van 'n droom, sal altyd subjektief wees. As mens dieper ingaan op drome, kom mens later agter dat die heel beste is om te wag op die Here, wanneer mens antwoorde soek omtrent dit. Drome is 'n manier waarop die Here met ons kommunikeer,


Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie. In die droom, in Ďn naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed, dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seŽl op die waarskuwing aan hulle; om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg; sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.
(Job 33:14-18 AOV)

Die Filadelfieer
Mar 25th 2009, 01:43 PM
...kon jou katte al met jou terugpraat in 'n droom?

Katte is oor die algemeen nie lekker in die kop nie. Die beste raad wat ek jou kan gee is om jou katte onmiddelik vir my alsations te voer.

MG Van Wyk
Mar 25th 2009, 01:45 PM
Dankie aan almal vir jul terug voer. Ek het net gewonder daaroor want ek ken 'n paar mense wat sulke goed opsoek en wou nie te betrokke raak met die wete dat dit nie veilig kan wees nie.

Ek dink baie drome kry jy oor goed wat vandag in jou lewe gebeur. Ek is net bang ek mis 'n boodskap van God omdat ek die droom afsien.

MG Van Wyk
Mar 25th 2009, 01:47 PM
Katte is oor die algemeen nie lekker in die kop nie. Die beste raad wat ek jou kan gee is om jou katte onmiddelik vir my alsations te voer.

Shame arme katte :no:

Lanie
Mar 25th 2009, 02:03 PM
Shame arme katte :no:

Moenie jou steur aan meneer Grootbek hierbo nie, Mari. Sy nuwe stokperdjie is om my siel uit te trek.....:rolleyes:

Phil Fourie
Mar 25th 2009, 02:21 PM
Ja Lanie, hy's weer besig met kattekwaad.

marline
Mar 25th 2009, 07:39 PM
Ek droom soms ook eienaardige goed. Dan gebeur dit so. Ek noem dit sommer waar drome. Alle drome is nie waar drome nie. Soms is dit net die dag se gebeure wat met die onderbewuste smokkel. My waar drome is ook nie op die man af nie, met dit bedoel ek nie ek sal 'n ding droom soos dit gebeur nie. As ek van dood of dooie mense droom is daar swangerskap in die familie. As ek van water droom, is daar 'n groot geveg aan die broei. ens ens. Maaar, vir elke mens is verklarings van drome nie dieselfde nie, daarom is dit nie altyd akkuraat as 'n 2de persoon die droom uitle nie. Jy moet jou gemoedstoestand en emosies tydens die droom ook in ag neem.

Ek hoop nie julle gaan my nou stenig nie, ek weet baie mense dink dis bog, maar met my gebeur dit werklik so. :bounce:

paidforinfull
Mar 25th 2009, 08:37 PM
Die Here praat met Sy kinders - soms in drome of visies; deur Sy Woord; deur andere; deur die natuur; deur omstandighede en die opening en sluiting van deure, ens. Die Here praat met ongereddes ook - kyk maar vir Nebukadneser.

God het al 'n paar keer met my in visies en drome gepraat - nie baie nie - maar wel tog.

Die ongeluk is nou dit: daar is mens se eie onderbwussyn, die stemme van demone asook die Here se stem. Hier is onderskeiding en gebed vreeslik belangrik en nodig. In my geval weet ek dat ek weet dat ek weet wanneer die Here met my gepraat het - en natuurlik bid ek daaroor - soms vir jaaaaare.

Mens moet net in gedagte hou dat God eerste met mense gepraat het - die duiwel is 'n 'copy-cat' en maak sekere dinge van God na, met vreeslike gevolge sou mens daarna luister. Omdat ek uit die okkulte uit kom was en is ek vreeslik versigtig wat drome, visies en die uitleg daarvan betref.

Soos alreeds genoem is - droom-simbole beteken nie vir almal dieselfde nie. Ek vertel altyd vir mense om self te gaan bid en die Here te vra wat Hy vir hulle wil se, indien enigiets. Ek het al wel vir mense opinies gevra oor drome wat ek het, maar dit was maar grotendeels vir bevestiging (en nuuskierigheid).

Phil Fourie
Mar 26th 2009, 05:27 AM
Nou moet ons net natuurlik hierdie draad aan die Woord gaan opmeet:

Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun
HebreŽrs 1:1

Lanie
Mar 26th 2009, 05:32 AM
So jy glo nie God kan met ons "praat" (en met praat bedoel ek dinge wys en nie noodwendig 'n gesprek nie) in ons drome nie? :hmm:

Phil Fourie
Mar 26th 2009, 05:51 AM
Alles wat jy inneem moet gemeet word aan die Woord van God Lanie, as dit ek is wat voel die Here druk dit op my hart om met jou oor iets te praat, dan moet jy dit gaan meet aan die Woord, as dit iets is waarmee jy worstel in 'n droom (wat ek nog sterk glo 'n worsteling is van iets wat in jou gedagtes aangaan), meet dit aan die Woord.

Glo ek dat die Heilige Gees met ons kommunikeer, absoluut, as dit 'n worsteling is in 'n droom, dan is dit gewoonlik 'n worsteling wat jy in jou daaglikse lewe ook het. Drome is nie profeties nie, daar is net 1 profetiese woord en dit is die Woord van God. Meet alles aan die Woord van God.

MG Van Wyk
Mar 26th 2009, 05:56 AM
Ek glo nie my drome voorspel ooit enige iets nie. Dit is maar net weerspieling wat in daardie stadium in my lewe gebeur het of besig is om te gebeur. Ek glo ook die Here praat met die mens in jou drome. En ek gaan soek nie vir elke droom 'n antwoord nie want baie drome is net dit drome. Geen betekenis geen niks...

Hier is 'n voorbeeld van wat ek bedoel:
Toe ek jonger was, was daar 'n droom van perde en ander diere wat kos maak... dit is vir my net 'n droom gewees 'n verbeelding wat te veel werk :)

Deel van die onaardige droom van nou die aand, was ek aangeneem - die droom behels 'n man (wat treke het van iemand wat ek ken) waarvoor ek bang (BAIE) was en ek kon nie gou genoeg weg kom nie en 'n vrou wat beskermend was. Vir nuuskierigheid is ek na 'n droom betekenis web werf om te sien of daar iets is wat betrekking het op vandag se gebeure. Die man wat ek herken en die gevoel wat ek gekry het, se hul kan moontlik te doen he met iemand vandag in my lewe... Die vrou weerspiel ook iemand wat vandag in my lewe is en vir wie ek baie omgee. Die aanneming kan moontlik beteken dat ek iets nuuts aanpak

Ek het gaan kyk na die fase waardeur ek nou gaan in my lewe en die volgende gevind:

Die man is (moontlik) my huidige baas vir wie ek bang is - en nie oordat hy gesag het en respek afdwing nie. Maar omdat hy altyd op almal gil, kort van draad en baie sarkasties is - meeste van die tyd. Hy prys jou nie vir goeie werk nie en trap jou voor almal uit as jy iets verkeerd doen. Daar is elke tweede dag een van die meisies in trane. :cry:

Die vrou is 'n goeie vriendin met wie ek baie te doen het, sy is 'n ouer dame by die werk en ons help, ondersteun mekaar in af dae. :hug:

Die aanneming is 'n nuwe projek wat ek besig is om aan te pak. Ek is in die proses om 'n fotografie besigheid te probeer lewe gee. - juis om van die man weg te kom. :pp

(ek wil net by sit dat ek dit nie ter harte neem en elke brokkie inligting as die waarheid aansien nie... ek leef nie volgens die droom se 'betekenis' nie en as daar 'n toekoms voorspelling is skakel ek dit dadelik uit... die was bloot net 'n loer omdat ek nuuskierig was.)

CFJ
Mar 26th 2009, 08:54 AM
Glo ek dat die Heilige Gees met ons kommunikeer, absoluut, as dit 'n worsteling is in 'n droom, dan is dit gewoonlik 'n worsteling wat jy in jou daaglikse lewe ook het. Drome is nie profeties nie, daar is net 1 profetiese woord en dit is die Woord van God. Meet alles aan die Woord van God.

Hi Phil,

Persoonlik glo ek dat drome nie meer dieselfde profetiese waarde vir die mensdom het, soos byvoorbeeld die droom wat Nebukadneser gehad het oor die beeld nie. Drome kan egter nog vir die individu, profeties wees, om iemand te waarsku oor iets wat in jou persoonlike lewe kan of gaan gebeur. Drome wat ons vandag droom, is nie gemik op die mensdom nie, maar op individue.

Ek sal graag met 'n voorbeeld wil illustreer, soos ek dit verstaan. In 1996 het ek 'n droom gehad oor die anti-chris en het ook spesifiek die jaar 1997 in die droom gesien. Ek het werklik geen idee gehad hoe om hierdie droom te interpreteer nie, maar toe ek terugkyk, toe verstaan ek wat die Here aan my wou sÍ.

Die kerkverband waarin ek was, het in daardie jaar, 1997, 'n sinode-sitting in Pretoria gehad en ek het dit bygewoon. Die voorsitter van die sinode het in wese dieselfde gelyk as die gesig in die droom wat ek gehad het en die 1997 wat so uitgestaan het, het vÍrdere bevestiging gegee. In 1998 het ek hierdie denominasie verlaat en sedertdien is ek in 'n huisKerk. Die Here het dus deur 'n droom vooruit aan my gewys wat gaan gebeur en toe alles gebeur het, kon ek dit eers verstaan. Dit sou basies onmoontlik vir my wees om die droom vooruit te kon interpreteer, want ten tye van die droom het ek nie 'n idee gehad hoe die voorsitter van die sinode sou lyk nie. Ek het ook nie in my wildste drome gedink ek sou die sinode bywoon nie, juis omdat alles op baie kort kennisgewing gebeur het.

Ek kan oor 'n paar ander drome presies dieselfde getuig en ek glo vas dat drome vir die individu tog profetiese waarde het, maar nie in die Bybelse konteks van profesieŽ vir die mensdom nie. Bepaald kan mens redeneer dat hierdie spesifieke droom tog vÍrder kan strek as bloot myself, maar ek dink die Here wil eerder 'n pad met my loop om my persoonlik aan te raak.