PDA

View Full Version : Help asseblief bybel skool taak oor "creation"



Cornelia Russell
Mar 26th 2009, 08:03 PM
Ek kan kies tussen 4 vakke maar die skepping bly maar die intresantste!!!! ek wil meestal oor die wetenskap vs Bybel en hoe die wetenskaplikes "perongeluk" die Bybel reg bewys skryf. ek wil h dat die persoon wat my taak merk hoendervleis moet kry soos hy dit deur lees!!! as julle slimmes my dalk kan raad gee of web tuistes kan aan beveel waar ek kan gaan kyk, sal ek baie baie bly wees! assebliefies. :D

Johnny
Mar 27th 2009, 05:42 AM
Het jy al Kent Hovend probeer?

CFJ
Mar 27th 2009, 07:22 AM
Ek kan kies tussen 4 vakke maar die skepping bly maar die intresantste!!!! ek wil meestal oor die wetenskap vs Bybel en hoe die wetenskaplikes "perongeluk" die Bybel reg bewys skryf. ek wil h dat die persoon wat my taak merk hoendervleis moet kry soos hy dit deur lees!!! as julle slimmes my dalk kan raad gee of web tuistes kan aan beveel waar ek kan gaan kyk, sal ek baie baie bly wees! assebliefies. :D

Hier is 'n paar skakels Cornelia en in Afrikaans,


Evolusie - Feit of Fiksie? (http://www.evolusie.co.za/)

Evolusie of Skepping? (http://www.truthexposed.co.za/index.php?option=com_wrapper&Itemid=20)
Jy kan ook in ons Wetenskap Forum (http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=136) waardevolle inligting kry en daar kan jy enige van die twee modereerders nader, hulle het beide (Die Filadelfieer en Philip dT) 'n goeie kennis oor hierdie onderwerp.

Die Filadelfieer
Mar 27th 2009, 08:07 AM
Cornelia,
Skeppingsleer is, soos jy seker al agter gekom het, 'n vreeslike wye veld.
Is daar iets spesifiek wat jy in jou skooltaak wil behandel ?


ns : Hier (http://www.answersingenesis.org/get-answers/features/dinosaurs) is 'n oulike artikel met verdere skakels onder aan wat ek nou net raak geloop het.

Phil Fourie
Mar 27th 2009, 08:40 AM
Geen verrassings met Fila se skakel nie :lol:

Trudie Myburgh
Apr 1st 2009, 09:47 AM
Cornelia, Cornelia, nou toe dat ek jou nou hier in die hande kry,en dit nogal wanneer ek ook besig is om inligting te soek vir my taak. Toemaar moet nie stress nie dit gaan nie oor die evelusie nie. Ek doen my taak oor die realiteite van die Hemel. Dog maar net ek groet 'n mede student. Sien jou weer as die Bybelskool begin. Geniet jou taak en moet nie vergeet om te leer nie. Hoop jy kry waarna jy soek.

Geseende dag vir jou, Trudie

Johnny
Apr 2nd 2009, 08:02 AM
My kind se gemiddeld is 85%. Sy het egter laasweek 40% gekry vir 'n vak wat handel oor evolusie. Sy was baie ontsteld. Sy is net 12 jaar oud en ken die verskil tussen evolusie en waar ons regtig vandaan kom. As hulle s die aarde is biljoen jare oud, dan skryf sy in hakies agter haar antwoord (6000 jaar volgens die Bybel)

Ek s vir haar sy moes eintlik 0% gekry het vir die toets, want evolusie is onwaar en daar is min (geen) waarheid in nie.

Cornelia Russell
Apr 3rd 2009, 03:42 PM
Cornelia, Cornelia, nou toe dat ek jou nou hier in die hande kry,en dit nogal wanneer ek ook besig is om inligting te soek vir my taak. Toemaar moet nie stress nie dit gaan nie oor die evelusie nie. Ek doen my taak oor die realiteite van die Hemel. Dog maar net ek groet 'n mede student. Sien jou weer as die Bybelskool begin. Geniet jou taak en moet nie vergeet om te leer nie. Hoop jy kry waarna jy soek.

Geseende dag vir jou, Trudie


Nou toe nou!!! wie sou nou kon raai ek loop jou hier raak!! ek dog ek is die enigste een van ons mal klomp hier!!!! ha ha ha ha ha :rofl:dis awesome!! nou voel ek nie meer so aleen nie!!!