PDA

View Full Version : Getuienis: Die Here het ons beskerm.



Lanie
Mar 31st 2009, 06:00 AM
Ek het gewonder of ek dit wat die naweek met ons gesin gebeur het moet deel. Meerendeels omdat ek die heeltyd nog gevoel het dit was nie so vreeslik nie. Maar ek het nou met 'n paar mense gesels en almal is dit eens dat dit wel baie ernstiger kon gewees het as wat dit was, en dat ek werklik die Here se hand daarin moet sien dat niemand van ons iets oorgekom het nie.

Vrydagaand oppad van die huis na Phalaborwa, teen 110km per uur, het een van ons bakkie se voorwiele heeltemal afgekom. Ons het 200 meter ver oor die pad gegly met verkeer van voor en van agter. Die dogtertjies het agter gel en slaap, nie vasgemaak nie. Wat vir my regtig wonderlik was is dat ek gladnie bang was toe dit gebeur nie. Ek het nie geskrik nie en het geen vrees gevoel nie. Ek het net vasgehou en gewag dat die bakkie tot stilstand moet kom. Ek was vir geen oomblik benoud dat ons gaan rol of dat ons gaan seerkry nie. Ek dink dis hoekom ek nog die heeltyd voel dat dit wat gebeur het nie so erg was nie. Ek het nou gaan soek na Skrif oor kalmte wat die Here gee te midde van gevaar, maar kon nog nie kry nie. Kan iemand my help?

Psalm
Mar 31st 2009, 06:35 AM
Hi Lanie,

ja ek dink (dis nou nie skriftuurlik nie maar ek dink maar net so daaraan)eendag wanneer ons gaan wees daar in die Koninkryk van die hemele, gaan Vader as ons dit so in ons terme kan stel - 'n paar videos wys van waar Hy ons bewaar en bekerm het, dat ons monde gaan oophang, dan gaan ons dalk iets se soos: "Ja JA! Ek het dit geweet, ek het dit geweet! - Halelujah!" dan gaan Vader vir ons se, ja my kind, laat ek bietjie fast forward, kyk hier het jy getuig, kyk hoe die lig uit jou straal toe jy getuig wat jy toe met die natuurlike oog nie kon sien nie...


1 Kon 19:11-13: En Hy s: Gaan uit en staan op die berg voor die aangesig van die HERE. En kyk, die HERE het verbygegaan, terwyl n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die HERE uit; in die wind was die HERE nie. En n die wind n aardbewing; in die aardbewing was die HERE nie. En n die aardbewing n vuur; in die vuur was die HERE nie. En n die vuur die gesuis van n sagte koelte. En toe Ela dit hoor, het hy sy gelaat met sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die spelonk gaan staan. En daar kom n stem na hom wat s: Wat maak jy hier, Ela?

Vader was in die gesuis van 'n sagte koelte!

protea
Mar 31st 2009, 06:55 AM
My aardse vader, Frans, het altyd met huisgodsdiens gebid: Dankie Here, dat u vandag vir ons by gevare verbygelei het WAARVAN ONS NIE EENS BEWUS WAS NIE! En hoe kan ons nie ons Hemelse Vader daarvoor loof en prys elke dag nie! Lanie , die Vader se Hand van beskerming was voorwaar op julle en ons loof Hom daarvoor!

Die Filadelfieer
Mar 31st 2009, 09:32 AM
Ek het nou gaan soek na Skrif oor kalmte wat die Here gee te midde van gevaar, maar kon nog nie kry nie. Kan iemand my help?


Soos versoek :hug::hug:






Ps 16:8 Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.
Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;
want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.
U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.



en ook :



Ps 18:31 Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
Want wie is God buiten die HERE, en wie is 'n rots behalwe onse God?


:D

Willem
Mar 31st 2009, 10:02 AM
Hi Lanie,

Ek is SO bly om te hoor heo mooi die Vader julle beskerm het ! :pray:

Dink ons mis ook soms so baie van waar hy ons beskerm en; vermoed ek ; oorneem soos miskien dat Sy Gees in jou jou die kalmte en vrede gegee het om die stuurwiel net rustig vas te hou en te wag dat julle stop...

Vermoed Psalm is gelei in wat ons miskien eendag sal sien "nou ten dele, eendag ten volle" ? Dan kan ons saam die Vader dank vir hoe Hy ons deur alles bewaar het soos wat Sy Woord se :pp :hug: :pray:

p.s. Protea, dink jou pa was wyse man... ek dink ek kan maar sy voorbeeld in toekoms volg. Dankie..