PDA

View Full Version : Bybel vasvra

mari
Apr 1st 2009, 11:14 AM
In draad vir interessante Bybel vasvra vrae.

Daar is baie klein maar tog insiggewende detail in die Bybel vat verkeerdelik deur ons gewone ouens opnthou / interpreteer word. Die doel met die draad is om daardie interessanthede uit te lig uit die Ou en Nuwe testament verhale en nie debatte oor hierdie detail nie. ;)

Ons kan dit maklikker vir mekaar maak deur vrae te nommer vir verwysing na antwoorde .....

:idea: Kom al die slimmes hier, speel saam en laat ons Woord kennis uitbrei !

Hier gaan ons :

1 ) Waar of onwaar :
Daar was drie wyse manne by die baba Jesus in die stal in Betlehem .....

2 ) Waar of onwaar :
Die 12 stamme van Israel is die nageslag van Jakob se 12 seuns, Josef en Benjamin by sy geliefde Ragel, en die ander almal van Lea......

Johnny
Apr 1st 2009, 12:02 PM
Die Bybel praat net van wyse manne. Die geskenke wat hulle gebring het, het toe alreeds na Sy kruisdood/begrafnis en opstanding verwys.
(Prof Johan Malan verduidelik en ek haal hom aan)
Abraham beklee 'n unieke posisie as die geestelike vader van alle gelowiges n as die biologiese vader van die twaalf stamme van Israel sowel as 'n aantal Arabiese volke. Wat Jakob betref, word hy tallose kere in die Bybel f as die vader van een volk, f as die vader van die 12 stamme, f hoogstens as die vader van twee volke (Juda en Israel gedurende die 250 jaar van die verdeelde ryk van Israel en Juda) beskryf. Daar is t veel voorbeelde om te noem. Die volgende is enkele voorbeelde:
U het u volk verwerp, die huis van Jakob Jes. 2:6
Die oorblyfsel van Jakob sal terugkom na die sterke God Hy sal hulle noem: O my volk wat in Sion woon Jes. 10:20-2

mari
Apr 1st 2009, 12:21 PM
Hallo Jonny .. dankie vir die deelneem..

1 ) Ja, daar was drie geskenke: goud, wierook en mirre - maar geen verwysing na hoeveel wyse manne nie.....
Nog 'n twist in die vragie is ook waar presies die Wyse manne Jesus besoek het - gaan kyk bietjie.....

2 ) Nou raak jy te slim vir my, die vraag is eintlik wie was die moeders van hierdie 12 seuns.......

:bounce: ... m

Johnny
Apr 1st 2009, 01:22 PM
Jy is reg. Dit is net soos jy s. Josef en Benjamin was van Ragel.

Johnny
Apr 1st 2009, 01:27 PM
O ja, amper vergeet ek. Die wyse manne het Jesus besoek toe Hy al 'n Kintjie was. m.a.w. nie meer 'n baba, so hulle was dalk nie meer in
Betlehem nie.

Paul Pienaar
Apr 1st 2009, 05:03 PM
3 ) Hoeveel keer het Dawid vir Goliat dood gemaak?

:o

Ta-An
Apr 1st 2009, 06:03 PM
3 ) Hoeveel keer het Dawid vir Goliat dood gemaak?

:oPaul Pienaar :o wat se vraag is dit :hmm: sekerlik kan mens net een keer dood gaan op aarde,,,, 1 Sam 17:50 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=9&CHAP=17&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=50) So het Dawid dan die Filistyn oorweldig met 'n slinger en 'n klip. En hy het die Filistyn verslaan en hom gedood alhoewel daar geen swaard in Dawid se hand was nie.

Ta-An
Apr 1st 2009, 06:12 PM
2 ) Waar of onwaar :
Die 12 stamme van Israel is die nageslag van Jakob se 12 seuns, Josef en Benjamin by sy geliefde Ragel, en die ander almal van Lea...... Onwaar, Josef nie genoem as 'n stam nie, maar wel sy twee seuns....

Paul Pienaar
Apr 2nd 2009, 12:47 AM
Paul Pienaar :o wat se vraag is dit :hmm: sekerlik kan mens net een keer dood gaan op aarde,,,, 1 Sam 17:50 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=9&CHAP=17&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=50) So het Dawid dan die Filistyn oorweldig met 'n slinger en 'n klip. En hy het die Filistyn verslaan en hom gedood alhoewel daar geen swaard in Dawid se hand was nie.

Hallo ACCM,

Twee keer.

Die woord "gedood" in vers 50 hierbo, is presies dieselfde as "van kant gemaak" in vers 51 soos gesien hieronder. (H4191)

1Sa 17:51 Daarop het Dawid gehardloop en by die Filistyn gaan staan en sy swaard geneem, dit uit sy skede getrek en hom van kant gemaak, en hy het daarmee sy hoof afgekap. Toe die Filistyne sien dat hulle held dood was, het hulle gevlug.

Kyk na hoe onder andere hoe die volgende vertaling dit vertaal (een van hele paar in Engels):
1Sa 17:50 And David was stronger than the Philistine with the sling and with the stone. And he struck the Philistine and killed him. And there was no sword in David's hand.
1Sa 17:51 And David ran and stood over the Philistine, and took his sword; and he drew it out of its sheath and killed him. And he cut off his head with it. And the Philistines saw that their warrior was dead, and they fled.

Eers met 'n slinger en klip, en daarna met die swaard.
;);)

mari
Apr 2nd 2009, 06:39 AM
1 ) julle is slim ..... Kerskaartjies het dit bietjie verkeerd.... die skaapwagters en wyse manne was nie teselfdertyd by Jesus nie.... en ook nie in die stal nie.......

2 ) Gen 35 : 22 ........En die seuns van Jakob was twaalf.
23 Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna Smeon en Levi en Juda en Issaskar en Sbulon.
24 Die seuns van Ragel: Josef en Benjamin.
25 En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Nftali.
26 En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.

;) ..... m

Johnny
Apr 2nd 2009, 07:02 AM
Ek weet nie of ek vrae mag vrae nie, maar hoekom het Dawid 5 klippies gehad?

mari
Apr 2nd 2009, 07:07 AM
Nog 'n Dawid en Goliat ene, Paul :

4) Hoekom het Dawid 5 klippies gehad ?

:lol: .....Jonny.... daar post ons gelyk

Johnny
Apr 2nd 2009, 07:39 AM
"Great" minds think alike! Kom ons wag vir 'n antwoord.....

Ta-An
Apr 2nd 2009, 09:08 AM
Marie, 12 seuns is nie 12 stamme nie.... Dan verloor en Josef se 2 seuns kry volwaardig plek Sien Openbaring 7 ;)

Ta-An
Apr 2nd 2009, 09:09 AM
Ek weet nie of ek vrae mag vrae nie, maar hoekom het Dawid 5 klippies gehad?Het Goliat nie Reuse boeties gehad nie??

Johnny
Apr 2nd 2009, 09:45 AM
ACCM,
Jy is warm op die spoor. Goliat het nog 4 broers gehad...ook reuse, en Dawid het ook vir hulle kans gesien.

mari
Apr 5th 2009, 07:33 PM
2 ) An, gans te slim vir my !!! ..... ja, die 12 stamme was nie direk van die 12 seuns nie......

4 ) Yip ! Goliat was een van 5 reuse seuns van Anak, afkomstig uit Gat ..... !!

ok..... nog dinkwerk ...

5 ) in watter Bybelboek word " God " nooit genoem nie..... ?

6 ) Wie van die volgende was ook iewers in hul lewe op die vasteland van Afrika :

a. Noag
b. Abraham
c. Josef
d. Moses
e. JESUS
f. Petrus
g. Paulus

:D ........ m

Willem
Apr 5th 2009, 08:45 PM
5 ) in watter Bybelboek word " God " nooit genoem nie..... ?

:hmm: :B dit was een van die dames van die ou testament.. Rut miskien.. sal nou weer al 24 uur van Chuck Missler moet gaan luister :D

6 ) Wie van die volgende was ook iewers in hul lewe op die vasteland van Afrika :

a. Noag
b. Abraham
c. Josef was mos in egipte ? na hy verkoop was
d. Moses Ditto , in Nyl met mandjie gaan roei
e. JESUS as baba ? met moord op al die babas en die vlug?
f. Petrus
g. Paulus

Ta-An
Apr 6th 2009, 05:48 PM
5 ) in watter Bybelboek word " God " nooit genoem nie..... ?

Esther :pp .

Johnny
Apr 7th 2009, 12:41 PM
By watter gebeurtenis in die Nuwe Testament was die 3 Eenhied gelyk teenwoordig? Net ook om te wys hoe belangrik God hierdie gebeurtenis sien.

Ta-An
Apr 7th 2009, 01:11 PM
By watter gebeurtenis in die Nuwe Testament was die 3 Eenhied gelyk teenwoordig? Net ook om te wys hoe belangrik God hierdie gebeurtenis sien.Kan wees Mattheus 28:19 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=40&CHAP=28&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=19) of Galate 4:6 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=48&CHAP=4&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=6) :)

Johnny
Apr 7th 2009, 01:26 PM
ACCM,

Goeie skrifte wat jy aanhaal, alhoewel ek glo dit was met Jesus se doop. Die Vader, Seun en Heilige Gees was teenwoordig.....so die doop moet vir God baie belangrik wees.

Matteus 3:16 En nadat Jesus (die Seun) gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos n duif (die Heilige Gees) neerdaal en op Hom kom.
Matteus 3:17 En daar kom n stem (God) uit die hemele wat s: Dit is my geliefde Seun in wie Ek n welbehae het.

Ta-An
Apr 7th 2009, 06:02 PM

Jy is reg, my eerste vers aanhaling was darm ook te doen met die "doop" ;)

mari
Apr 9th 2009, 11:57 AM
8 ) wat is die kortste vers in die Bybel ?

:hmm:

Ta-An
Apr 10th 2009, 11:16 AM
8 ) wat is die kortste vers in die Bybel ?

:hmm:Jn 11:35 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=48&BOOK=43&CHAP=11&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=35) Jesus wept. .

Gene
Apr 13th 2009, 07:55 AM
8 ) wat is die kortste vers in die Bybel ?

:hmm:

1 Thes 5:17 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=52&CHAP=5&SEARCH=jesus king lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=17) "Bid sonder ophou." (Ek dink die Nuwe Vertaling se: "Bid gedurig")

Ta-An
Apr 13th 2009, 09:43 AM
1 Thes 5:17 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=52&CHAP=5&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=17) "Bid sonder ophou." (Ek dink die Nuwe Vertaling se: "Bid gedurig")1 Thes 5: (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=52&CHAP=5&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=17)16 Wees altyddeur bly.

Kalahari
Apr 13th 2009, 04:11 PM
Kortste vers is Esegil 48:27 (Nuwe vertaling) nl. Gad

mari
Apr 24th 2009, 09:49 AM
Oh, maar julle is oulik, ( behalwe ene wat die kat aan die sterd beet het ;) ) ...

8 ) is wel " Jesus wept" , Jn 11:35 , in meeste tale en vertalings, hoewel die tydval dit verander in bv ons eige taal .....

>>>>>>>>>>

ok, interessantheidshalwe dan (die een het ek nie die antwoord nie, miskien weet iemand hier )

9 ) die langste vers in die Bybel ?

m

Ta-An
Apr 24th 2009, 06:54 PM
9 ) die langste vers in die Bybel ?

mEster 8:9 Toe is in dieselfde tyd die skrywers van die koning geroep, in die derde maand, dit is die maand Siwan, op die drie en twintigste daarvan; en daar is geskrywe net soos Mrdegai beveel het, aan die Jode en aan die landvoogde en die goewerneurs en die vorste van die provinsies wat van Indi af tot by Kus l, honderd sewe en twintig provinsies, aan elke provinsie volgens sy skrif en aan elke volk in sy taal, en aan die Jode volgens hulle skrif en in hulle taal--

mari
May 9th 2009, 07:07 AM
10 ) waar of onwaar :
Hoewel hy al die jare in geloof op God se beloftes gestaan het, het Moses nooit die beloofte land betree nie ......

:hmm: ... m

Willem
May 10th 2009, 08:15 PM
10 ) waar of onwaar :
Hoewel hy al die jare in geloof op God se beloftes gestaan het, het Moses nooit die beloofte land betree nie ......

:hmm: ... m

Waar ? as ek oom Chuck reg onthou,, het die ouens maar baie tengerig die beloofde land ingegaan en Moses het die beloofde land net gesien, maar omdat hy die rots geslaan het en nie gemaak het soos God gese het nie, mog hy nie ingaan nie.... wat leer dit ons oor gehoorsaamheid :hmm: ?

mari
May 14th 2009, 04:23 AM
Willem...

dis wat ek ook onthou van doerietyd....... maar onlangs ietsie ontdek wat ons baie lees, maar n klein detail miskyk wat die prentjie verander :

Markus 9

2 En n ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle alleen op 'n ho berg in die eensaamheid geneem; en Hy het voor hulle van gedaante verander,

3 en sy klere het blink geword, baie wit soos sneeu, wit soos geen bleiker op aarde dit kan maak nie.

4 En daar het aan hulle verskyn Ela saam met Moses, en hulle was in gesprek met Jesus.

In Christus is selfs Moses se staf betaal en hy het die beloofte land betree saam met die Verlosser ! :pp

marline
May 14th 2009, 06:24 PM
Hallo Jonny .. dankie vir die deelneem..

1 ) Ja, daar was drie geskenke: goud, wierook en mirre - maar geen verwysing na hoeveel wyse manne nie.....
Nog 'n twist in die vragie is ook waar presies die Wyse manne Jesus besoek het - gaan kyk bietjie.....

Wat het geword vn hierdie goud, wierook en mirre? Dit was gewelige duur artikels en tog het Jesus as skrynwerker groot geword?

Die Filadelfieer
May 15th 2009, 06:11 AM
Wat het geword vn hierdie goud, wierook en mirre? Dit was gewelige duur artikels en tog het Jesus as skrynwerker groot geword?

Dit moet in gedagte gehou word dat Josef en Maria baie arm was, hulle moes bv. noodgedwonge 'n duif in plaas van 'n baie duurder lam offer by die tempel met Jesus se geboorte.Wat het dus met die skatte uit die ooste gebeur ? Ek reken dit is gebruik om Josef , Maria en Jesus te hervestig toe hulle Egipte toe moes vlug.
Heel moontlik sou hulle dit nie kon bekostig sonder die geskenke van die wyse manne nie. :pp

Willem
May 16th 2009, 11:30 AM
Willem...

dis wat ek ook onthou van doerietyd....... maar onlangs ietsie ontdek wat ons baie lees, maar n klein detail miskyk wat die prentjie verander :

Markus 9

2 En n ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle alleen op 'n ho berg in die eensaamheid geneem; en Hy het voor hulle van gedaante verander,

3 en sy klere het blink geword, baie wit soos sneeu, wit soos geen bleiker op aarde dit kan maak nie.

4 En daar het aan hulle verskyn Ela saam met Moses, en hulle was in gesprek met Jesus.

In Christus is selfs Moses se staf betaal en hy het die beloofte land betree saam met die Verlosser ! :pp

En dan se mastercard priceless! die wat se hull het die Woord klaar gelees mis alles... dankie, dis great om te weet...

mari
May 25th 2009, 10:15 AM
11 ) Jesus se eerste wonderwerk met sy aardse lewe, was die water in wyn by die huwelik in Kana ...... wat was Sy laaste ( fisiese ) wonderwerk voor Sy Kruisiging ? ....

:) ... m

Willem
May 25th 2009, 07:59 PM
Dankie Mari,

dis lekker pret die... leer ook sommer goed so...

die vyeboom vlgs Mattheus

mari
May 26th 2009, 02:34 PM
( Dis waarom dit gaan, Willem, om te leer ..... )

.... gaan kyk bietjie later, in die tuin ..... by die verloeening ......

.......:hmm:

lukeskywalker
May 26th 2009, 07:31 PM
( Dis waarom dit gaan, Willem, om te leer ..... )

.... gaan kyk bietjie later, in die tuin ..... by die verloeening ......

.......:hmm:

Is dit die soldaat/hoofman se oor wat afgekap is wat Jesus weer gesond maak? Ek het nou nie gaan lees nie, raai net.

mari
May 27th 2009, 07:16 AM
Yip, Lukasluktrapper.........

... wonderlik om op te let dat Jesus selfs in sy laaste ure nie Sy genade ontneem het, selfs aan die wat Hom kom assesteer nie ........

:pp .......... m

Johnny
May 28th 2009, 12:57 PM
Wie het Jesus doodgemaak?

Die Jode...
...of die Romeine?

Ta-An
May 28th 2009, 06:54 PM
Wie het Jesus doodgemaak?

Die Jode...
...of die Romeine?

Die hand van die Romeine, maar die hart van die Jode :)

Johnny
May 29th 2009, 05:45 AM
Die hand van die Romeine, maar die hart van die Jode :)

Gal 1:3 Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus,
Gal 1:4 wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wreld, volgens die wil van onse God en Vader,
Gal 1:5 aan wie die heerlikheid toekom in alle ewigheid! Amen.

Hy het Sy lewe uit Sy eie afgegee vir ons.:pp

Ta-An
May 29th 2009, 10:06 AM
Gal 1:3 Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus,
Gal 1:4 wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wreld, volgens die wil van onse God en Vader,
Gal 1:5 aan wie die heerlikheid toekom in alle ewigheid! Amen.

Hy het Sy lewe uit Sy eie afgegee vir ons.:ppReg so ja..... maar het Hy Homself aan die kruis vasgespyker?? Maar ek hoor wat jy s :D

Johnny
May 29th 2009, 10:17 AM
Reg so ja..... maar het Hy Homself aan die kruis vasgespyker?? Maar ek hoor wat jy s :D

As gevolg van my en jou ongehoorsaamheid :cry: :(en sonde het ek en jy deel daaraan dat Hy "vasgespyker" is aan die kruis. Ek en jy het ook die hamer vasgehou as jy so daarna wil kyk. My skuldbrief (en joune) hang ook bo Sy kop aan die kruis....

Ta-An
May 29th 2009, 03:53 PM
As gevolg van my en jou ongehoorsaamheid :cry: :(en sonde het ek en jy deel daaraan dat Hy "vasgespyker" is aan die kruis. Ek en jy het ook die hamer vasgehou as jy so daarna wil kyk. My skuldbrief (en joune) hang ook bo Sy kop aan die kruis....Absoluut, ek stem 100% saam ... Dit wou my eerste antwoorde gewees het.... maar tussen A en B was C en D eintlik die antwoord :D

Johnny
Jun 3rd 2009, 10:38 AM
Watter kleur was die appel wat Eva gehap het?

Rooi....
of groen?

mari
Jun 3rd 2009, 10:59 AM
Ingelse Jannie....

dit wassie'nappel'ie........ onswetie :spin:

Johnny
Jun 4th 2009, 06:51 AM
Ingelse Jannie....

dit wassie'nappel'ie........ onswetie :spin:

Jy is die skerpste potlood in die pakkie vandag. Inderdaad, die Bybel praat van 'n "vrug". Wys net hoe maklik kan en word ons mislei van kleins af en selfs deur prentjies wat mense teken as hulle dit voorstel....met 'n appel.

Johnny
Jun 4th 2009, 07:48 AM
Die wyn wat Jesus gemaak het...het dit alchohol bevat? Baie drinkers, al is dit net een bier, gebruik hierdie gedeelte om te regverdig dat hulle maar kan drink. Jesus het dan wyn gemaak laat hulle gou gou weet.

MercyChild
Jun 4th 2009, 09:48 AM
Het die wyn gis/yeast bevat? Wynmaak is mos 'n hele proses. Was dit nie maar blote druiwesap nie?

CobusM
Jun 4th 2009, 10:16 AM
In draad vir interessante Bybel vasvra vrae.

Daar is baie klein maar tog insiggewende detail in die Bybel vat verkeerdelik deur ons gewone ouens opnthou / interpreteer word. Die doel met die draad is om daardie interessanthede uit te lig uit die Ou en Nuwe testament verhale en nie debatte oor hierdie detail nie. ;)

Ons kan dit maklikker vir mekaar maak deur vrae te nommer vir verwysing na antwoorde .....

:idea: Kom al die slimmes hier, speel saam en laat ons Woord kennis uitbrei !

Hier gaan ons :

1 ) Waar of onwaar :
Daar was drie wyse manne by die baba Jesus in die stal in Betlehem .....

2 ) Waar of onwaar :
Die 12 stamme van Israel is die nageslag van Jakob se 12 seuns, Josef en Benjamin by sy geliefde Ragel, en die ander almal van Lea......

Daar was ten minste drie, maar waarskynlik meer,
Die twaalf stamme word herhaaldelik genoem in die nuwe testament, en dit blyk dat dit op sekere plekke verskil, maar met deeglike studie is dit duidelik dat die die twaalf Seuns va Israel is!

Gene
Jun 4th 2009, 10:31 AM
Die wyn wat Jesus gemaak het...het dit alchohol bevat? Baie drinkers, al is dit net een bier, gebruik hierdie gedeelte om te regverdig dat hulle maar kan drink. Jesus het dan wyn gemaak laat hulle gou gou weet.

Soos ek verstaan is daar meer as een woord in die Bybel wat in Afrikaans met "wyn" vertaal is - nie almal verwys na 'n alkaholise drank nie. Die wyn wat Jesus gemaak het, het waarskynlik nie alkahol bevat nie. Maar dat Jesus wel wyn ook met alkahol gedrink het, is 'n feit.

Johnny
Jun 4th 2009, 11:50 AM
[quote=Gene;2093448]Soos ek verstaan is daar meer as een woord in die Bybel wat in Afrikaans met "wyn" vertaal is - nie almal verwys na 'n alkaholise drank nie. Die wyn wat Jesus gemaak het, het waarskynlik nie alkahol bevat nie. Maar dat Jesus wel wyn ook met alkahol gedrink het, is 'n feit.[/quot

Luk 5:37 En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke skeur, en dit sal uitloop, en die sakke sal vergaan.
Luk 5:38 Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word, en altwee word saam behou.
Luk 5:39 En niemand wat ou wyn gedrink het, wil dadelik nuwe h nie; want hy s: Die oue is beter.

Jesus het nooit alkoholiese wyn gedrink of alkoholiese wyn gemaak nie. Ek het 'n idee hierdie gaan 'n bespreking word.:pp

Ta-An
Jun 4th 2009, 11:56 AM

Johnny, wat beteken die vergelyking van Nuwe Wyn hier?? Weet jy?? :hmm:
Want Boeta, ek belowe jou dit het niks met Wyn te doen nie :idea:

Johnny
Jun 4th 2009, 12:12 PM
[quote=Johnny;2093473]Johnny, wat beteken die vergelyking van Nuwe Wyn hier?? Weet jy?? :hmm:
Want Boeta, ek belowe jou dit het niks met Wyn te doen nie :idea:

Nuwe wyn beteken nog soos in die "korrel", suiwer druiwesap. Ou wyn beteken daardie selfde Nuwe wyn wat tyd gehad het om te gis, daarom skeur die sakke ook a.g.v. die ou wyn, dit gis en blaas die sakke op totdat dit skeur of oopbars.

mari
Jun 4th 2009, 12:56 PM
Daar was ten minste drie, maar waarskynlik meer,
Die twaalf stamme word herhaaldelik genoem in die nuwe testament, en dit blyk dat dit op sekere plekke verskil, maar met deeglike studie is dit duidelik dat die die twaalf Seuns va Israel is!

Hallo CM .... welkom.....

die tweede vragie behels ook wie die moeders van hierdie seuns was ..... dit was nie net Lea en Ragel ie, maar ook hul slavinne ..... :D

mari
Jun 4th 2009, 12:59 PM
Jesus het nooit alkoholiese wyn gedrink of alkoholiese wyn gemaak nie. Ek het 'n idee hierdie gaan 'n bespreking word.:pp

Watter "wyn" is vir die laaste avondmaal - instelling van die nagmaal - gebruik ?

( en, ja, hoekom begin julle nie sommer 'n wyn draad in nie, behoort interessant te wees ....... )

:bounce:

mari
Jun 4th 2009, 01:21 PM
Nog enetjie wat ek gisteraand ontdek het ....

* Wanneer het Herodus en Pilatus mekaar leer ken en vriende geword ? ... ?

:hmm:

Johnny
Jun 4th 2009, 01:40 PM
Nog enetjie wat ek gisteraand ontdek het ....

* Wanneer het Herodus en Pilatus mekaar leer ken en vriende geword ? ... ?

:hmm:

Toe hulle ou wyn gedrink het...:rofl:

Johnny
Jun 4th 2009, 01:47 PM
Watter "wyn" is vir die laaste avondmaal - instelling van die nagmaal - gebruik ?

( en, ja, hoekom begin julle nie sommer 'n wyn draad in nie, behoort interessant te wees ....... )

:bounce:

Ek het 'n baie goeie nagevorsde Powerpoint Presentaion van my pastoor oor "Wyn in die Bybel". Hoe kan ek dit vir julle aanheg of aanstuur. Hy is 274Kb groot en te groot vir 'n attachment. Dit sal bietjie moeilik wees om dit punt vir punt op die forum te bespreek.

Johnny
Jun 4th 2009, 01:50 PM
Mar 15:23 Toe gee hulle Hom wyn met mirre gemeng om te drink, maar Hy het dit nie geneem nie.
Luk 1:14 En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie sal oor sy geboorte bly wees;
Luk 1:15 want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.

Ta-An
Jun 4th 2009, 04:31 PM
Watter "wyn" is vir die laaste avondmaal - instelling van die nagmaal - gebruik ?

( en, ja, hoekom begin julle nie sommer 'n wyn draad in nie, behoort interessant te wees ....... )

:bounce:Sorri Mari :blush: :D

mari
Jun 5th 2009, 08:03 AM
Sorri Mari :blush: :D

watsege "sorrie" ... dis 'n baie interessante onderwerp....

:pp.....m

Henry
Jun 5th 2009, 10:08 AM
Op die onderwerp van wyn, die volgende vragie, Waar lees mens van 'n babelaas in die Bybel? Ek moet byvoeg, jy sal sien dis akkuraat en baie snaaks as jy al 'n babbie ervaar het. :D

Willem
Jun 6th 2009, 08:10 PM
Mar 15:23 Toe gee hulle Hom wyn met mirre gemeng om te drink, maar Hy het dit nie geneem nie.
Luk 1:14 En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie sal oor sy geboorte bly wees;
Luk 1:15 want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.

Sien dis nou een van DAAI goed uit Woord wat vir my regte "gem" is... as die Here self nie wyn of sterk drank gedrink het nie... miskien moet ek ook nie ? Mens assume altyd dat wyn wyn is, maar nou het ek goed hier geleer oor nuwe wyn en ou wyn en nou Luk 1:15 , maar wat nou van nagmaal ? dis instruksie met waarskuwing daarby ... los die maar vir nou

Johnny
Jun 7th 2009, 01:48 PM

Ek het 'n gedeelte hiervan op 'n ander draad geplaas.

Die wyn wat by die Nagmaal ingestel was, was druiwesap (Nuwewyn). Die rede daarvoor is dat dit die Pasga was of die Fees van die Ongesuurde Brode. Hier het die Jode ongesuurde brood geeet. Daar mag GEEN suurdeeg in gewees het nie, want suurdeeg stel onreinheid/sonde voor. Selfs die aand voor die Pasga het die Joodse vrouens selfs met veertjies elke stukkie suurdeeg van die vloer opgevee en dit buite verbrand. Die selfde het gegeld vir die "wyn" wat hulle gedrink het. Bederfte wyn (Ou druiwesap wat gegis het) het ook onreinheid/sonde voorgestel en dus was dit 'n nie-alkoholiese wyn.

Toe Paulus siek was het een van die ander dissipels hom gesmeek om net 'n bietjie wyn te drink. Hy het geweier omdat hy nie drank wou drink nie. Dit was Ou wyn. Die alkohol in die wyn maak die kieme dood, maar selfs toe wou hy dit nie drink nie. Die basis van alle hoes/maag medisyne vandag bevat nog teeds alkohol.

Louis F Brits
Jun 10th 2009, 04:56 AM
Is God partydig?

Johnny
Jun 10th 2009, 05:10 AM
Is God partydig?

Act 10:34 En Petrus het sy mond geopen en ges: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie,
Act 10:35 maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.

mari
Jun 27th 2009, 10:05 AM
* Wanneer het Herodus en Pilatus mekaar leer ken en vriende geword ?

Toe hulle ou wyn gedrink het...:rofl:

:rofl::rofl: ......

Luk 23:12 voor Jesus se "verhoor" was hulle vyande, maar daarna drinkebroers ..........

:mad::o

Hannelie Pretorius
Jul 15th 2009, 10:03 AM
Mar 15:23 Toe gee hulle Hom wyn met mirre gemeng om te drink, maar Hy het dit nie geneem nie.
Luk 1:14 En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie sal oor sy geboorte bly wees;
Luk 1:15 want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.

Hi Johnny

Dankie vir hierdie skrif. Ons het eenmaal 'n gesprek hieroor gevoer en niemand kon skrif gee nie

Johnny
Jul 15th 2009, 12:56 PM
Hi Johnny

Dankie vir hierdie skrif. Ons het eenmaal 'n gesprek hieroor gevoer en niemand kon skrif gee nie

Terloops, ek het jou DVD gepos. Enjoy!

mari
Jul 15th 2009, 02:16 PM
As iemand dalk wonder oor die verskil tussen Johannes en Jesus se bedienings :

Matt 11 :

18 Want Johannes het gekom en nie geet of gedrink nie, en hulle s: Hy het 'n duiwel.

19 Die Seun van die mens het gekom--Hy eet en drink, en hulle s: Dr is 'n mens wat 'n vraat en 'n wynsuiper is, 'n vriend van tollenaars en sondaars. Maar die wysheid is geregverdig deur sy kinders.

:hmm: ...........

Hannelie Pretorius
Jul 17th 2009, 10:37 AM
Terloops, ek het jou DVD gepos. Enjoy!

Dankie ek waardeer en sien uit daarna

Groete

Hannelie Pretorius
Jul 23rd 2009, 07:39 AM
Terloops, ek het jou DVD gepos. Enjoy!

Hallo Johnny

Dankie ek het die DVD ontvang. Wens net ek was nie nou so besig nie en dat ek spoedig daarna kan kyk

Groete

Johnny
Jul 23rd 2009, 10:45 AM
Hallo Johnny

Dankie ek het die DVD ontvang. Wens net ek was nie nou so besig nie en dat ek spoedig daarna kan kyk

Groete

Ek is bly hy is by jou. Laat toe dat die Heilige Gees jou hart sal ontvanklik maak vir dit wat jy sal sien. Sterkte!