PDA

View Full Version : Hoekom is dit vir vrouens makliker?



Lanie
Apr 2nd 2009, 07:12 AM
Ek het die laaste paar jaar iets opgemerk.... Julle moet vir my sÍ of hierdie observasie nie korrek is nie, maar met soveel mense wat ek te doen kry is die vrou baie gelowig, bid, spandeer tyd in die Woord en het 'n sigbare verhouding met ons Hemelse Vader. En by soveel vrouens kom ek agter dat hulle mans nie op dieselfde geestelike vlak is nie, dat hulle bid dat hulle mans moet terugdraai na God. Ek het ookal by soveel mans gehoor dat as dit nie vir hulle vrouens se gebede was nie, hulle nooit tot bekering sou gekom het nie. Nou sit dit my aan die dink. Hoekom is dit vir vrouens makliker om die Here te dien en hulle lewens aan die Here oor te gee as vir mans? Of veralgemeen ek nou verskriklik?

marline
Apr 2nd 2009, 06:36 PM
Jy's reg Lanie, Gaan kyk in die kerke hoe sit die vrouens alleen daar. Ek weet selfs van 'n vrou wie se man voor die kerk vir haar wag tot na die diens. Ons Bybel klasse het geweldig uitgebrei, daar word al 4 klasse 'n week aangebied, en daar is maar een of twee mans wat dit met hulle vrouens deel.

Lanie
Apr 3rd 2009, 06:05 AM
Maar hoekom is dit so, Marline? Het dit dalk iets te doen met die manlike ego?

marline
Apr 4th 2009, 06:34 AM
Jong Lanie, dis nou 'n moeilike een. Ek weet nou nie of mens dit hulle ego's kan noem nie, of net eenvoudig onverskilligheid nie. Kyk nou maar na ons 3 susters, ons het Bybelstudie saam, Ons gaan saam na byeenkomste en vrouekampe ens ens. Dan kyk jy na ons mans, my man vang liewer vis, die ander se man speel liewer Tennis, en die 3de een se man dwaal soos 'n verlore siel rond tot sy terug is by die huis.

Die vrou wat ons Bybelklas aanbied se man is baie by die kerk betrokke, sing te pragtig in die kerk en so aan, maar heeltemal teen die klas gekant. Hy ondersteun haar glad nie daarin nie.

En so kan ons seker aangaan en aangaan. Maar die GROOT rede reken ek maar is onverskilligheid.

Geniet jou naweek.

marline
Apr 11th 2009, 06:45 PM
Ons het vandag 'n byeenkoms vir ons studie groep gehad, familie welkom. Wat 'n wonderlike belewenis, dat van die manne ook daar was!!! Die vroulikke getalle was oorheersend, maar dit was werklik wonderlik dat daar wel 'n paar manne teenwoordig was. Prys die Heer!!!!

Ta-An
Apr 12th 2009, 02:49 PM
Ek wens dat al die manne 'n bietjie van Oom Angus se ruggraat kan inkry, :pray:

protea
Apr 15th 2009, 03:24 PM
Glo my , oom Angus vertel vir die manne kaalkop die waarheid! Breek met sonde, kies Jesus as Verlosser, vergewe,wees getrou aan jou lewensmaat ens is en ek glo sal weer deel van sy temas wees by die MMC hierdie jaar.
Maar om n antwoord op julle vraag te probeer soek: Is dit nie vir vroue makliker om die Here te dien omdat ons ge'programmeer' is om onderdanig aan die man binne die huwelik te wees nie. Die '2e in bevel-skap' is ons trots en ek glo n ware Christenvrou sal nie die begeerte he om oor haar man te heers nie. Daardie 'submit' is definitief meer deel van vrouwees as van manwees.

Lanie
Apr 16th 2009, 06:49 AM
Ek dink jy het dalk 'n punt daar beet, Protea. Maar tog... Wie het ons almal "geprogrammeer"? Dis vir my moeilik om te verstaan dat die manier hoe God sy seuns geprogrameer het 'n struikelblok kan word wat keer dat hulle Hom met oorgawe sal dien. In my oŽ is daar in elk geval nie 'n manliker man as die een wat die Here lief het met sy hele hart nie. :)

Ta-An
Apr 16th 2009, 11:35 AM
Lanie, ons is nie robotte dat ons geprogrameer word nie, ons het almal 'n gelykwaardige vrye keuse..... Dir woord wat by my opkom is PRIDE, die onwilligheid om onderdanig te wees aan gesag, want as hulle sou, onderdanig wees, dan sien hulle dit as 'soft' en vou onder vroue.... so hulle moet maar net in balans kom :)

Lanie
Apr 16th 2009, 01:40 PM
Jong An, party mense laat my nogal aan robotte dink. Veral die wat agter elke twee dwaling aanploeter en nie vir hulleself kan dink nie.....:lol: Maar wat ek en Protea bedoel met programmeer is dat God tog mans en vrouens verskillend gemaak het, nie net ons liggame nie maar ook ons denkwyses, ons gewoontetjies en so meer.....;)